9 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 9_desember_2012

Die briljante skrywer Chesterton skyf in sy boek ‘Orthodoxy’ — One may understand the cosmos, but never the ego; the self is more distant than any star ... ons hoor deesdae baie die woorde ‘spiritualiteit en transformasie’ maar wat beteken dit? As ‘spiritualiteit’ besmoontlik verduidelik kan word as ‘authenticity en transformasie as ‘volwasse selfkennis’ dan het beide te doen met die vraag: wie is ek? Wie is ons sonder maskers, omhangsels, sluiers en labels? Ons leef te veel in die opinies van ander mense, en wil wees wat ander mense is of van ons verwag om te wees, maar wie is ek in my essensie – waar/wanneer is ek getrou aan myself? 

Ons het al ʼn paar keer dié jaar hieroor gepraat: waarvoor staan jy (geloof); waarin lê jou vertroue (hoop); en wat sê jou liefhê van jouself? Ons gesels hierdie laaste maand van die jaar oor die vraag: WIE IS JESUS? In die Johannes Evangelie is daar sewe “Ek is ...” uitsprake waarna ons eerskomende Sondag gaan kyk:
1.      Ek is die brood van die lewe ... (Johannes 6:35)
2.      Ek is die lig van die wêreld ... (Johannes 8:12)
3.      Ek is die ingang ... (Johannes 10:9)
4.      Ek is die goeie herder ... (Johannes 10:11)
5.      Ek is die opstanding en die lewe ... (Johannes 11:25)
6.      Ek is die weg, die waarheid, en die lewe ... (Johannes 14:6)
7.      Ek is die ware wingerdstok ... (Johannes 15:1)

Die Ortodokse kerk noem dit ‘theosis’ en die Katolieke ‘deification’ – wat beteken: to glorify as of supreme worth —of— om (die) goddelike te word in en deur jou lewe! Hoeveel keer lees ons in die Bybel dat God sê “omdat ek jou eer” en “jou na waarde ag” en “wees heilig want ek is heilig” maar ons voel dat God van iemand anders praat – van hulle wat super saints en heilige hoofseuns en meisies is 🙂
Sal dit ʼn verskil maak in jou lewe as jy besef dat God na jou kyk as ʼn skoenlapper en nie as ʼn ruspe nie? Sal daar enige iets verander as jy in die voorbeeld van Jesus ontdek dat  die brood, die lig, die ingang, die goeie herder, die opstanding en lewe, die weg en waarheid, die wingerdstok IS (en moet wees) vir jou gesin, jou familie, jou vriende, jou sosiale milieu en vir ʼn vreemdeling?

“Wie, sê die mense, is die seun van die mens?” (Matt 16:13)
         i.     Wat ander sê van Jesus
         ii.   Wat jý sê van Jesus
         iii.  Wat Jesus sê oor homself

In die refleksie van Jesus ontdek ons ons (mede)menslikheid dat ons almal seuns en dogters van God is en sodoende elke ander seun en dogter van God met liefde, aanvaarding, respek, menswaardigheid en seëninge behandel.
Die deur is Sondag oop!

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting. 

Gedagte vir die Week:
“Love a man, even in his sin, for that love is a likeness of the divine love, and is the summit of love on earth” — Fyodor Dostoyevsky

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights