Hierdie week se liturgie: 21_oktober_2012
Ek is die laaste week aangegryp deur die verhaal van ʼn 14 jarige meisie in Pakistan wat geskiet is en uiters kritiek om haar lewe veg in ʼn hospitaal omdat sy vir iets staan, naamlik — “I have the right of education, I have the right to play. I have the right to sing. I have the right to talk. I have the right to go to market. I have the right to speak up.” (Malala Yousufzai) Dié jong meisie staan vir die regte van miljoene vroue wat vra dat hul stem gehoor word. Die jong Malala, so oud soos my eie seun, se dapper stem het vinniger en hoër as Felix Baumgartner om die planeet getrek. Haar stem is egter nie net ʼn roep van vroue nie maar vir elkeen wat nie gehoor word nie; vir elkeen wie se droom gestil word; vir almal wat sê dat elke verhouding verdien om met respek en menswaardigheid behandel te word!
Ons is almal kinders met eindelose potensiaal. ʼn Kind wat aanhoudend hoor dat hy verkeerd is, leer om te veroordeel. ʼn Kind wat grootword in 'n atmosfeer van spanning, leer om teen die hele wêreld te baklei. ʼn Kind wat in vrees grootword, onttrek hom/haar van als en almal. ʼn Kind wat afgekraak word, kry ʼn minderwaardigheidskompleks. ʼn Kind wat met aanmoediging grootgemaak word, leer selfvertroue. ʼn Kind wat met waardering en aanmoediging grootword, leer dankbaarheid. ʼn Kind wat met aanvaarding grootword, leer hoe om lief te hê. ʼn Kind wat met erkenning grootword, leer doelwitte. ʼn Kind wat regverdig en met konsekwentheid grootgemaak word, leer om nie te (ver)oordeel nie. ʼn Kind wat met eerlikheid grootgemaak word, leer wat die waarheid is. ʼn Kind wat met vriendelikheid grootgemaak word, leer dat die wêreld is ʼn vriendelike en wonderlike plek om in te woon.
As kinders word ons elkeen opgeroep om weer en wéér na ons verhoudings te kyk, nie net met hulle wat ons lewensreis deel nie maar in besonder met God. By verskeie geleenthede het Jesus gesê dat as ons nie soos kinders word nie sal ons nie die Koninkryk van God sien nie want Jesus het geweet dat in die ontvanklikheid en onskuld van ʼn kind lê die vermoë om te droom van ʼn beter weergawe van myself; om te weet wat beteken liefhê ... en vergiffenis is die sleutel tot gesonde verhoudinge. Ons verwys na onsself as ‘kinders van God’ en dis nie ʼn biologiese band nie maar ʼn spirituele naelstring. In ons gesprek hierdie maand oor die ‘verhoudinge waarin ons staan’ gaan ons Sondag die verhouding met onsself as kind-van-God en kind-van mekaar verken. Kom deel die waarheid van Malala dat ons elkeen ʼn stem het wat verdien om gehoor te word – want God doen!
ONKUNDE (UNKNOWN) LEI TOT VREES. VERSTAAN (KNOWING) LEI TOT LIEFHÊ
i. Nuwe intensie: ʼn refleksie van ons verhouding met God
ii. Nuwe denke: ʼn weerkaatsing van ons eenheid met mekaar
iii. Nuwe ervaring: ʼn spieël van ons verhouding met onsself
Kom deel Sondag 10h00 by die Kolping Sentrum praktiese en toepasbare riglyne vir ons (as) kinders om in ʼn gesonde gebalanseerde verhouding met mekaar saam te leef.
Maak ʼn ‘commitment’ om Sondag daar te wees!
ACIM: Donderdag 18 Oktober. Jy is steeds meer as welkom om in te skakel want ons lees en bespreek spesifieke gedeeltes uit die boek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
There are only 3 things that can make your dreams come true: your intentions, your thoughts, and your actions. (TUT Universe)