Hierdie week se liturgie: 27_nov_2011
Dit is haas onmoontlik om te glo daar is net VYF Sondae oor van dié jaar! Uitasem wonder ʼn mens waar die ander heen is want dit voel soos gister toe ons met ʼn diep asemteug die jaar bestorm het en was dit nie vir Sondae se asemskep nie, het ons seker verdrink. Wel, vir die meeste van ons is Sondae ʼn kopdraai om asem te skep vir die hale wat voorlê die res van die week. Sondae het die rus-slag geword voor ons nog ʼn week ... nog ʼn maand inswem!
Wat natuurlik die vraag adem: waar skep jy asem na elke week se dolle vaart en wat maak dat jy asem kan inhou as jy kop onderwater van kant tot wal spartel?
... of neem jy Asem vanselfsprekend?
Ons tema vir November gaan oor “NUUT” en daar is verskeie aspekte van siel- en menswees verken en hoe om ‘nuut’ en ‘anders’ te dink oor ons verhouding met onsself, ons ewemens en God.
Daar is gekyk na –
· ʼn Nuwe hart wat anders klop – elke dag is ʼn wedergeboorte, elke dag is ʼn wederkoms
· ʼn Nuwe seisoen van verandering – doen vandag gister anders, doen gister vandag nuut
· ʼn Nuwe dag het ʼn ander datum – geleenthede wat potensiaal en moontlikhede dagteken
Dr Rudi Labuschagne kom Sondag by ons kuier en gesels oor die tema:
Kyk, die ou dinge het verbygegaan, dit het alles nuut geword!
• Wat is die ‘ou dinge’ waarna hier verwys word?
• Wat moet alles ‘NUUT’ word?
Besoek FACEBOOK bladsy: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gee gerus vir ons terugvoer en voorstelle oor waar ons kan verbeter en verander 😉
10h00 Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum: Aanwysings: http://kolpingguesthouse.co.za/index.php/directions-from-bellville.html
Gedagte vir die Week:
“The first step towards getting somewhere is to decide that you are not going to stay where you are.”
“The possibilities are numerous once we decide to act and not react.”— George Bernard Shaw