25 Mei 2014

Hierdie week se liturgie: 25_mei_2014

Ons het dié maand geblaai deur van die mooiste Psalms... ons het uit elkeen woorde van bemoediging en die inspirasie het inhoud en betekenis gegee aan ons lewe as mens in die 21ste eeu. Dit was ʼn heerlike reis van poësie en beeldspraak, geweef in die kleurryke tempeltaal van digters wat hul verse melodie gegee het opsoek na ʼn sinvolle en relevante verhouding met God. Ons sluit die gesprek af uit Psalm 16:5-11 en gaan gesels oor die vraag: How do I move from REGRET to REJOICE? 
          Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.
          ’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
          Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;
          selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
          Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
          Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig.
          U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
          U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap.

          Uit u hand kom net wat mooi is vir ewig.
‘REGRET’ het te doen met skuldgevoel en vrees. ‘REJOICE’ het te make met liefhê en vergiffenis. ʼn Internet Artikel met die titel, “If only…” -- these two words paired together create one of the saddest phrases in the English language noem TIEN goed wat daartoe bydra dat ons swaar dra aan ‘REGRET’ en sodoende maak dat ons verleer wat dit is om te ‘REJOICE’ ...
      ·         Die maskers wat ons dra: ons leef so in die persepsies van wat ander van ons dink en vergeet dat ons nie ‘perfek’ hoef te wees alvorens                       ons ander inspireer nie.
 ·         Om ander toe te laat om jou drome te bepaal: die belangrikste vraag wat elkeen van ons kan vra, is – “Wie is ek?” en om dan
gelukkig te wees met wie ek is. Dit help nie om iets of iemand anders te wil wees nie. Ons ken die spreekwoord, die gras is altyd 
                    groener ...en soms verloën ons ons droom omdat ander se lewe so perfek lyk en dan laat ons toe dat dit ons lewe te dikteer.
 ·         Te veel negatiwiteit: omring jou met mense wat positief is en jou soms kan raadgee sonder om jou droom te verpletter. Wees versigtig
vir mense wat op REGRETS teer en nie REJOICE waardeer nie.
   ·         Ons almal is soms egosentries: selfsugtigheid is ʼn groot faktor wat bydra tot REGRETS. Die spreekwoord wat sê, “carve your name
                     on hearts, not stone” is van toepassing.
 ·         Om bang te wees vir verandering en groei: dis deel van die mens se paradoks – ons wil graag groei maar is bang vir verandering.
Die meeste verwyte lê in die loopgraaf van vergeet wat ons potensiaal is.
   ·         Ons gee op when the going gets tough: ons verwar mislukkings met ‘les geleer’; teleurstellings met ‘weer probeer’. Selfs wanneer
dinge nie uitwerk soos ons gehoop het nie, beteken dit nie hoop is dood nie.
 ·         Om alles te wil beheer: dis wat bedoel word met – Life should be touched, not strangled. Ons is tog so bang ons gaan iets verloor dat
ons angsbevange vashou aan ons beheer en so word ons slawe van obsessies.
        ·         Weet wat boundaries beteken: wees bereid om iemand halfpad te ontmoet, without giving your power away. Pasop vir selfverwyt
want dit maak ʼn mens siek.
   ·         Van uitstel kom afstel: om alewig te wag vir môre bring jou nêrens nie en is net hout op die vuur van verwyt net soos dit is om alewig
te wag dat iemand anders iets sal doen en dit brandstof is op die kole van spyt.
        ·         Staan vir iets – develop a backbone, not a wishbone: daar is gewoon te veel wishy-washy en te min oortuiging, te veel gekla en
te min erkenning en dankbaarheid ...
... en dit is waaroor Psalm 16:5-11 gaan — oor dit wat ons ontvang het; vir insig en uitsig; oor die Een wat ons altyd dra en verdra; oor blydskap en waardering. Soos Koos du Plessis sing, “wat ek is, is net genade; wat ek het, is net geleen” dan sing hy dit as iemand wat die “skadu’s teen muur” ken maar ook weet waar is “die beker teen die groter dors” en dit maak die verskil ... en dit is tyd om ʼn verskil te maak!
“Our biggest regrets are not for the things we have done but for the things we haven't done” — in die herinnering van Sondag se Psalm is daar ʼn ope uitnodiging om ʼn lewe te kies van dankbaarheid en so vervang ons “If only ...” met “Ek neem verantwoordelikheid om te doen wat ek móét doen en om dankbaar te wees vir wat ek het.” 

>>>> ACIM 22 Mei 2014 om 19h00 by Kolping: Chapter 18, Section VI Beyond the Body 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Rejoice in the Lord always; again I will say, rejoice! Let your gentle spirit be known to all men. The Lord is near. Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God, which surpasses all comprehension, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus.” — Philippians 4:4-7

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights