27 Julie 2014

Hierdie week se liturgie: 27_julie_2014

Die laaste week was nie ʼn goeie week as dit kom by die getuienis van die mensdom nie. Die afskiet van MH17; die oorlog in Gaza; die stomme regerings van elke sogenaamde gesofistikeerde land wat al hoe meer in die dryfsand van mag en politiek verdrink, maak dat ʼn mens diep moet gaan delf om te praat oor ‘GRACEFULNESS’ — of miskien is dit juis ʼn geleentheid om daaroor te praat! Die versugting van miljoene (biljoene) mense op hierdie planeet is tog verseker vir VREDE en almal van ons vra, “Wat se verskil kan ék maak?” Maybe it is time to stop saying “I wish” and start saying “I will” ... en dan maak ons ʼn belofte aan onsself: I will not shoot my missiles anymore at things I fear and do not understand; I will not occupy the minds and hearts of people with my tanks of perceptions and projections; I will make a difference in somebody's life, I will be the hope for someone today and will no longer look at the government to do it for me!”
Ons tema vir Julie is — ‘THE ART OF LIVING LIFE BEAUTIFULLY’ en ons het reeds gesels oor, THE ART OF AFFIRMATIONS; THE ART OF ENCHANTMENT; THE ART OF INSPIRATION en sluit die maand se tema af met THE ART OF GRACEFULNESS.
Die verklarende woordeboek gee die volgende definisie: Gracefulness, or being graceful, is the physical characteristic of displaying “grace”, in the form of elegant movement, poise, or balanceEdmund Burke beskryf dit as volg: “Gracefulness is aesthetically pleasing; an idea belonging to poise and motion.” Of soos Henri Bergson sê, Gracefulness is the soul (or what he calls ‘THE LIFE FORCE’) that shapes the matter that contains it.”
As ons die woord ‘graceful’ (bekoorlik, sierlik, grasieus) hoor, dan dink ons gewoonlik aan dansers of ysskaatsers. Maar dit is nie die ‘gracefulness’ waaroor vandag se onderwerp gaan nie — ‘the art of gracefulness’ waarvan ons hier praat, is die manier waarop ons die genade van God reflekteer na die wêreld om ons. As ons sê dat LIEFDE is “The art of living life beautifully” dan is ‘gracefulness’ die manifestasie en demonstrasie daarvan. Kom ons knoop eerskomende Sondag ʼn paar strikkies vas aan die volgende vers — “Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid.” (Kolossense 3:12-16) en dan verken ons die volgende aspekte van ‘gracefulness’ --

  • Gracefulness is simplicity.
  • Gracefulness is humility.
  • Gracefulness is dignity.
  • Gracefulness is balance.
  • Gracefulness is thankfulness.

Gracefulness is an idea not very different from beauty; it consists of much the same things. Wherever we see BEAUTY there we see affirmations, enchantment, inspiration, gracefulness – and we will only experience it if we have patience and perseverance.
Ons het al dikwels gepraat oor ‘GRACE’ wat kom van die Latynse woord gratia wat beteken — favour, charm, praise, thanks, grateful. Om te praat van die ‘genade van God’ is om van die kapasiteit van die Godheid te praat. Daardie genade wat in en deur ons vloei en wanneer ons dit besef en daarvan bewus word dan sê ons, ‘gratia’ (dankie!). Soos Martin Luther dit mooi verwoord, dit is ʼn genade wat MY altyd vind. Die genade van God vat my gedurig aan die hand en sê, “Ek gaan jou nie los nie, weer en weer gaan ek jou optel en dra!” Dít is die boodskap van Christus in sy volle rykdom wat jou en my liefde inspireer om in gracefulness vir mekaar te sê, “ek vat jou hand, ek gaan nie los nie!”
Ek glo onwrikbaar in hierdie God wat in ʼn duisend stemme op ʼn duisend maniere en plekke vir ons fluister, “dis die pad, hou aan stap!” (affirmations); dit is die God wat op soveel maniere ons lewe vul met die herinnering om altyd liefde te kies en nooit ooit op te gee op liefhê nie (enchantments); dit is hierdie liefdevolle God wat ons bemoedig en motiveer om weer en weer op te staan (inspirations); en dit is dieselfde God wat ons oor en oor teëkom waar daar BEAUTY is en dit vul my met opgewondenheid om my eie lewensdans met dankbaarheid te dans (gracefulness). Êrens het ek gelees en dit in my dagboek aangeteken — “Grace is an ability to give as well as to receive and be thankful. Gracefulness is a glowing inner peace. Gracefulness only radiates if there is a sublime courage and bravery within: gracefulness is like the moon; it only shines because the sun is there.”
Uit Kolossense 3:12-16 hoor ons dat liefde beteken om alles wat ons doen te doen met meelewendheidgoedheidnederigheidsagmoedigheid, en verdraagsaamheid want – gracefulness is a caring spirit! Om te wandel in liefde bring ʼn gracefulness wat selfs in spitsverkeer nie die ander motors sien as traffic nie maar dat almal van ons ʼn unieke ervaring het wat op daardie spesifieke oomblik die pad deel na ons bestemming. Om liefde toe te laat om in en deur jou te vloei, bou nie mure om ons hart en hou ander (van wie ons nie hou of wat ons voel ons seergemaak het) buite nie want gracefulness skuif die gordyne oop om die maan te sien snags en maak die vensters oop om die koel oggendwind saam die sonlig in te nooi.
Ja, ons ken die lewe se verraad ... ons weet van verneder, verneuk, verwerp; ons weet wat dit is om jou hart vas te hou en te snak na asem wanneer vrees ons oorweldig. Ja, ons weet wat dit is om moedeloos na die hemel te roep, “Here help!” as alles waarin ons vashou om ons wankel. Maar soveel kere het ek al ʼn wonderwerk van vergiffenis gesien waar mense se huwelike flenters was en hulle dan met gracefulness hande vat tot versoening. Hoeveel keer het ek al in die gange van hospitale gesien hoe mense met gracefulness ʼn vriend of familielid vir die laaste maal groet. Hoe baie kere in my eie lewe was ek al op my knieë in my eie droefheid om te pleit “Here wys my hoe?” en dan staan ʼn mens op, jy was jou gesig, maak ʼn koppie tee, klim in jou kar en ry na iemand wat op daardie oomblik vra vir GRACE. Dit maak heel ... dit is heilig.
Kom ons maak Sondag ʼn Celebration of Gracefulness met ʼn belydenis en ʼn credo — “We will renew our commitment to gracefulness because gracefulness inspires the heart to live life beautifully.”

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“The simplest things in life are the most extraordinary. Let them reveal themselves.” — Paulo Coehlo 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights