4 Mei 2014

Hierdie week se liturgie: 4_mei_2014

Moet sê, ek floreer in hierdie koeler weer met die sagte herfslig die vensters en deure oopgooi vir ʼn nuwe seisoen van spontane kreatiwiteit. Asof die sonsopkoms tot middeldag oor die stad hang en saans die berg goud inkleur. Met die reëns kom daar ʼn nuwe hoop wat ʼn brug bou tussen wat ons glo en wat ons liefhet. Mooi musiek klink deur my huis van reeds voor sonop en dit melodie deur die dag tot ek my ligte afsit. Refreine roep herinneringe op en lirieke word gememoriseer soos gedigte wat prentjies inkleur.
Laas Sondag het ons die maand se tema oor ‘dood en geboorte’ afgesluit met die bekende Psalm 23. Na die tyd, lank nadat almal reeds uit die kapel was, het ek bly sit en dankie gesê vir die teenwoordigheid van liefde en waardering en terwyl mooi musiek deur die kapel weerklink het en besluit, kom ons gesels Mei-maand oor ʼn paar van die mooiste Psalms.
Psalm 121 het geen bekendstelling nodig nie, in elke geval nie die eerste paar verse nie —
          Ek slaan my oë op na die berge, waarvandaan sal my hulp kom? 
          My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. 
          Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; Hy wat jou beskerm, sal nie slaap nie. 
          Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie en Hy slaap nie. 
          Die Here beskerm jou, die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. 
          Bedags sal die son jou nie neerslaan nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. 
          Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou siel sal Hy beskerm. 

          Hy sal jou uitgang en ingang bewaak, van nou af en vir altyd. (Direk Vertaal)
Ons leef in ʼn wêreld waar ons so bang geword het vir so baie goed. Die kanse dat ʼn aardbewing, vulkaan, tsunami, of vloed Kaapstad gaan tref, is ʼn desimaal maar die angs oor ʼn aardbewing in ons kop as iets met iemand moet gebeur vir wie ons lief is; die vulkane wat ontplof in elke konflik; die vrees vir ʼn tsunami as daar ʼn kans is om alles te verloor wat ons het; of die paniek om op ʼn plek te staan in totale vervreemding en eensaamheid ... dis emosies wat ons almal ken! Om dit na die beste van ons vermoë te probeer verhoed, bou ons mure van sekuriteit. Of die mure geld, mag, versekering, vriende, godsdiens of ideologie is, maak nie saak nie solank ons ‘veilig’ voel. Maar voel ons? Marianne Williamson skryf op ʼn plek – “We think money, or lack of it, determines our abundance; we think other people's behaviour determines our happiness; we think success or failure, as the world defines it, determines our self-worth”
Psalm 121 gaan oor ʼn ander vorm van sekuriteit, dit gaan oor ʼn bron van TOTAL PROTECTION. Nee, dit sê nie dat niks ooit gaan gebeur wat seermaak nie. Nee, dit belowe nie ʼn lewe sonder hartseer nie. Dit belowe wel dat wanneer ons voete struikel is daar Een wat ons vang en steun om weer op te staan. Dit belowe dat wanneer ons moeg en oorlaai is, is daar Een wat nie sluimer of slaap nie. Skaduwee is ʼn metafoor vir beskerming in ʼn harde woestynland en jou regterhand is ‘your most vulnerable side’ want in antieke Israel is die skild met die linkerhand vasgehou sodat die regterhand (as jy regs is) vry is om te kan beskerm. Hierdie TOTAL PROTECTION belowe dat waar die son jou alleen vang en die hitte jou wil neerslaan, sal die Een jou beskerm. Nie ADT of FNB nie maar die Een wat ons noem, my Here en my God.
Vreemd hoe mense hul neuse optrek vir hierdie tempeltaal uit die vyfde eeu voor Christus. Asof dit sitate en poësie is wat hoort by mense wat aan ʼn vorm van delusion ly dat ʼn (onsigbare) God ons kan beskerm. Miskien omdat ons eerder beskerming soek vir ons aardse besittings; miskien omrede ons meer besorg is oor die genoegens wat ONS besit as oor dit wat ons dra in dae en nagte waarin ons onsself verloor. Hoe hartseer dat ons steeds glo dat ons beter vir onsself kan sorg as wat ons enige hoop het dat God se TOTALE BESKERMING juis die wag hou oor ons gedagtes, gevoelens, emosies — en dat hart en siel nie verinneweer kan word nie omdat die God wat hemel en aarde gemaak het ons beskerm. Vir ons wat so tyd-besete is, het tyd sy waarde verloor vir wat van ewigheidswaarde is (en ek gebruik doelbewus die woord ‘waarde’). Hierdie God wat ‘beskerm’ beweeg in geen tyd of spasie nie. God het geen vorm, definisie, dimensie nie, of het ons dít ook vergeet?
Vir die volk van Israel was God in ʼn tempel op ʼn bergtop in Jerusalem. Om God se teenwoordigheid te ervaar moes jy teen die heuwels van Jerusalem op waar jy die regte offer op die regte manier moes bring alvorens jy kon vra vir God se beskerming. Vandag weet ons dat daai ‘tempel’ lê aan jou binnekant en dat jy onlosmaaklik deel is van God se teenwoordigheid. Die offers wat ons bring, is ʼn self-offer — to align us with the God of all ages, at all places, in all faces.
Ons almal was al op ʼn plek in ons lewe waar ons moedeloos gevra het, “waar sal my hulp vandaan kom?” Miskien is jy in so seisoen in jou lewe waar jy wonder of enige iemand jou sal ophelp as jou voete struikel of miskien het hierdie Psalm ook vir jou ʼn credo (an ode to joy) geword dat as jy vandag terugkyk na dae waar die son jou neergeslaan het en die maan jou snags na nog dieper donkerte gelei het, was God die hele tyd daar ... ons het dit net vergeet. 

>>>> ACIM 8 Mei 2014 om 19h00 by Kolping

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“The walls we build around us to keep out the sadness, also keep out the joy.” — Jim Rohn

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights