The Fountain of Life III

18 November 2020

“No despair of ours can alter the reality
of things, nor stain the joy of the cosmic
dance, which is always there.”
—Thomas Merton

Die laaste paar dae was ek opnuut oorweldig met verwondering oor tegnologie terwyl ek sit en kyk hoe Dragon (SpaceX se ruimtekapsule) anker met die ISS (International Space Station) en die verstommende vooruitgang wat ons gemaak het sedert die dae van Aldrin, Collins, en Armstrong. Dan was daar die aardbewing wat twee aande gelede vir etlike sekondes my laat wonder het of die ‘grote’ op pad is?

Beide hierdie gebeure het my enersyds laat wonder oor ons plek in die groot heelal, en andersyds laat dink oor ons broosheid as dit kom by die krag van Moeder Natuur. Sonder twyfel weet ek dat die ruimtevaarders in die ISS afkyk na ons planeet en wonder hoe dit gebeur het dat ons religieë kon lei tot soveel verdeeldheid, soveel hartseer en veroordeling ... en waarom dit ʼn aardbewing of tsunami vat voor die mens sy vooroordele, agterdog, en selfgeregtigheid laat los?

Ons tema vir die maand is: DIE FONTEIN VAN LEWE — en die mantra waarin ons dit weef, kom uit Psalm 36:8:

“From the river of your delight You give them to drink;
for with You is the fountain of life; in Your light we see light.”

WATER ... water is die allesinsluitende van alles wat lewe. Die een wat sê, “Ek is die water van die LEWE” is die Christus van die ganse kosmos. Daarom sê hy, die een wat van hierdie water drink, sal strome lewende water (die volle Christus-ervaring) uit hom sien borrel.

Miskien is dit vir jou ontstellend om te hoor, maar ‘Christus’ is nie Jesus se van nie. Ons het die twee inmekaar gevleg asof dit outomaties saam hoort. Natuurlik lê die een in die ander geënt, maar die twee se inhoud en betekenis is nie dieselfde nie.

Ons fokus op Jesus het tot die gevolg gehad dat ons die universele betekenis, die inklusiewe boodskap van Christus mis. Ons konsentrasie op die Jesus van die Nuwe Testament het tot gevolg gehad dat ons van die ‘Goeie Nuus’ ʼn eksklusiewe godsdiens gemaak het. Dis wat gebeur as mens Jesus wil interpreteer sonder om te verstaan wat Christus beteken — want om Jesus te verstaan as ʼn manifestasie van Christus is ʼn veel groter Waarheid wat elke aspek van ons lewe voed en versadig, verdiep en verryk.

Die Christus-ervaring is ʼn ewolusie ... dit ontwikkel en brei uit — it is an ever expanding, and unfolding consciousness — daarom sien ek Christus in die son en die maan, in die kos en die wyn, in my kind se lag en die vreemdeling se knipoog, in die gedigte wat ek lees en die musiek waarna ek luister, die golwe van die oseaan en die wolke oor die bergtoppe.

Dit waarna St Francis of Assisi verwys as hy praat van Brother sun and sister moon, brother water and sister fire ...” as hy na God verwys as ʼn 'Sacred Ecosystem'.

  • Dit is nie vir ons as mens om te besluit waar Christus is en waar nie, wie in en wie buite is, wie gered en wie verdoem word nie. Dis net ʼn EGO wat wil besluit wat is Heilig en wat nie. NEE! Alles is Heilig. ALLES!

Die ‘wederkoms’ is steeds besig om te gebeur ... die wederkoms is JY. Dis nie gebeure op ʼn almanak nie, maar die totale toekoms van alles wat is en bestaan. In die begin — soos Paulus skryf in, “You are chosen in Christ from the very beginning” (Efesiërs 1:4) — en tot die einde, “Waarlik ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matteus 28:20).

As jy die briewe van Paulus lees, sal jy sien hy gebruik een frase meer as enige iets anders — twee woorde, ‘en Christo’ (in Christus). Net 5 keer word die woord ‘Jesus’ gebruik in al sy briewe waarvan 2 in Filippense is wat ʼn dissipel van Paulus geskryf het. Die twee woorde, ‘en Christo’ kom 164 keer voor.

Dis die Fontein wat my verbind met Christus waarna Carl Jung verwys as hy praat van “our True Self”. Ons bestaan, ons sien, ruik, proe, hoor en voel omdat ons vanuit hierdie Fontein lewe ... as Thomas Merton van Christus praat as die Cosmic Dance — of waarvan Richard Rohr verwys as hy sê, God is Relationship, God is Communion ... and the Christ is the manifestation of God in the world” — en dis wat Paulus bedoel as hy sê, “God did not revealed his Son TO me, but God revealed his Son IN me” (Gal 1:16).

Paul got it. He truly did. Daarom is Paulus die Christian Mystic wat werklik die Christus-ervaring verstaan en gepredik het, en wat vermoedelik die rede is waarom ons Paulus nie verstaan nie. Richard Rohr se definisie van Christus is eenvoudig: “When matter and spirit operates as one — that is the Christ mystery.”

Ek kyk na SpaceX se ruimtetuig en besef opnuut hoe ‘planeetgebonde’ ons is. Al ons konstruksies, ons mensgemaakte reëls oor ʼn God wat moerig is vir die mensdom en die mens wat God moet omkoop om ons lief te hê. Ons het ons Kosmologiese Spiritualiteit verruil vir ʼn Verlosser-Redder-religie.

Miskien is dit hoekom ek pleit dat al die kerke, al die gelowe die woord ‘GOD’ vir die volgende 100 jaar moet verban. Jy mag net praat van ‘DIE GROOT MISTERIE’ — miskien sal die wêreld dan weer van die Lig, Lewe, en Liefde van God drink, en sal ons Christus oral, in alles sien en ervaar.

Die laaste woord behoort aan Richard Rohr uit sy formidabele boek, ‘The Universal Christ’ —

  • “For you who have loved Jesus — perhaps with great passion and protectiveness — do you recognize that any God worthy of the name must transcend creeds and denominations, time and place, nations and ethnicities, and all the vagaries of gender, extending to the limits of all we can see, suffer, and enjoy? You are not your gender, your nationality, your ethnicity, your skin colour, or your social class. Why, oh why, do Christians allow these temporary costumes, or what Thomas Merton called the “false self,” to pass for the substantial self, which is always “hidden with Christ in God” (Colossians 3:3)?”

Kom ons praat Sondag oor ‘Christus’ ... die Fontein van Lewe.

Met liefde

 

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“I do not worship matter.
I worship the God of matter,
who became matter for my sake
and deigned to inhabit matter,
who worked out my salvation through matter.
I will not cease from honouring that matter
which works my salvation.”

― St. John Damascene, 675–753CE 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Ons doen nie meer besprekings nie
en dit is first-come-first-served ... ALMAL is welkom.
Ons vra wel dat jy steeds met 'n masker sal kom,
steeds afstand hou, en steeds hande was.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights