29 Julie 2012

Hierdie week se liturgie: 29_julie_2012

Goeiemore, so in beseringstyd van Julie –

Hulle sê: dit is een van die koudste winters in die Kaap in dekades. Ek weet nie van ander winters nie, al wat ek weet is dat ek kry koud en dis nie die koud was soseer pla nie maar dis die aanhoudend koud wat vra vir bietjie hitte want my huis het ʼn gogga in ʼn kas wat regtig nie van verwarmers en warmkomberse hou nie en hoe kouer dit raak, hoe meer gereeld brom die grys boks se drie rooi ogies om hom te voer met malie ;-))

Weet nie hoeveel van julle dit ook ervaar nie – maar die laaste paar maande is gelaai met soveel seer en onsekerheid. Daar is mense wat regtig siek is; ander wat deur die onvoorstelbare pyn van dood en afskeid gaan; verhoudinge en huwelike wat repe van mekaar skeur en vir ander die seisoen van alleen oorwinter waar daar geen kombers, serp of trui is vir eensaamheid nie.
Al hierdie bogenoemde emosies het een ding in gemeen: daar lê die emosie (onderstroom) van ‘separation’ – of dit siekte, dood, tweestryd in huwelike of eensaamheid is – ons voel die spanning wat ons “onderlywe wegskeur en ons klein eilande verdrink in die nag” (Antjie Krog) Ons weet almal dat waar die idee van ‘separation’ eers sy tentakels ingewurm het, floreer die enigste twee vyande van die mens naamlik: skuldgevoelens (wat nie skuldig beteken nie!) en vrees (bang gister is môre dieselfde).
Aan die eenkant hoor ons hulle sê: “almal gaan deur ʼn moeilike tyd; ander het dit veel erger; wees dankbaar vir wat jy het; look at the bright side; ek bid vir jou.” Sentimentele clichés sonder betekenis.
MAAR aan die anderkant roep die ganse Skepping (ja, selfs die Higgs-boson) uit: “Praat met MY! EK sal jou op ʼn duisend plekke in ʼn duisend stemme wys HOE! Jy hoef niks te doen om MY gelukkig te maak nie, net soos jy niks kan doen om MY ongelukkig te maak nie, al wat vir MY belangrik is, is dat jy gelukkig is! Jou antwoord of reaksie kan MY nie wegdryf nie, EK is nooit weg nie! Jy hoef nie volmaak of perfek te wees nie, kom na MY toe net soos jy is want as jy jouself deur MY oë sien, sal jy die hele tyd glimlag! Al is jy bang vir jou eina, EK is nie bang nie en sal jou altyd dra en herinner aan jou potensiaal! Laat los waaraan jy so krampagtig vasklou en vertrou MY!” maar ons hoor nie hierdie sagte gerusstellende stem nie want die stemme in ons kop skree harder. Ons verstaan dit nie want ons vertrou eerder wat ‘hulle sê ...’ as die Woorde wat van alle eeue tot alle ewigheid deur die Heelal refrein: jy het die vryheid om te kan kies hoe jy gaan reageer; jy het die ongebondenheid om te kan besluit wat se blomme gaan jy in jou winter-beddings plant om hierdie lente te pronk van blydskap vir ʼn nuwe seisoen.
Kom ons sluit Sondag ons gesprek af oor die “Koninkryk van God is binne-in julle” met die tema:

Alfabet het 7 letters:
• Die Koninkryk in ons vreugde en vervoering
• Die Koninkryk in ons vervreemding en verdriet
• Die Koninkryk in ons verhoudinge en verwesenliking

Om te dink die alfabet het net 26 letters en dat elke betekenis gebruik net 26 letters om dit oor te dra. ‘Geloof, hoop en liefde’ gebruik 10. Wat maak ons met die res?
Bring jou alfabet en kom maak saam met ons tuin vir elke seisoen van die jaar!

Ons begin môre (Donderdag 26 Julie 19h00) weer met ACIM (A Course in Miracles) by die Kolping Sentrum. Kontak my as jy belangstel om saam te kom reis deur hierdie amazing boek.

Gedagte vir die Week:
“I came that you may have life, and have it abundantly” – John 10:10

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights