6 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 6_mei_2012

En skielik is dit Mei.
Ek lê gisteraand en soek iets in ʼn ou dagboek en kom af op dié aanhaling wat ek êrens afgeskryf het uit die Zohar (van die Kabbalah):
“Follow the Light back to before before and after.
Back to nothing and nowhere, and find me there as I was.
As I am. As I always will be. I am WE.” (Kabbalah: Growing into your Soul)

Hoe lank gaan ons nog probeer om God (en die Goddelike) te probeer definieer van wat en hoe ons dink God moet wees voor ons anders gaan reageer en begin optree op dit wat God beteken? Soek ons verduidelikings en verklarings; (kort)paaie en definisies óór God of soek ons na God self en met ‘God’ (soos al dikwels gesê) word bedoel ons ervaring en belewenis met dit wat ons beskryf as ‘GOD’ ...? Is ons ernstig in ons verhouding met die siel; is wat ons bestee aan tyd en energie; toewyding en dissipline die heel beste wat ons kan gee om die geestelike dors en honger wat roep vanuit die leë spens van ons emosies en hartstog, te voed? As ons verlang om intellektueel, emosioneel, seksueel, finansieel en spiritueel in balans te wees – waarom staan laasgenoemde altyd laasgenoemde?

Of stel ons uit vir later? Later as dit geleë is; later as ons ʼn behoefte of nood het; later as ons besef ek kan myself nie meer help nie. Vreemd hoe ons ‘designer labels’ dra maar steeds kaal is. Ons luister in Dolby Stereo maar bly doof vir die roep; ons kyk na alles deur 3D glase maar sien nie wat reg voor ons staan nie; ons het ‘remote controls’ en GPS; roltrappe en hysbakke; skepe so groot soos stede en vliegtuie wat jou halfpad om die planeet vat in ʼn nag — so, waar het ons verleer om ons Self lief te hê? Ons het BBM, WhatsApp, Facebook, Twitter en Skype — so, waarom sukkel ons om “ek is lief vir jou” te sê sonder ʼn verwagting of verpligting dat iemand daarop móét reageer?

Met ‘liefhê’ word nie bedoel ʼn liefde ‘ten koste van’ nie maar ʼn liefde ‘ten spyte van’ ...! Nie ʼn liefde wat werk met “dis die één of die ander” en nog minder met “dis alles of niks nie!” Net gewoon LIEFHÊ sonder toeters-en-belle (fieterjasies). ʼn LIEFDE wat sonder voorwaardes of agendas omgee. Omgee om jouself menswaardig te behandel met deernis en respek; omgee om vriendelikheid en welwillendheid te openbaar aan jou ewemens; omgee om plek en tyd te maak om te onthou dat die ewige Liefde en Lewe jou in ʼn duisend stemme op ʼn duisend plekke herinner hoeveel liefde vloei na, in en deur jou. God’ beteken LIEFHÊ sonder ʼn “maar ...” of ʼn “indien ...” of trippelpunt.

As vandag jou laaste dag is --
Wat sal liefde anders doen?
Wie sal jy liewer wil vergewe?
Waarheen vat jy jou aller liefste? 
Watter trappe sal jy klim vir liefhê?
Waarmee gaan jy jou Liefde tegemoet?
 

10h00Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum —  Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Ons nooi jou om Sondag saam met ons die FEES VAN LIEFHÊ te kom vier en opnuut jouself belowe om onvoorwaardelik lief te hê.

Ons volgende ACIM (A Course in Miracles) byeenkoms is 3 Mei om 19h00 by die Kolping Sentrum. Jy is steeds welkom om in te skakel. 

Gedagte vir die Week:
Shabbat is for inspiration, not perspiration. For composing poems in your head. For dancing on the feet of our souls. (Kabbalah)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights