Hierdie week se liturgie: 10_februarie_2013
Vir reeds jare lank beskou ek myself as ʼn mystic. Wat beteken dit; wat is ‘mistisisme’? Fr Richard Rohr gee ʼn mooi beskrywing: Mysticism is when God’s presence becomes experiential and undoubted for a person. A mystic doesn’t say “I believe.” They say “I know. Vir my, soos seker vir die meeste mense, gaan dit oor die ervaring met en in God. Die jare wat ek die voorreg gehad het om binne ʼn formele kerkstruktuur te staan, was dit altyd met moeite om Sondae ʼn geloofsbelydenis te begin met “Ons glo ...” want die belydenis sê enersyds niks van ʼn ervaring en belewenis met God nie en andersyds het ek altyd gevoel dat die oomblik as ek sê “Ons glo ...” dan is dit eksklusief – dit sluit uit wie nie glo soos ‘ons’ nie.
Baie mense gaan kerk toe om te hoor wat en hoe hulle moet glo. Absoluut niks verkeerd daarmee nie. Ons hét ʼn plek nodig wat vir ons ʼn rigtingwyser is en die veilige ruimte skep om te onthou wie ons is. Ongelukkig (of is dit ironies?) maak min van ons tyd daarvoor. Dit is byna of ons neerkyk daarop. “Tyd met die siel” sê ons “is te abstrak, te gekompliseerd” en daarom negeer ons dit. Minwetende dat hierdie ervaring is alles behalwe abstrak en gekompliseerd – dit is juis ʼn herinnering wat simplisiteit beteken. Hierdie deug het ons verloor in die wêreld van mikrogolfoonde; 3D flat screen surround sound TVs; pentium rekenaars; afstandbeheer; roltrappe; hysbakke; iPhone ... iPod ... iPad ... iMe, iMyself, iMine. Ons tieners is screenagers met die motto: “jy het 30 sekondes om my aandag te hou, as dit nie gebeur nie gaan ek na iets anders (beters).” As iets te moeilik is dan druk ons die ESC knoppie. Good enough for children, good enough for us as adults! Ons wil dit gemaklik hê en doen soos dit ons pas, waar dit ons pas, wanneer dit ons pas ... en ons wil alles NÓÚ hê! Die wêreld van tegnologie is veronderstel om alles eenvoudiger en makliker te maak maar ons het dit so damn gekompliseerd en moeilik gemaak dat ek my Self daarin verloor.
SIMPLISITEIT het in my beskeie opinie alles te doen met integriteit, opregtheid, nederigheid, lojaliteit en verantwoordelikheid. Vyf beginsels waarna die wêreld honger en dors. Vyf deugde wat nie vra of jy dit glo nie maar vra of jy dit ken en ervaar in woord en daad want al vyf is ook ʼn refleksie van ons intensies. Die Bybel praat van “eenvoudig soos duiwe” (Matt 10:16) en “ontvanklik soos kinders” (Matt 18:3). Die vroeë Kerkvaders het baie klem gelê op the simple heart versus the double heart. Ook ander gelowe sluit hierby aan as hulle leer dat simplisiteit lei daartoe om die waarheid te ken; kinderlike onskuld te hê; ʼn natuurlike aanvoeling te ontwikkel en selfs om compassion (barmhartigheid) te bewys.
Hoekom het ons God so ingewikkeld gemaak? Waarom hakkel en strompel ons om ʼn gesonde gebalanseerde verhouding met mekaar te hê? Al die vrae; al die onsekerheid; al die soeke na definisies en verduidelikings; al die behoeftes en begeertes waarmee ons onsself besig hou, intussen is dit só eenvoudig! Meister Eckhart, een van die groot mystics, skryf: God is infinite in his simplicity and simple by reason of his infinity.
SIMPLISITEIT staan tog juis teenoor kompleksiteit want as ek die woord kompleksiteit hoor dan hoor ek DUPLICITY!
DOUBLE-MINDEDNESS VERSUS SIMPLE-MINDEDNESS:
... Simplify ... simplify!!
Besittings besit ons; oppervlakkige populariteit; besigheidskaartjies en Facebook vriende is nie verhoudings nie
... Back to basics ... back to principles!!
Integriteit; opregtheid; nederigheid; lojaliteit en verantwoordelikheid
Leonardo da Vinci het gesê: “Simplicity is the ultimate sophistication.” Dit moet ʼn uiters primitiewe beskawing wees wat dink dat kompleksiteit beteken highly advanced. Natuurlik wil ek nie met ʼn donkiekar ry of ooit weer ʼn tiekieboks soek nie, maar ek verlang na toe dinge eenvoudiger was. Ek verlang na ʼn outentieke spiritualiteit en die simplisiteit van liefde wat effortless vloei. Dis verseker nie moeilik nie — ons het dit ingewikkeld gemaak. Dis nog minder onmoontlik — ons het dit net só moeilik gemaak.
Kom ons verken Sondag praktiese, toepaslike, eenvoudige maniere om ons lewe meer simplisties te maak!
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
ARGIEF. Daar is ook ʼn kaart hoe om by ons uit te kom: Kolping Sentrum, Biccard Straat, Durbanville.
Gedagte vir die Week:
“If you can't explain it to a six year old, you don't understand it yourself.” ― Albert Einstein