Hierdie week se liturgie: 12_oktober_2014
Een van die wonderlike goed van skoolvakansie is om tyd saam my seun te spandeer en oor alles en nog wat te gesels. Keer op keer verras hy my met sy insig (én uitsig) vir ʼn sestienjarige. Ons gesels oor alles en nog wat — van Vettel wat nou vir Ferrari gaan jaag tot die Russe wat jet-engines voor aan sneeu-ploeë vasmaak om sneeu weg te blaas ... van die verwronge ISIS ekstremiste tot die sinneloosheid van enige vorm van oorlog. Hy vra, “watter een van die twee sou pappa kies, om die ou te wees wat kanker genees of die ou wat maak dat niemand honger is nie?” Ek vra vir hom wat dink hy? Hy sou die ou wees wat alle honger uitwis want dit sou meer mense red as kanker. Ek glimlag want die kabelstring van hierdie seun van my lê diep geanker in compassion en dit is ʼn edele eienskap terwyl ek vaderlik vermaan dat daar ʼn dun lyn is om te onderskei waar mense jou ‘goedheid’ en ‘omgee’ misbruik vir hul eie gewin terwyl ek hom aanmoedig om dié mooi eienskap van medelye nooit te verloor of vergeet nie want empatie met hulle wat nie ʼn stem het nie en hulle wat vere nodig het vir hul vlerke, is om ʼn kompas te wees vir hulle wat verdwaal het en ʼn leivoor vir hulle wat dors het.
Ons gesels hierdie maand oor — “STROME LEWENDE WATER” – en soos laas week gesê, is dit ʼn metafoor vir alles wat helend en verfrissend; skeppend en inspirerend; opbouend en lewegewend is. Eerskomende Sondag gaan ons gesels oor COMPASSION want dit is beslis een van die strome wat uit LIEFDE vloei. Dit is my beskeie mening dat liefde en compassion is nie soseer ʼn reg nie maar eerder ʼn plig. Dit is nie ʼn luuksheid van wanneer en waar dit geleë is nie maar ʼn noodsaaklikheid vir die voortbestaan van die mensdom op hierdie planeet.
So paar maande gelede het ons gesels oor REBIRTH en dit herhaalde kere gesê dat een van die primêre kenmerke van REBIRTH is ʼn RECONNECT met waar en hoe ons compassion demonstreer en reflekteer. Dit was Albert Einstein wat gesê het — “A human being is a part of the whole called by us universe, a part limited in time and space. He experiences himself, his thoughts and feeling as something separated from the rest, a kind of optical delusion of his consciousness. This delusion is a kind of prison for us, restricting us to our personal desires and to affection for a few persons nearest to us. Our task must be to free ourselves from this prison by widening our circle of compassion to embrace all living creatures and the whole of nature in its beauty.”
In Spreuke 8:2-6 lees ons van Lady Wisdom as daar staan, “Op die hoogtes langs die pad, by die kruispaaie, gaan sy staan, langs die stadspoorte, by die ingange, skree sy dit uit: “Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense: Dié wat ervaring kortkom, kan verstandig word, dié wat dwaas optree, kan insig kry. Luister, want wat ek sê, is die moeite werd, elke woord van my is opreg.” wat ʼn herinnering is dat in elke oomblik van ons lewe en op elke kruispad van lewe het ons toegang tot die geskenk van wysheid wat dieper is as individuele consciousness, dieper is as ons rasionele aksies en reaksies, dieper as ons ego en dit lei ons op die weg na compassion.
Al ooit gewonder wat is die ooreenkoms tussen compass en compassion wat ʼn etimologiese stam deel? Die vroeë gebruik van die woord compass verwys natuurlik nie na die moderne kompas wat ons gebruik vir voetslaan of vliegtuie nie. Die woord verwys oorspronklik na ʼn wiskundige kompas wat daai instrument is wat ons op Laerskool gebruik het om die afstand tussen twee punte te meet en dan sirkels en/of ʼn boog te trek. Daardie wiskundige ‘kompas’ word gebruik om die verhouding tussen twee punte te bepaal. Die verbuiging van dié woord in compassion gaan daaroor om die verhouding tussen twee mense of een groep teenoor ʼn ander te eer en respekteer terwyl ons hulle wat seer het en swaarkry, bemoedig en optel om weer ‘rigting’ te vind. Dit gaan oor die konneksie wat ons maak tussen die hart van my wese en die hart van joune en ons volg daardie konneksie soos ons ʼn kompas volg wat ons uit die mis op die berg vat na ʼn veilige bestemming. Met ʼn kompas vat ons hande ... met compassion vat ons harte.
Toe ek leer vlieg het, was daar nie enige GPS beskikbaar wat jy teen die ruit kom vassuig om jou van een plek na ʼn ander te vat nie. Ons was 100% afhanklik van instrument navigasie om jou bestemming te bereik. Vlieëniers uit daardie era sal jou vertel, dit het moed gevat om êrens verder as jou lughawe te vlieg, wat nog te sê dwars oor die land, om nie te praat van êrens in Afrika nie. Baie ure wat ek 3000 meter bo seevlak gevlieg het, het donderwolke my baie naby aan die hemel en die broos vliegtuig my baie naby aan die grond laat gevoel maar ek moes leer om my kompas te vertrou. Dieselfde moed en dapperheid word gevra vir compassion ... want compassion gee jou die moed om te sien, die moed om te voel, en die moed om iets te doen. Hierdie drie aspekte van compassion gaan ons Sondag verken want Lady Wisdom leer ons ook dat ‘an awareness of compassion’ is die moed om verantwoordelikheid te aanvaar vir die nood van ander en om dit met moed en dapperheid te sien as ʼn blessing omrede compassion ons red van eng en selfsugtige self-belang.
Die ‘Liefde van God’ waarvan niks en niemand ons kan skei nie kom net tot vergestalting deur compassion en compassion vra om dapper genoeg te wees om dit te waag om elke dag nuut met ʼn glimlag van dankbaarheid te begin. Waar dit donker is, waag dit om die eerste een te wees wat die lig laat skyn. Waar daar onregverdigheid is, waag dit om die eerste een te wees wat dit uitwys. Wanneer iets onmoontlik lyk, waag dit om dit in elk geval te doen. As die lewe jou platslaan, waag dit om weer en weer op te staan. Waar dit lyk of daar geen hoop is nie, waag dit om hoop te vind. As ons moeg en oorlaai voel, waag dit om aan en uit te hou. Waar dit voel of jy wil opgee, waag dit om weer te probeer. As jy sien iemand het seer, waag dit om die wond te heel. Waar jy sien iemand is verdwaal en verlore, waag dit om vir hulle die pad te wys. As iemand gaan lê het, waag dit om hom/haar aan die hand te vat en op te tel. Waar jy teleurgestel en kwaad gemaak word, waag dit om te vergewe. As jy goed voel, waag dit om iemand anders goed te laat voel oor hulle dag. Aan die einde van die dag, waag dit om te voel jy het jou beste gegee. (geparafraseer uit Steve Maraboli se boek, Life, the Truth, and Being Free) en dan sluit hy af met, “How would your life be different if you stopped making negative judgmental assumptions about people you encounter? Let today be the day you look for the good in everyone you meet and respect their journey.”
Ons breek Sondag saam die brood en deel die wyn as ʼn Celebration of Compassion — soos Sheila Cussons dit mooi stel, “waar brood en speeksel meng, maak U verbasend sin.” Waar ons met blymoedigheid gee en met dankbaarheid ontvang, is waardering ʼn seëning wat almal deel.
>>> ACIM Kolping: almal wat deel was van die jaar word Donderdag genooi vir ʼn oopgesprek oor ‘A Course in Miracles’ om die inhoud, vorm, en formaat te bespreek vir ons laaste blok asook volgende jaar. Woon dit groot asseblief by!
Besoek ons webblad www.neo-spektrum.com waar jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder TEMA ARGIEF. Daar is ook ʼn kaart hoe om by ons uit te kom: Kolping Sentrum, Biccard Straat, Durbanville.
Gedagte vir die Week
“There is no exercise better for the heart than reaching down and lifting people up.” ― John Holmes