“When you love who YOU are, your relationships will be healthier and your life will be happier.”
— Stephanie Lahart —
Wat ʼn wonderlike reis was dit nie die laaste maand om die betekenis van 'KEN JOUSELF' te skil en oop te breek soos ʼn lemoen nie. Ons het begin met ʼn prelude en sluit dié week af met ʼn crescendo.
‘KNOW THYSELF’ enables us to …
[1] learn the truth about myselfWanneer ons hoor, “Wees lief vir jouself” is daar gewoonlik die vraag, hoe doen ek dit ...? Hoe kan ek lief wees vir myself sonder dat dit selfsugtig en egosentries is? Ons ken die Bybelvers wat sê, “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste SOOS JOUSELF.” (Lukas 10:27) Hoe doen mens dit, en waar vind jy die balans tussen ‘naaste’ en ‘jouself’ ...?
Waar ek grootgeword het, sou jy dit nie waag om te praat oor ‘liefde vir jouself’ sonder om te hoor dat jy nie die drom van die eie-ek moet slaan nie. Ek kan nie aan ʼn enkele dag of vak dink in sewe jaar se teologiese studies waar daar gepraat is oor die wat, waar, en hoe van ʼn liefde-vir-jouself nie.
Om te praat oor ‘Love Thyself’ is nie selfsugtig nie; dit is nie egosentries nie; dit is nie ʼn gulsigheid ten koste van jou nie — trouens, as dit is, is dit verseker nie LIEFDE nie. Noem dit dan eerder behoeftes of verwagting, begeertes of verpligtinge — want LIEFDE is nooit selfsugtig of suinig nie. In die woorde van die titel van Chuck Spezzano se boek: If it hurts, it isn’t love.
As LIEFDE die Goddelike opdrag is waarmee ek en jy elke dag tooi; as dit ons Heilige roeping is om elke oomblik, in elke aksie en reaksie, ʼn refleksie (getuie) te wees van God se LIEFDE, dan is dit seker ons taak en roeping om hierdie geskenk te kweek, koester, en te kultiveer.
“Loving yourself isn’t vanity, it’s sanity” — het ek êrens gelees.
So, waarvan praat Brené Brown as sy sê, “Owning our story and loving ourselves through that process is the bravest thing that we’ll ever do …” of Wayne Dyer as hy skryf, “If you don’t love yourself, nobody will. Not only that, you won’t be good at loving anyone else. Loving starts with the self.”
Kom ons begin by die begin — wat beteken dit as ons hoor: Love Thyself ...?
Voor ons enige iets gaan bereik in hierdie lewe, enige plek gaan kom, gaan ons eers die wesenlike probleem moet oorkom van wat en hoe ons dink oor onsself. Ons het laas maand gesels oor die Goddelike potensiaal en moontlikhede wat in elkeen van ons is. So, hoe onthou en ontgin ons hierdie LIEFDE vir myself ...?
Kom ons verken eerskomende Sondag die ‘HOE!?’ as ons gaan gesels oor: to love myself is to be there for myself when all else falls away; to have self-respect, self-confidence, self-value; to take care of myself (body, mind, soul); to give myself a break and give myself credit; how to detox toxic people; and how to fight your demons and tame your dragons.
Mag die res van hierdie week jou herinner om lief te wees vir jouself.
In Alles, Altyd, met Almal.
Met liefde Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Gaan loer gerus op YouTube na ons weeklikse video's! Daar is reeds 29 episodes, gee dit 'n THUMBS UP en deel met vriende en familie.
https://www.youtube.com/
“Do not be scared to say “I love you” to yourself. Stand in front of the mirror and look at yourself and say to yourself as loudly as you can “I love you. I respect you for what you have faced in life. And I love you for what you have become.”
― Avijeet Das ―
Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek ter wille van die nasionale reëls en regulasies.
ASB, as jy bespreek het en nie kan kom nie, laat weet ons vroegtydig, want daar is baie wat graag daar wil wees.