20 November 2011

Hierdie week se liturgie: 20_nov_2011

Waar was jy Sondag 20 November 2005? Waar sal jy wees op Sondag 20 November 2022? Beide se antwoord is seer sekerlik “GÉÉN idee!” – dit was die vorige keer wat dié datum op ʼn Sondag was en eers weer sal wees.

Een ding kan jy verseker weet: dit sal nooit weer 20 November 2011 wees nie 😉

Miskien het die datum vir jou betekenis want dis jou verjaarsdag of ʼn ander herdenking. ʼn Datum met mooi herinneringe of dalk ʼn datum wat jy eerder sal wil vergeet. Die vraag is: wat gaan jy op hierdie dag en datum doen wat betekenis het? Is daar een enkele ding wat jy nuut kan doen wat sal maak dat jy hierdie dag volgende jaar onthou?

Jy sou kon sê, dis net nóg ʼn dag en die feit dat die 20/11/2011 is, beteken niks nie. Wat natuurlik hartseer is want dit is nie die sinchronisiteit van die datum en jaar wat belangrik is nie maar of jy en ek die bedoeling en geleentheid van ‘elke dag’ snap en dit sin kan gee? Dit is nie ‘net nog ʼn dag’ nie! Dit is, soos vandag, ʼn dag wat swanger is aan potensiaal om alles ‘anders’ en ‘nuut’ te doen. Kom verken Sondag saam met ons die vrae:

·         Hoe onthou ek wie ek is?
·         Hoe ontsluit ek my potensiaal?
·         Wat keer dat dit gebeur?
·         Hoe leef ek my drome uit? (kyk heel onder aan dié vonkpos na die ‘gedagte van die week’)

20.11.2011 — is not a date, it’s a state of mind
•             “All that is not eternal is eternally out of date.” — C S Lewis
Betyds is altyd outyds – tydelik is altyd te vroeg te laat.
•             “It's easy to come up with new ideas; the hard part is letting go of what will soon be out-of-date.” — Roger Von  Oech
Geen datum op ʼn kalender is so belangrik soos vandag nie.

Doen vandag iets wat jy nog nooit vantevore gedoen het nie.
Maak dit ʼn dag (datum) om te onthou!
Besoek ons FACEBOOK bladsy: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Stuur gerus hierdie vonkpos aan vriende en bring iemand Sondag saam om te kom deel in ons Gespreksirkel.
Sondag 10h00 in die kapel van die Kolping Sentrum.
Aanwysings: http://kolpingguesthouse.co.za/index.php/directions-from-bellville.html

Gedagte vir die Week:
“There are people who put their dreams in a little box and say, “Yes, I've got dreams, of course I've got dreams.”
Then they put the box away and bring it out once in a while to look in it, and yep, they're still there.” - Erma Bombeck

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights