Hierdie week se liturgie: 2_junie_2013
Na aanleiding van laas Sondag se gesprek oor gebed het ek gedink: kom ons bespreek die ‘Onse Vader Gebed’ eerskomende Sondag. Seker die bekendste gebed wat daar is. Ons ken dit en daar is seker nog enkeles van ons wat dit van tyd tot tyd, woord vir woord hardop bid.
Gebed is nie ʼn versoekskrif nie; ook nie ʼn lys van moets en moenies nie; gebed is nie ʼn God-on-demand nie. Hierdie eenvoudige gebed van Jesus vra nie “Hoe was jou dag?” nie, dit vra “Was jou hart oop?” Dis raak elke aspek van ons ervaring met God, onsself en ons ewemens. Dit is ʼn gebed wat die siel (hemel) aan die hart (aarde) laat raak sodat die krag van die ganse skepping deur jou kan vloei. Geen wonder dat die Griekse woord wat Jakobus gebruik vir gebed, is energeo (energie). Want GEBED fokus intensies. GEBED fokus gedagtes. GEBED fokus ons wil en dit maak dat ons anders kyk na alles wat met ons gebeur. GEBED gee insig (waarheid). GEBED gee uitsig (wysheid). GEBED gee perspektief (konteks).
Direk vertaal kan die “Onse Vader” gebed in vier dele gedeel word:
Die eerste gedeelte gaan oor God met wie ons ʼn Heilige Eenheid deel.
Vader van ons, wat in die hemel is — dis nie die Vader nie maar ons Vader wat ʼn baie persoonlike belydenis is. Die hemel is nie êrens nie maar
die bewussyn van om in God te wees en God in ons.
Heilig is die naam van U — die naam ‘ek is wat ek is’ [Jahwe] staan vir die helende, allesinsluitende krag wat in ons is maar nie van ons nie.
Heilige, Helende, Allesinsluitende Naam van God.
Laat U koninkryk kom — koninkryk is ʼn teenwoordigheid (presence), dis ʼn diep bewus wees van hierdie teenwoordigheid van God wat deur
ons vloei en oorloop na die wêreld om ons.
Die tweede gedeelte gaan oor God se manifestasie en refleksie wat ons herken, erken, ken.
Laat dit gebeur (wees) soos dit U wil (splendour and delight) is -- die wetmatigheid van die kosmos draai om die beginsel van oorsaak-en
-gevoel maar God (Liefde), is oorsaak-en-gevolg gelyktydig in die nou.
Soos in die hemel en op aarde — nie net in die Goddelike Bewussyn (Divine Consciousness) nie maar ook in ons menslike bewussyn (human
consciousness, awareness, presence)
Gee vir ons daaglikse brood vir vandag — die een wat dit bid, het ook gesê “Ek is die brood van die Lewe, wie van my eet sal nooit weer honger
word nie” wat ons voed in hart, liggaam en denke.
En vergewe ons ons skuld — skuld is al daardie goed van gister waaraan ons so verknog vashou en dit vra: help ons om dit te laat gaan!
Vergewe ons vooroordele en vergeetagtigheid.
Soos ons ook vergewe hulle wat ons skuld -- vergiffenis maak heel; vergiffenis verwyder die mure en heinings wat ons bou en skryf die
spreekwoordelike skuld af
Die derde gedeelte gaan oor toewyding, harmonie en verantwoordelikheid neem vir ons lewe.
En bring ons nie in versoeking nie — in Jakobus het ons gelees dat God niemand versoek nie, dis ons begeertes en verwagtinge wat ons mislei,
daarom vra ons: lei ons wanneer ons in versoeking kom!
Maar maak ons vry van dit waaraan ons swaar dra -- waaraan dra ons so swaar? Vrees, skuldgevoel, straf, verwydering, miskenning,
vernedering, mislukking – en vervang dit met liefde.
Die vierde gedeelte gaan oor aanbidding en dankbaarheid.
Want U is die koninkryk en die krag -- dit spreek van ʼn verhouding met God wat sê: I know Thee intimately, en daardie knowing is die krag
om anders te kies, anders te dink, anders te reageer
En die heerlikheid tot in ewigheid -- die ‘wil’ van God is nóú op hierdie oomblik waar jy dit lees en ons antwoord dankbaar: Let the splendour,
desire, delight of God be my splendour, desire and delight!
God is nie ʼn abstrakte onbekende God nie, maar ʼn aanvoelbare teenwoordigheid. Die inhoud van hierdie gebed vra dat ons die liefde van God sal toelaat om in en deur ons te vloei sodat hierdie gebed vir elkeen van ons ʼn geloofsbelydenis (credo) word.
Daarop sê ons AMEN – wat beteken: dis is waar en verseker!
Wat seksualiteit is vir twee bemindes, is gebed vir die gelowige — dis die dans van die sintuie op die ritme van passie met die hartstog van omgee sonder voorwaardes sodat die ekstase van ʼn bevrugting ons kan bring na ʼn wedergeboorte!
Kom word vir ʼn uur stil en deel in hierdie aangrypende wat steeds relevante is. Ons word gevoed na siel met ʼn Dagmaal en vier die nuwe seisoen en dan sit ons aan vir ete om ook die liggaam en gedagtes te voed.
### ACIM leeswerk -- Text Book: Chapter 14: TEACHING FOR TRUTH, Section XI: The test of truth p296 Hardebandboek.
Ek kom eersdaags terug met datums vir ons WERKSWINKEL OOR ONS KINDERS — hoe om leiding te gee om ʼn sinvolle verhouding met God te hê.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Prayer is not asking. It is a longing of the soul. It is daily admission of one's vulnerability. It is better in prayer to have a heart without words than words without a heart.” (Mahatma Gandhi)