Peace of Mind — Serenity

2 September 2020

“God, give me grace to accept with serenity
the things that cannot be changed,
Courage to change the things
which should be changed,
and the Wisdom to distinguish
the one from the other.”
— Reinhold Niebuhr: Serenity Prayer —

Vroeër, in die ou dae, het ons op 1 September gesing, “Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o ... dis heerlike lente, die winter's verby!” ... maar nou is die Aarde se moer los en draai hy enige kant toe.

Dit reën in die Kaap en die berge lê wit gesneeu op Lentedag. Nie dat ek ʼn druppel omgee vir die reën nie, want dié winterbaba is in sy element as dit reën, en die Kaapse boere sê dit moet nog baie reën voor die somer kom.

Die simboliek van reën, geweef in die mitologie van vrugbaarheid en seëninge kom in alle kulture en tradisies voor. Dit dra die betekenis van herlewing en vernuwing. Vir ons in die Kaap is winter ons reën-seisoen en in die res van die land bring reën die geboorte van somer.

Vir my was reën nog altyd ʼn simbool van emosionele skoonwas, intellektuele vernuwing, en spirituele reiniging. Reën maak skoon ... dit gee helderheid ... and clarity brings serenity.

Ons gaan dié maand gesels oor ʼn moderne, gesofistikeerde spiritualiteit wat relevant is in die tyd waarin ons leef. Ons gaan begin met die betekenis en invloed van SERENITY, en dan gesels oor Simplicity, Sincerity, and Sufficiency. Hierdie vier begrippe, in my beskeie mening, is enersyds die fondasie van ons spiritualiteit en andersyds die pilare van Mindful Leadership’ in die besigheid en korporatiewe strukture van die toekoms.

  • As ek die woord ‘SERENITY’ hoor dan dink ek onwillekeurig vanuit my eie spiritualiteit aan die woorde in Johannes 14:27 — “Vrede laat ek vir julle na; my vrede gee ek vir julle. Die vrede wat ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Laat julle hart nie bekommerd en ook nie bang wees nie.”

Die woord vir ‘vrede’ in Hebreeus is שָׁלוֹם (shalom). Die woord vir tranquillity, quietness, serenity’ is: שַׁלְוָה (shalvah). Die Griekse woord vir ‘vrede’ is εἰρήνη (eirenei) wat beteken: peace, peace of mind, to join, wholeness, serenity, tranquillity.

WAT beteken die woord ‘serenity’ — tranquillity, calmness, peacefulness, stillness, contentment ... of in Afrikaans is dit: kalmte, rustigheid, stilte, tevredenheid, vrede, gemoedsrus.

HOE kweek en kultiveer ons hierdie ‘sereniteit’ ...? Vrede kom van binne, en hang nie af van omstandighede nie. As jy dit nie in jouself vind nie gaan jy dit nêrens anders kry nie. Dit is ʼn keuse, ons kan nie konflik én vrede hê nie. Om met spyt en verwyt saam te leef, en daarvan oortuig is dat die wêreld jou iets ‘skuld’, bring ʼn ontevredenheid wat gepaardgaan met nog meer onvergenoegdheid. Dit vervreem jou van jouself en van alles en almal om jou.

‘SERENITY’ word gevind in stilte — praat minder; luister meer; sê net genoeg; kyk jouself en ander in die oë ... let them feel your tranquillity and tenderness because that’s what God has for us.

In ʼn wêreld waar jy die hele tyd jou voet plat op die petrolpedaal het, gaan ons moeilik STILTE vind. Ons mallemeule gejaag na wie-weet-waar is sleg vir jou hart, sleg vir jou siel, en baie beslis sleg vir jou lyf. Meer as ooit is ek daarvan oortuig dat ons 'disconnect and detachment' simptome is van ʼn lewe met geen dissipline om tot rus te kom en met toewyding plek te maak vir stiltetyd nie. Om oral te wees, beteken ons is nêrens nie. Om alles te wil doen, maak dat ons niks bereik nie.

  • In a world ruled by anger and driven by fear we have a mind full of everything but mindful of nothing. As the saying goes — serenity is not freedom from the storm, but peace amid the storm —or— you can’t calm the storm, so stop trying; what you can do is calm yourself, the storm will pass.

ʼn Ander komponent van SERENITY is om te weet wanneer is genoeg, genoeg. My pa sê altyd, “daar is net twee TE’s wat genoeg is, TEVREDE en TE PERD.”
Of soos Chesterton dit opsom, “There are two ways to get enough. One is to continue to accumulate more and more. The other is to desire less.”

Peace-of-mind is nie ʼn don’t-care houding nie ... dit is ook nie ʼn laat-Gods-water-oor-God-akker-vloei nie. SERENITY is iets waarmee ons aktief besig is. Die lewe, elke oomblik van die dag, is ʼn reeks aksies-en-reaksies met spontane verandering en aanpassings. As ons stoei en baklei teen hierdie vloei, bring dit emosionele pyn. SERENITY is om balans en harmonie te vind in die konsekwensies van ons daaglikse besluite ... effortlessly effortless te leun in die rigting waar ons vrede en gemoedsrus vandaan kom.

Ja, ek moes leer om die volume van sommiges in my kring sagter te draai. Hulle wat aanhoudend kritiseer of kla, en verbitter deur die lewe gaan, en die victim-card speel as hul nie hul sin kry nie. Verseker beskerm ʼn mens se eie peace-of-mind jou teen sulke negatiwiteit. Dit is ons liefde, vreugde, vrede, dankbaarheid en gemoedsrus wat maak dat ʼn mens deur die terugslae en teleurstellings van die lewe kom.

  • Die laaste woord behoort aan Ralph Waldo Emerson — “Finish each day and be done with it. You have done what you could. Some blunders and absurdities no doubt crept in; forget them as soon as you can. Tomorrow is a new day. You shall begin it serenely and with too high a spirit to be encumbered with your old nonsense.”

Haal diep asem. Laat los die gisters. Vermy fiksasies oor môre. Vind jou vrede, kalmte, en rustigheid in die NOU, want dis waar ons die Stem van God hoor. Then, and only then will you be able to distinguish God's will from your own.

Met liefde

 

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Peace is the simplicity of heart,
the serenity of mind,
tranquillity of soul,
the bond of love.”

― Unknown 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie
laat weet ons vroegtydig want daar is baie wat graag daar wil wees.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights