Hierdie week se liturgie: 29_desember_2013
Dan, soos almal teen dié tyd weet, het ons in Desember ons EMMER-PROJEK waar ons emmers volmaak met noodsaaklikhede vir ʼn familie wat hierdie Kersfees dit nodig het. Baie BAIE dankie aan elkeen wat ʼn emmer geneem het en oorloop terug gebring het — ander het sommer sakke en bokse vol gebring ... laas Sondag het twee charities sowat ʼn 100 emmers by ons kom haal. ‘Operation Smile’ en ‘Huis Jabes’ was stom oor die gebaar van welwillendheid in soveel oorvloed. Daar het ook mense nog emmers vandag gebring en eerskomende Sondag kan jy steeds vir ons ʼn emmer of kruidenierswaresak of boks vol eetgoed, toiletries, klein geskenkies of sommer iets vir oud en jonk saambring. Vandag en volgende Sondag se emmers gaan vir ʼn derde charity wat dit ook in hande sal besorg waar daar behoefte is. Bring gerus wat jy kan Sondag saam!
Eerskomende Sondag is die laaste Sondag van 2013 -- dit was ʼn jaar met soveel seëninge en ondersteuning; van groei en ʼn gevoel van saam-op-reis. Dit was ʼn jaar wat sy uitdagings gehad het — daar was tye van moedeloosheid maar dan het die pad van hoop ons weer gevind; ons het met tye deur valleie van ‘doodskaduwee’ gegaan maar dan weer het ʼn fontein van liefde ons ontdek. Dit was ʼn jaar met baie nuwe herinneringe ... ʼn jaar van groei ... ʼn jaar van nader staan aan onsself. Verseker was dit ook ʼn jaar waar daar meer as ʼn handvol gebeure was wat ons vrymoedig sal los in 2013. Een ding weet ons verseker: wat verby is, is verby en die Nuwe Jaar bied aan elkeen die geleentheid om die beste van hierdie jaar saam te vat en te weet dat 2014 (soos elke ander nuwe jaar) vir ons die geleenthede gaan bied om dit anders te doen. Anders te dink oor die lewe in die algemeen en ons lewe spesifiek! Anders te reageer op wat gebeur en te besef dat ons elke oomblik van die dag ʼn keuse het tussen liefde of vrees; vrede of konflik; vergiffenis of veroordeling. Jóú keuse. Jóú besluit.
Nee, ons weet nie hoe 2014 gaan ontvou nie — miskien begin jou nuwe jaar met ʼn nuwe loopbaan; vir ander is dit die jaar waarin jy die knoop deurhak en haar (of hom) vra om te trou; vir party is dit die einde van ʼn huwelik en ʼn tyd om te let go; sommiges sal geboorte gee aan ʼn nuweling en ander neem afskeid van ʼn geliefde ... nee, ons weet nie hoe die komende jaar sy kronkels met ons gaan stap nie maar een ding weet ons verseker, hoe ons daarop gaan reageer gaan die verskil maak tussen ‘dieselfde’ of ‘anders’ en glo my, ‘anders’ is wat die meeste van ons bedoel met goed ... beter ... beste.
Daarom is ons tema vir hierdie maand — “REBIRTH” — want dít is die boodskap van Kersfees: “A celebration of our birth on earth and a dedication of our rebirth in Christ”
Miskien is Kersfees die enigste tyd van die jaar waar mense na mekaar kyk sonder verwagtinge, mekaar raaksien as ewemens, en na ʼn vreemdeling (óf bekendeling) uitreik met ʼn gebaar van compassion & goodwill. Waar jy ook al vandag is, hoop ek jou tafel loop van vreugde oor en mag elke geskenkie wat jy oopmaak of oorhandig, geweef lê in die woorde: “Ek is regtig lief vir jou!” ... só Kersfees maak heel, só Kersfees word onthou!
Kom ons sluit die jaar af eerskomende Sondag 10h00 en bring jou dankbaarheid vir 2013 asook jou wense vir 2014 saam ~ !!
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
“Christmas celebrations are often full of sound. It would be good for us to make room for silence, to hear the voice of Love.” — Pope Francis