8 Junie 2014

Hierdie week se liturgie: 8_junie_2014

ʼn Dag later as gewoonlik omrede ek gisteraand eers van Johannesburg teruggekom het. Op die vliegtuig sit ʼn vrou langs my met haar hande in wit vuiste gepers van spanning toe die vliegtuig geruk en gepluk word deur die turbulensie soos ons deur die wolke daal om te kom land. Gewoonlik praat ek nie met die persoon langs my nie maar siende dat ek my iPod moes afsit vir die landing kon ek nie help om haar angstigheid aan te voel nie. Toe begin ek haar vertel van die wolke en wat gebeur as ʼn mens deur die wit wol gordyne vlieg en dat ek haar kan verseker dat ons veilig is. Die turbulensie wat sy voel, is nie ʼn ontmoeting met die dood nie en maar met ʼn vreemdeling ... wat selfs toe ons in die bus staan op pad na die lughawe gebou nie ʼn glimlag uit haar kon kry nie.
DIVINE APPOINTMENTS are those seemingly serendipitous happenings that bring people and events together, often in unexpected ways. Dit kom soms in die raakloop van ʼn vriend wat jy lanklaas gesien het of soms in die wagkamer van ongevalle by ʼn hospitaal. Dis soms in die ontmoeting van ʼn nuwe persoon of in die groet van ʼn bekende. Ons loop dit soms raak in ʼn lang verwagte doelwit wat bereik word of om ʼn droom te laat gaan. Ons ervaar dit soms in die teenwoordigheid van engele in jou lewe wat jou inspireer en motiveer of soms teregwys. Afdraaipaadjies, teleurstellings, dilemmas, is soms die bordjies wat ons die pad wys na ʼn onverwagte ekstase in ʼn oomblik toe ons gedink het ons is in ʼn doodloopstraat.
Wanneer die onverwagte ʼn heerlike verrassing is, is dit maklik om dankbaar te wees vir die gevoel dat alles okay sal wees maar wanneer spanning aan die deur klop, is dit moeilik om te dink dat enige iets goed van ʼn situasie sal kom. Die toets om die DIVINE APPOINTMENT te sien in die klein irritasies en frustrasies wat deur die loop van ʼn dag ophoop, is om die turbulensie te sien en te verstaan vir wat dit is — up and downdrafts within a cloud of not-knowing.
Ons moenie DIVINE APPOINTMENTS verwar met ʼn soort van voorafbesluit dat jy op spoor is en by-hook-or-by-crook by ʼn bepaalde stasie sal uitkom nie. Die lewe is nou maar eenmaal te soepel en dinamies daarvoor. Elke oomblik is ʼn keuse tussen aksie en reaksies en is daar altyd ʼn keuse om af te draai of op ʼn ander trein te klim. Party mense glo dat DÍT juis die oomblik is wat die trok jou gaan raakry want jy moes op die trein gebly het.
In my lewe het sinchronisiteit nog altyd ʼn belangrike rol gespeel as ʼn soort bevestiging dat ek op ʼn bepaalde oomblik presies is waar ek moet wees. Ek sit Maandag en wag vir ʼn afspraak en terwyl ek wag, blaai ek deur ʼn boek oor Barcelona en droom om daar rond te stap en terwyl ek sit en lees, speel Freddie en Monserrat se ‘Barcelona’ oor die ontvangs se luidsprekers en ek kyk op en knipoog vir die serendipity van ʼn oomblik in tyd waar goed in tyd tik. Party mense skryf dit af as ‘toeval’ en ander sê dis bloot ‘luck’ — maar vir my maak al hierdie gebeure op as DIVINE APPOINTMENTS, en dis waaroor ons dié maand gesels.
Ons ken baie sulke oomblikke in ons eie lewe waar goed in een oomblik deur ʼn spesifieke gebeure net bymekaarkom. Niks word vanuit die hemel gemanipuleer nie maar in die sameloop van omstandighede lê daar ʼn groter waarheid en ʼn dieper wysheid wat ons omvou.
Om hierdie oomblikke te sien as DIVINE APPOINTMENTS vra dat ons ons intuïsie sal kultiveer. Analitiese denke is die vaardigheid om sekere situasies te evalueer en genoeg data bymekaar te maak om ʼn antwoord te vind vir ʼn spesifieke situasie maar analitiese denke is erg beperkend as dit kom om jou te lei deur die misterie en paradokse van die lewe. Dit vra ʼn dieper wysheid om deur die vorm, definisies, en dimensie van die sintuie en denke te beweeg.
Ons sê maklik, “luister na jou hart” — wat eintlik maar net beteken dat jy na jou intuïsie (spontane aanvoeling en bewuswording) sal luister en dan jou analitiese gedagtes, wat soms gewoon common-sense is, sal toepas waar jy op die oomblik in jou lewe is. Let op na al die fasette van wysheid en onthou, waar die Heilige Gees (stem van God) fluister, maak dit nie altyd sin vir die brein nie, maar dit resoneer met jou hart. Kom ons gesels eerskomende Sondag oor –
          1.      Your intuition is a spiritual gift — pay attention
          2.      Listen to your inner voice — make a choice
          3.      See your life as a sacred journey — take the adventure
          4.      Bless the dark night of the soul — it’s only a season of life

Soms loop die lewe sy kronkel-kronkel pad met ons en sien ons nie altyd waarheen ons op pad is nie, daardie oomblik is ook ʼn DIVINE APPOINTMENT. Partykeer word ons uit ons gemaksone geruk en vat ons lewe ʼn hele nuwe roete ... twee mense besluit om te trou en ʼn ander twee maak ʼn keuse om te skei; êrens word ʼn kind gebore en ʼn ander een hoor sy kan nie kinders hê nie; een persoon word aangestel in ʼn wonderlike nuwe werk en ʼn ander een hoor hy of sy moet ander werk soek en so word ons lewe nie net merke op ʼn almanak nie maar stroomversnellings in ons sacred journey. Die vraag is, is ons oop vir daardie dra en verdra, luister en fluister van God? Is ons ten diepste in aanvoeling met die stem van die siel en kan ons nog ons intuïsie vertrou of het ons spiritueel so afgestomp geraak dat nie eers ʼn weerligstraal uit die hemel ons kan laat padgee onder die boom nie? Hoe onderskei ons tussen die geroesemoes van die lewe en die oomblikke waar die Groot Melodie ons laat dans op die voete van engele?
Kom ons maak ʼn afspraak vir eerskomende Sondag 10h00 om in ʼn sirkel kappel vir ʼn oomblik stil te word in die teenwoordigheid van God se fluistering. Ons bring ons vrae en bekommernis, ons vreugde en dankbaarheid en maak dit ʼn DIVINE APPOINTMENT.

>>>> ACIM — geen byeenkoms môre maar wel weer 12 Junie 2014 om 19h00 by Kolping: Chapter 18, Section VI Beyond the Body 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“Pilgrims are persons in motion, passing through territories not their own, seeking something we might call ‘clarity’ as a goal to which only the spirit’s compass points the way” — Richard Niebuhr

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights