“Most people don't grow up. Most people age. They find parking spaces, honour their credit cards, get married, have children, and call that maturity. What that is, is aging.”
— Maya Angelo
Kersfees — waar die ‘KERS’ ons herinner aan die Lig van die wêreld wat in en deur ons skyn (Matt 5:14), en ‘FEES’ is die herdenking dat ons ons tafels dek met liefde, vreugde, vrede, en geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing (Gal 5:22).
Kersfees — die seisoen van welwillendheid en toegeneentheid, vrygewigheid en dankbaarheid. Die feit dat ons ʼn strik om dié jaar kan bind, is reeds ʼn geskenk ... en dat ons hierdie vreemde, abnormale jaar kan afsluit met gesondheid, ʼn dak oor ons kop, iets om te eet, en in kontak met ons geliefdes is ʼn groot genoeg present.
Ons gesels hierdie maand oor Ken Wilber se vier fases van Spirituele Groei — Clean Up, Grow Up, Wake Up, and Show Up.
Laas Sondag het ons afgeskop met CLEAN UP — ons opinies, agterdog, selfgeregtigheid, en bygeloof ... by name ons begrip en persepsies oor GOD. Daar is soveel wat ons moet ontleer oor wat ons vir eeue lank geleer is oor God en Liefde sodat ons by ʼn gesonde Godsbeeld kan uitkom. Ons het ons wette en kodes, ons idee oor reg en verkeerd tussen mens en God geskuif. Hierdie Godsverduistering het gelei tot ʼn serebrale godsdienstigheid, that will not “include and transcend” soos Wilber dit noem.
Eerskomende Sondag gaan ons gesels oor GROW UP — dit is wanneer ons besef die lewe gaan nie oor wie wen en wie verloor, wie is reg en wie is verkeerd nie ... die stupid silly reëls wat ons maak vir hulle van wie ons nie hou nie en dit dan ‘moraliteit’ noem.
GROW UP — het te doen met waar en hoe plant ons ons wortels (ons noem dit ‘identiteit’); dit vra hoe wyd en hoe hoog strek ons takke (ons noem dit ‘waardes en deugde’); dit dra vrug, dit dra by, dit het ʼn gewaarwording van konneksie (belonging) en interafhanklikheid (communion).
GROW UP — is waar ons bedank as die Besturende Direkteur van die heelal. Waar ons ophou om mekaar of situasies te wil beheer en manipuleer, en verantwoordelikheid vat vir ons aksies én reaksies. Die wêreld is nie in ʼn kompetisie met mekaar nie, en as dit kom by die Heilige Misterie dan stop ons ons projeksies van wat en wie ék dink is aanvaarbaar vir God en laat los ek die behoefte om te sê, “ÉK is die weg en die waarheid en die lewe ...” en gee dit vrymoedig terug aan God.
Hierdie ‘groot word’-proses begin by die begin ... wat ons vergeet het omdat ons sinies pessimisties, vermoeid en belas, bang en onseker geword het.
Psalm 131 het net drie verse wat sê, “Adonai, my heart is not arrogant, I do not set my sights too high. I have taken no part in great affairs, in wonders beyond my scope. No, I hold myself in silence and stillness, like a little child in its mother's arms, like a little child, so I keep myself.”
Petrus verwys na kinders in sy brief as hy sê, “... soos pasgebore babas smag na regdenkende suiwer melk sodat hulle behoorlik kan opgroei ten opsigte van hul verlossing, want waarlik julle het geproe wat goed is vir die Here.” (1 Petrus 2:2 letterlik vertaal)
Sekerlik is dit waarvan Jesus praat in Matteus 18:3 as hy sê, “As julle nie verander en soos kinders word nie sal julle nie in die Koninkryk gaan nie.”
Waarom kinders? Ek dink Dawid, Petrus, en Jesus praat van kinders se ontvanklikheid ... hulle leef in die NOU en bekommer hulle nie oor môre nie; hulle vra as hulle iets wil hê of wil weet; hulle vergewe sonder voorwaardes of verpligtinge; en hulle liefde is onvoorwaardelik.
Wat ons bring by die verhaal van Jesus en die ‘Nagdissipel’ — Nikodemus het aan die party van Fariseërs behoort en was lid van die Joodse Raad. Jesus sê vir hom, “As iemand nie opnuut (van bo) gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Die arme fundamentalis verstaan nie ... hy is ʼn ou man wat wonder hoe hy weer in die skoot van sy moeder sal pas. Ek kan net hoor hoe Jesus hom antwoord, “Oh please grow up! Jy is só godsdienstig, Nikodemus, en steeds verlore!”
Waaroor gaan dit? Kersfees herdenk die geboorte van Jesus sodat ons ons ‘wedergeboorte’ in Christus kan vier. Kersfees bring ʼn sagtheid oor ons verlede, moed vir die hede, en hoop vir die toekoms. Kersfees kyk terug na ʼn jaar van spanning en onsekerheid, vrees en moedeloosheid en vra: what will change if I do this with love?
Ja, Kersfees gaan oor liefde — in elke manifestasie, demonstrasie, en dimensie van LIEFDE. Kersfees gaan oor lief wees.
Mag hierdie Kersfees ʼn GROW UP wees van ons liefde as ons afsluit met die bekende woorde van John O’Donohue —
“When love awakens in your life, in the night of your heart, it is like the dawn breaking within you. Where before there was anonymity, now there is intimacy; where before there was fear, now there is courage; where before in your life there was awkwardness, now there is a rhythm of grace and gracefulness; where before you used to be jagged, now you are elegant and in rhythm with your self. When love awakens in your life, it is like a rebirth, a new beginning.”
Met liefde Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Nét liefde
Liefde genoeg
“Children are happy
because they don't have a file
in their minds called
“All the Things That Could Go Wrong.”
― Marianne Williamson ―
Sondae-eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Ons doen nie meer besprekings nie
en dit is first-come-first-served ... ALMAL is welkom.
Ons vra wel dat jy steeds met 'n masker sal kom,
steeds afstand hou, en steeds hande was.