18 Augustus 2013

Hierdie week se liturgie: 18_augustus_2013

Daar word gesê dat as alle insekte vandag uitsterf sal alle lewe soos ons dit ken op hierdie planeet binne 50 jaar nie meer bestaan nie maar, as die mens vandag wegsterf sal alle ander lewe binne die volgende 50 jaar floreer!
In ʼn maand waar ons stilstaan by die Goue Reël – doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê — gesels ons oor ons vooroordele (prejudice), kantkiesery, partydigheid, en hoe ons dit kan skuif vanuit ʼn wêreld van agterdog, persepsie, oordeel, na ʼn wêreld van versoening, verantwoordelikheid, medemenslikheid sodat ons vir onsself kan vra (én antwoord): wat sou verander as liefde die antwoord is?
Ons het reeds oor taboe onderwerpe gesels naamlik: homoseksualiteit en godsdienstigheid ... so kom ons tackle Sondag ʼn ewe-taai tameletjie met name — politiek!
Waarom sou ons ʼn uur op ʼn Sondag ons stilte prysgee vir ʼn gesprek oor so (oënskynlike) sinlose onderwerp? Wat is daar (goed) te sê oor die (vuil) onderwerp? In hierdie twee vrae skuil ʼn magdom vooroordele ... asof ʼn mens moet saamstem oor ʼn sekere politieke party voor ʼn mens onthou dit gaan oor jou en my stem (woord) in die maatskappy waarin ons leef want dít is jou en my aandeel om die struktuur, waarvan politiek maar een klein komponent daarvan is, te onderhou. Dit gaan nie oor partypolitiek nie. Dit gaan nog minder oor wie is reg en wie is verkeerd. Dit gaan oor ʼn pligsbesef dat elkeen van ons deel is van die politiek in ons land en dat dit hoegenaamd (Vader behoed) nie gaan oor vir wie jy stem (pen) nie.
Ek kan aan niemand in my dampkring dink wat tevrede is met die toedrag van sake wat die ‘regering’ aanbetref nie maar dít is nie waaroor eerskomende Sondag se gesprek gaan nie. Dit gaan oor ons vooroordele en persepsies dat ALLES is ʼn mislukking en ALMAL is korrup want dit sê nie veel van die regering nie maar wel alles van onsself en ons eie vrees vir mislukking en die beskaamde skuldgevoel dat ook ons nie doen wat ons sê nie.
NEE — ons gaan nie Sondag partypolitiek praat nie! Ons gaan praat oor wat sê ons reaksie oor ʼn regering van ons spiritualiteit. Ons gaan nie praat oor “ALMAL” en “ALTYD” nie maar jou en my aandeel om ʼn verskil te maak in die milieu (tyd, plek, en omstandighede) waarin ons leef. Aan die eenkant is ek bitter ontnugter oor wat die regering net vanselfsprekend aanvaar maar aan die anderkant is ek skaam vir hoe ons (veral Afrikaners) hierop reageer want dit spreek van ewe spirituele bankrotskap. Ons morele armoede kan nie langer blameer word op iets of iemand anders nie sonder om nie die hand in ons eie boesem te steek en te vra: wie gaan die eerste klip optel om te gooi?
In die evangelie van Markus staan ʼn verhaal opgeteken waar die politieke party in Jesus se tyd naamlik die Fariseërs probeer om vir hom ʼn strik te stel deur te vra of hulle belasting moet betaal of nie, wetend dat as hy sê – ja, betaal belasting aan die Romeine, dan kla hulle hom aan van volksverraad en sê hy, moenie betaal nie, dan kla hulle hom aan as wetsongehoorsaam. Maar sy antwoord laat hulle stom van verbasing — “Gee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort” (Markus 12:17) en met dit voel ek die deursoekende oë van Jesus wat na my kyk en vra: dra jy die teken van die keiser (regering) of dra jy die teken van God? Wat is jou waarde(s) my allerliefste ewemens?
Jesus het nooit geleer om ontrou te wees teenoor die wet van die owerheid nie maar waar daar ongeregtigheid is, het hy geleer dat medemenslikheid hoër geag moet word as aardse wette. Daar is een ding wat Nelson Mandela, Gandhi, en Martin Luther King ingemeen het naamlik dat hul profoundly beïnvloed is deur ʼn boek wat geskryf is deur Leo Tolstoy – “The Kingdom of God is within you” Toe ek dit hoor het ek besluit dis ʼn boek wat ek móét lees. Opgewonde het ek dit bestel (dis voor Amazon) en die drie of vier weke wat dit gevat het om ʼn strokie van die poskantoor in my posbus te los, was ondraaglik lank. Dit het my vier maande gevat om die boek deur te lees en nog vier jaar om ʼn woord daarvan te verstaan. Vandag weet ek dat dié boek het my hele uitkyk op my rol en funksie binne ʼn politieke sisteem verander het! “In the midst of winter, I find within me the invisible summer...” sê Tolstoy op ʼn plek maar dit is dié paragraaf wat pleit vir ʼn dringende introspeksie: “No feats of heroism are needed to achieve the greatest and most important changes in the existence of humanity; neither the armament of millions of soldiers, nor the construction of new roads and machines, nor the arrangement of exhibitions, nor the organization of workmen’s unions, nor revolutions, nor barricades, nor explosions, nor the perfection of aerial navigation; but a change in public opinion. Almal is seker geregtig op ʼn opinie maar ons is nie geregtig op ons eie stel feite nie.
Miskien het dit tyd geword om die waarheid van onsself VIR onsself te sê sodat ons die waarheid van onsself vir ʼn ander kan sê sodat ons die waarheid van ʼn ander (miskien vir die eerste maal) sal hoor. ʼn Gesofistikeerde, relevante politieke stem, vra nie vir ons opinie nie, dit vra vir ʼn gesonde, gekultiveerde spiritualiteit wat die beginsel van ʼn groter Liefde sal reflekteer in ʼn wêreld wat meer skepties is oor liefde as oor vrees; wat makliker blameer as om te heel. Daarin het ek en jy nie net ʼn verantwoordelikheid nie maar ook ʼn plig om dit anders te doen.
“There is one thing, and only one thing, in which it is granted to you to be free in life, all else being beyond your power: that is to recognize and profess the truth.” ― skryf Leo Tolstoy in ‘The Kingdom of God Is Within You’ Kom ons vat die pad Sondag na ons wysheidsirkel om vir ʼn uur te onthou wat is ons waarde en bydra en hoe ons ʼn verskil kan maak in ʼn “land wat vra vir water maar hy kry bloed, dié land wat die vuur in hom dra.” (Breyten Breytenbach)

ACIM leeswerk -- Marianne Williamson se boek “The Gift of Change” – Chapter Two: From forgetting who we are to remembering who we are.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.” (Efesiërs 4:2-3)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights