9 September 2012

Hierdie week se liturgie: 9_september_2012

Eerstens baie dankie vir laas Sondag, dit het ieder en elk na liggaam en siel gevoed. Soos Sheila Cussons in een van haar gedigte dit beskryf, “wanneer brood en speeksel meng, maak U verbasend sin”

Ons gesels hierdie maand oor “DIE SIEL VAN DIE MENS” – Die Engelse woord ‘soul’ kom van die Ou Engelse woord ‘sawol’ en het etimologiese bande met die Germaanse stamwoord ‘se(u)la’ wat beteken: VAN DIE SEE ... of selfs: LEWENDE WATER. Daarom het ons laas Sondag die begrip ‘siel’ met water vergelyk. As ons water verstaan as H2O dan is elkeen van hierdie molekules, in elke druppel, deel van die geheel. Dis in die reën, in riviere en fonteine, in die ys en wolke, poele en damme waarvan die oseaan die bron is. Dis ons oorsprong en ons bestemming. Waaruit ons gebore word en waarheen ons teruggaan ... wat die Oseaan is vir water, is die Goddelike vir alles wat lewe.

As ons DÍT verstaan, maak Johannes 7:37-38 sin: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei” en dieselfde skrywer in Openbaring 21:6 sê: “Ek sal jou wat dors het, gee om te drink uit die fontein van die water van die lewe – verniet!”

You don't have a Soul. You ARE a Soul. You have a Body. In my beskeie opinie het Augustinus dit nie mooi begryp toe hy gesê het die liggaam is ʼn tronk wat die siel gevange hou nie. Daar is nie mooier of beter of vryer siele nie – die siel IS. Dis ons asem en lewe; ons essensie en aptyt (in ʼn geestelike sin bedoel); dis ons vrugbaarheid en naelstring met dit waarin ons geweef is. Ons verken Sondag verder die begrip ‘SIEL’ en blaai terug in die geskiedenis om die betekenis nog verder te ontgin:

SEISOENE VAN DIE SIEL.
         i.     Antieke beskawings: Ankh (Egipties) – the breath of life you will need in afterlife.
         ii.   Joodse beskouing: Nêfêsh – asem, lewe, vrugbaarheid en refleksie (beeld) van God
         iii.  Christelike beskrywing: Psigos – deel van die mens wat verlore of gered kan word
         iv.  Spirituele Psigoterapie: Eenheid – kollektiewe en kommunale consciousness

In die SEISOENE VAN DIE SIEL – vloei ons lewensrivier in sy/haar kronkel-kronkel dans terug na die Oseaan om daarin opgeneem te word en te verdamp in die ewigdurende siklus van lewe. Ja, daar is stroomversnellings, watervalle, opdrifsels, storms en donderweer maar niks en niemand kan die water van die ‘Fontein van Lewe’ keer nie.
Dit is ons krag, ons versekering en ons waarborg.

Ons volgende ACIM (A Course in Miracles) byeenkoms 6 September by die Kolping Sentrum om 7pmKontak my as jy belangstel om saam te kom reis deur hierdie amazing boek. 

Gedagte vir die Week:
... ek het gesoek na my siel maar kon dit nie vind nie; ek gaan toe soek na God maar kon dit nie kry nie; toe gaan soek ek na liefde en ontdek al drie!

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights