“To find yourself,
think for yourself.”
— Socrates —
Vir Forrest Gump was die lewe ʼn “boks tjoklits” waar jy nooit weet wat jy kry nie. Vir my is die lewe soos ʼn skaakspel ... om êrens te kom, you have to make a move! Dit kom met ʼn sekere insig wat die reëls van skaak is, en elke skuif het konsekwensies. Skaak daag jou uit om te DINK, en elke oomblik vir jouself te dink ... selfs (veral!) wanneer jy ʼn beurt verloor, om daaruit te leer en die ervaring toe te pas in die volgende rondte. ʼn Mens gee nie op net omdat jy ʼn kasteel of biskop verloor het nie.
Só min mense dink vir hulself, waarvan sosiale media ʼn goeie bewys is. Ons lewe is ʼn voetspoor van ander se opinies. Self waag ons dit nie om ons eie voetpaadjies te trap nie. Ons is gewoon te bang om dit te waag, want “wat as ...” — en word dan oorweldig deur emosies van nie goed genoeg nie met ʼn onheilige vrees vir verwerping ...
... deur mense, en deur God.
Ons kom uit ʼn agtergrond waar die skool vir jou geleer het wat jy mag dink; die staat wat jy mag besit; die kerk wat jy mag glo; en die samelewing wat jy mag wees. Ons is geleer, “doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê,” en wanneer ons dit nie doen nie voel ons sleg, skuldig, skaam en verdien om gestraf te word. Die 'doen aan ander' is nie die probleem nie, dis die 'soos aan jouself' gedeelte waaroor ons struikel.
In die maand wat ons gesels oor ‘KNOW THYSELF’ is dit belangrik om te begin met die waarheid dat ‘know thyself’ is nie ʼn doel nie, dis ʼn reis, die pad, ʼn pelgrimstog. Self-kennis, Self-vertroue, Self-waarde is ʼn lewenslange reis. Dis nie ʼn naweek seminaar nie. Dit kom nie in ʼn pil nie.
Dit vra moed. Dit vra eerlikheid. Dit vra emosionele, intellektuele, en spirituele integriteit. Dit vra om vir jouself te dink.
‘KNOW THYSELF’ is a self-awareness — om gewoontes en patrone te sien, dit vir myself te kan verwoord, en dan te verander.
“Watch your thoughts, they become your words; watch your words, they become your actions; watch your actions, they become your habits; watch your habits, they become your character; watch your character, it becomes your destiny.”
— Lao Tzu
Ek sê weer — lewe is soos om skaak te speel. Skaak gaan nie net oor wen nie maar om te leer ... te verstaan waar jy is, waar jy vandaan kom, waarheen jy op pad is. Jy beplan en as jy vaal dan begin jy weer. As jy net verdedigend speel, is dit ʼn ‘wenresep vir verloor’ (oxymoron). Soms moet jy retireer om weer te probeer.
Dit is my beskeie mening dat die grootste rede dat ons nie onsself ken nie is omdat ons ʼn lewe lei (of is dit ‘ly’?) met meer vrees as geloof en meer twyfel as hoop. Om jouself werklik te ken, moet ʼn mens jou vrese in die oë kan kyk ... en te onthou:
Fear is a teacher and should never be your master!
Dit beteken nie dat ons ons vrese ignoreer nie, maar om dit (in liefde) te sien as vingerwysings na wat belangrik is. Na wat (in liefde) die moeite werd is om te verander.
► Hier is die HOE ...
Ek het geen behoefte om iemand te straf wat nie doen wat ek wil hê nie. Nog minder enige drang om iemand seer te maak net sodat hulle my sal liefhê. Trouens, my liefde kom nie met verpligtinge of ʼn agenda nie, en niemand hoef in vrees te leef vir wat ek aan hulle kan doen nie. Ek gaan jou nie manipuleer om ʼn mini-me te wees nie, en allermins jou breinspoel om te dink wat ek dink, te glo wat ek glo, of te voel wat ek voel nie.
Om tot hierdie herken, erken, ken van myself te kom, moet ek tot die geloof en oortuiging kom dat dit is hoe ek God ken, erken, herken. Dit is waartoe ek geroep is in ʼn nuwe verstaan en ervaar van God. Enige iets minder as dit maak van God 'n karikatuur wat 'n projeksie (teologie) is van agterdog, vrees, skuldgevoelens, vooroordele, en selfgeregtigheid.
Ons kán, nee ons móét ons oortuigings, ons idees, ons aannames, ons vooroordele, ons sekerhede, ons ervaring, ons drome, ons wense, en emosies ondersoek. Ons kán let op ons motiewe en intensies, en beide ons bewuste en onbewuste aksies en reaksies verander. Om myself te ken, is om vir myself te dink. Om vir myself te dink, is om myself te ken.
Drop die voorgee. Los die maskers. Stop die selfde-ou-selfde home movie. Waag dit ... I dare you!
Dan, en slegs dan, sal ek my aan myself kan voorstel ... en wie weet, miskien ʼn nuwe, beste vriend maak.
YOUR MOVE!
Met liefde Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
JA! Ons gaan voort met ons Sondae se YouTube-video’s! Gaan kyk gerus na ons vorige 26 episodes - https://www.youtube.com/
“Authenticity is a collection of choices that we have to make every day.
It’s about the choice to show up and be real.
The choice to be honest.
The choice to let our true selves be seen.”
― Brené Brown ―
Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek
ter wille van die nasionale reëls en regulasies.