Jesus — Rabbi en Geneser II

10 Maart 2021

“Grace means
there is nothing we can do

to make God love us more …
and grace means
there is nothing we can do
to make God love us less.”
― Philip Yancey 

Ons gesprek hierdie maand gaan oor die Joodse man met die naam JESUS. Die meeste van ons het grootgeword in ʼn Christen-huis waar ons van kindsbeen af geleer is dat hierdie Jesus is “die Seun van God” en die tweede persoon in die Goddelike Drie-Eenheid.

Hy is die “weg, waarheid, en lewe” en niemand gaan hemel toe behalwe deur hom nie (Johannes 14:6). Christene is daarom die (nuwe) ‘uitverkore volk’ … slegs Christene, só word geglo, verdien die guns en seëninge van God en al die ander gelowe is verdoem tot ʼn ewige vagevuur van veroordeling en verwerping.

Waar kom ons aan hierdie dogma? Dit staan in die Bybel, die onfeilbare woord van God, is vir ons geleer. Om dit te bevraagteken word gesien as ongeloof en enige ander interpretasie word beskou as ʼn dwaalleer.

Daar is egter nog ʼn verdere kategorie: alhoewel daar meer as 30 000 verskillende Christen-denominasies in die wêreld is, is ons geleer dat die Protestante, en in my geval die Nederduits Gereformeerde Kerk, is die regte en beter manier. Ons het gehoor dat die Katolieke aanbid Maria en die Ortodokse kerk aanbid ikone. Verseker is nie een van die twee ‘aanvaarbaar’ vir God nie, word deur baie Christene geglo.

Wat sê ons dan vir hulle wat anders glo en uitgedryf is teen die grensdrade van georganiseerde godsdiens? Is iemand 'minder' Christen wat ʼn volgeling van Jesus is, maar nie die kerk se toelatingseksamen slaag nie?

  • “The moment God is figured out with nice, neat lines and definitions, we are no longer dealing with God.” ― Rob Bell

Reeds as student het ek geweet: God het geen vorm, geen definisie, en geen dimensie nie. Om vir God vorm, definisie, en dimensie te gee, is om van God ʼn karikatuur te maak van my eie persepsies en projeksies. Ek wil moedig my eie voetspore trap en nie goedsmoeds net napraat en naloop nie. Vir dosente en medestudente was dit ʼn rebelse streep wat tot vele konflik sou lei.

Moedswillig sou ek dan ook skoorsoek met die seker- en beterweters, soos om te wou weet of Jesus teen die spoed van lig opgevaar het na die hemel, want as hy het, is hy 2000 jaar later nog in ons sterrestelsel en steeds op pad.

As daar gevra is of ek die Bybel betwyfel, het ek geantwoord: “Hoe kan ek met ʼn vers soos Psalm 137:9 ...?” en as jy die vers sou opsoek, sal jy lees: "Geseënd is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!”

MAAR — die voortvarende jeugdheid sou moes plek maak vir ʼn diepere besef van wie hierdie Rabbi is.

Die eerste woorde in die Nuwe Testament oor Jesus begin met ʼn geslagsregister. In die Bybelse tyd was vroue gesien as incubators and not procreators. Vroue is nooit genoem in ʼn geslagsregister nie omdat hul geen aandeel het aan ʼn stamboom nie. Tog noem Mattheus VYF vroue in sy geslagsregister. Daar is Tamar die skoondogter van Juda, Ragab van Jerigo, Rut van Naomi, Batseba van Dawid, en Maria die moeder van Jesus.

  • From the incest of Tamar, the prostitution of Ragab, the seduction of Ruth, and infidelity of Bathsheba the bloodline of Jesus flows. Does the author want to say something else about the ‘virgin birth’ and Mary, daughter of Joachim and Anne …?

Matteus stel ons voor aan ʼn man met die naam Josef. Ons lees die eerste keer van hierdie man sowat 50 jaar ná die dood van Jesus. Wie is hierdie ‘Josef’, die eggenoot van Maria, waarvan hy praat? Matteus sê hy is die seun van Jakob; God praat met hom in drome; hy word na Egipte gestuur; en hy sou tot redding van die Joodse volk kom.

Die Josef van die Ou Testament is die seun van Jakob; God praat met hom deur drome; God stuur hom na Egipte; en hy word die redder van die Joodse volk. Verseker is die ooreenkomste nie toevallig nie, of wil die skrywer van Matteus iets anders vir ons sê oor Rabbi Yeshua van Nasaret?

  • Kyk na die misterieuse werk van God, sê Matteus — hierdie buitengewone kind wat gebore is uit ʼn buitengewone bloedlyn, met ʼn buitengewone boodskap.
  • In ʼn tyd wat die Jode gesmag het na ʼn Messias om hul te red van Romeinse onderdrukking, sou Jesus ons red van onsself — ons bygeloof en selfgeregtigheid.
  • Hy wat ons spirituele oë en ore open, en ʼn nuwe taal gee om te praat oor God, en wat sy Koninkryk in ons gedagtes en harte vestig om liefde te kies bo vrees.

JESUS, die “wonderskone boodskapper van die onmoontlike liefde” soos Lina Spies hom noem, is en was nog altyd my reisgenoot en bron van inspirasie. Vir my persoonlik is Jesus die kompas na my Ware Noord, die Landkaart vir my verdwaal, die Brood wat my honger versadig en die Water wat my dors les.

In hom lê daar ʼn self-ontdek. Met hom vind ek sin en betekenis. Deur hom word ek geroep om ten volle mens te wees.

Die opdrag is eenvoudig en jy het geen graad in teologie of titel voor jou naam nodig nie —

  • Feed the hungry, clothe the naked, forgive the guilty, welcome the unwanted, care for the ill, love your enemies, and do unto others as you would have done unto you.

Die skrywers van die Nuwe Testament poog om ʼn interpretasie te gee aan hierdie ervaring en verhouding met Jesus van Nasaret. Daar is by my geen twyfel nie dat as jy vir Paulus sou sê dat 2000 jaar later gaan sy briewe gelees word as die ‘onfeilbare woord van God’ sou hy sy hand teen sy voorkop slaan en vra: “Wat bedoel jy? Skryf jou eie brief. My woorde is nie die alfa en omega van jou geloof nie. Luister na die Stem van God en volg die opdrag van ons Here Jesus.”

Dit is waaroor ons eerskomende Sondag gaan gesels: kom ons verstaan die milieu en konteks van Jesus se lewe as Teacher and Healer.

Mag die vrede en liefde van ons Here Jesus met julle almal wees.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“The name of Jesus is the name of one who was a man but saw the face of Christ in his brothers and sisters and remembered God.
So, he became identified with Christ, a man no longer, but at one with God.”

― A Course in Miracles 

 

'n Paar belangrike skakels om te besoek:

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights