2 September 2012

Hierdie week se liturgie: 2_september_2012

So twee Sondae gelede, aan die einde van die gesprek, maak ek die opmerking “Ek glo nie meer nie ...” – skielik ontdooi almal en met verbasing (byna verbystering) word gevra: Wat glo jy nie meer nie? Bedoel jy soos in God? Jy is dan die leermeester, hoe kan jy sê jy glo niks meer nie? As JÝ nie meer glo nie wat van ons arme siele? Dadelik was dit sommer warmer in ons kring met die gegons oor dié stelling en kon ons rustig gesels oor die verskil tussen ‘weet’ en ‘glo’ – wat, soos ek gesê het, vergelyk kan word met: my ma weet ek is haar kind terwyl my pa glo ek is sy kind. En toe lag ons almal. In vandag se tyd gaan dit nie meer daaroor om (blindelings) net te ‘GLO’ nie. Ons wil weet! Ons wil verstaan wat ons weet en wat ons nie verstaan nie, sal ons gewoonlik ontken. Die sitate en verhale van ou boeke word nie meer letterlik geglo nie terwyl die inhoud en betekenis daarvan krities bekyk word deur die bril van die 21ste eeu. Dit moet verstaanbaar, sigbaar wees!

Daarom, as dit koud is, sit ons van nou af ʼn gasverwarmer in die kapel en maak dit warm. Aanvoelbaar, sigbaar! Ons vier die nuwe seisoen wat in September begin met brood en wyn as ʼn herinnering dat ons één is met mekaar en één is met God en dat niks en niemand ons van daardie eenheid kan skei nie. Dit is tasbaar, sigbaar!

Maar wat maak ons met dit wat die sintuie nie kan sien, proe, hoor, ruik of voel nie? Beteken dit, dit bestaan of is nie realiteit of werklikheid nie? Iets soos geloof, hoop en liefde is tog nie net ʼn intensie of abstrakte wensdenkery in ons koppe nie al sou ons die misterie daarvan nie met woorde of sinne kan uitlê en verduidelik nie. Tog staan ons in verwondering oor die krag van geloof, hoop en liefde al vergeet ons dat al drie hierdie begrippe is werkwoorde. Ons gaan September gesels oor DIE SIEL VAN DIE MENS – wat sê ons as ons praat van ‘siel’ – wat en waar is dit, en hoe kom ons tuis daarin?

DIE SIEL IS DIE KOMBUIS VAN JOU LEWENSHUIS.
i. Geloof is om te WEET (knowing)
ii. sodat ons hoop sal ERVAAR (vision)
iii. en liefde sal WORD (experience)

Besoek gerus ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651

Jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder TEMA ARGIEF hier op die website.

Kom vier Sondag saam met ons die Dagmaal met brood en wyn as ʼn rite van herinnering en dankbaarheid.

Gedagte vir die Week:
Liefde vir God — noem ons GELOOF ~ !!
Geloof in jouself — noem ons HOOP ~ !!
Geloof in ander — noem ons LIEFDE ~ !!

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights