23 Desember 2012

Hierdie week se liturgie: 23_desember_2012

Daar is seker nie ʼn mens wat nie diep geraak is deur die gebeure van laas Vrydag in Connecticut (VSA) nie veral vir ons wat nog kinders op skool het. Die een vraag wat almal vra, is: “HOEKOM?” Roerend en bewoë lees Pres Barack Obama die name van elke kind uit, maar voeg dan by: “God has called you home.” Wat se tipe God ‘roep’ kinders deur die koeëls van ʼn semi-outomatiese geweer huis toe? Die redes en verskonings wat mense gee om die geweer-geweld te regverdig is nog meer verstommend want om te sê dat gewere maak nie mense dood nie, want mense maak mense dood, is so goed as om te sê: kos maak nie vet nie maar eetlepels doen!

Hoe dit ook al sy, vir baie gesinne in daardie klein dorpie is dit ʼn Kersfees van onvoorstelbare hartseer en verdriet. Saam met hulle vra gelowiges oor die hele planeet: “Waarom kon God dit nie keer nie en waar was Jesus om ons kinders te beskerm?” Beide hierdie vrae sê iets van ons Godsbeeld, beide hierdie vrae vervaag ons geloof tot twyfel of God iets wil maar nie kan nie óf kan maar nie wil nie. In ons reis hierdie maand oor die vraag: “Wie, sê julle, is Ek?” (Matt 16:15) gaan ons eerskomende Sondag gesels oor: Wie is die God wat ons ontmoet in Jesus?

Die skrywer van Psalm 27: 1 sê: “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?” Daar was by my nog altyd ʼn diep onsekerheid of die God in wie ons sê ons glo; wat ons hoop (vertroue) is; en wat ons ken en ervaar deur liefde, enigsins oor God gaan en of dit nie eintlik gaan oor onsself wat soek na sekuriteit en ʼn “coping meganisme wat ons in staat stel om met die spanning, vrees en onsekerheid van menswees te cope nie? Die Jesus wat ons ontmoet in die verhale van die Nuwe Testament is die Rabbi wat mense begeester en bemoedig en bemagtig om volledig mens te wees veral waar ons getraumatiseer voel deur ons sterflikheid. Jesus gee ons verhouding met God ʼn nuwe betekenis want vir hom het dit nie oor ʼn definisie van God gegaan nie maar om God, God te laat wees in elke verhouding wat die mens het. Hy het nooit gesê “ek is God nie” – hy het gesê “ek en my Vader is een” en in daardie eenheid deel elkeen van ons (Joh 17). Ons is nie ondergeskiktes nie maar deel in elke opsig sy volmaakte liefde (Joh 15:15).

Hy het dit geleer, geleef, gedoen met compassion, vriendelikheid, en nederigheid daarom kon hy sê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Matt 11:28) Hy het nooit belowe om ons lewe te fix nie, hy sê: “I have overcome the world” (Joh 16:33) wat beteken dat hy ons keer op keer herinner aan ʼn krag IN ons wat nie van ons is nie om weer en weer op te staan as die slaggate van die lewe ons voete onder ons laat swik. Hy belowe nie dat ons nooit seer gaan hê, teleurgestel gaan word, hartseer gaan wees of deur vrees oorweldig gaan word nie maar hy belowe wel dat niks en niemand ons ooit van God kan skei nie (Rom 8:35, 39).

Jesus: die visie van God!
          i.     Jesus: verander kulturele begrensing
          ii.   Jesus: verander stereotipes en vooroordele
          iii.  Jesus: verander godsdienstige beklemming

Jesus se liefde ontkiem ʼn liefde in ons wat verby ons persepsies en projeksies strek. Dit is ʼn liefde wat ons oproep om die lig vir die wêreld te wees (Joh 12:36).
As ons sê: ek kan nie, sê ek eintlik: ek wil nie, wat sê: ek sal nie. Wat sê die Jesus-ervaring oor God en jou soeke na wat dit beteken om één te wees met God?
Bring familie en vriende en kom deel in ons sirkel Sondag

NB! Ons het ʼn diens op Kersdag: Dinsdag 25 Desember 10h00!

Gedagte vir die Week:
“God is a life force expanding inside humanity until humanity becomes barrier-free” (John Shelby Spong)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights