16 November 2014

Hierdie week se liturgie: 16_november_2014

SPIRITUALITEIT KONFERENSIE: Eerskomende Saterdag 15 November van 9h00 tot 13h00 bied ons ʼn konferensie aan onder die tema: Spiritualiteit in Praktyk en saam met sprekers soos Prof Lina Spies, Dr Lynette Steele, en Luthando Prinsloo gaan ons verskillende aspekte van Spiritualiteit verken. Daar is nog ʼn paar sitplekke oop — bespreek asseblief so gou as moontlik by my.

Dié maand se onderwerpe sluit aan by die tema van die konferensie naamlik — Spiritualiteit as ‘A WAY OF LIFE’ — en komende Sondag gaan ons stilstaan by DIE SPIRITUALITEIT VAN INTERPERSOONLIKE VERHOUDINGE. Nêrens anders manifesteer en demonstreer ons ons spiritualiteit op ʼn meer sig- en erkenbare wyse as binne ons interpersoonlike verhoudinge nie. Om daaroor na te dink en ʼn gesprek oor te hê, moet ons vir ʼn oomblik stilstaan by die aangrypende boek van Thomas Merton, Contemplative Prayer, waarin hy die aksent plaas op drie aspekte van Spiritualiteit in Praktyk —

Die eerste een beskryf hy as, “What is deepest in us is like a pure diamond blazing with the invisible light of heaven. In spiritual practice we return to this deepest centre. This allows us to find our true meaning, not from the outside but from the inside.”
Die tweede een noem hy, “Spiritual practice is about remembering the diamond essence is everywhere and everything. There is in all visible things an invincible fecundity, an inexhaustible sweetness that flows to us from the unseen roots of all created being. The glory that we access at the heart of our own being is at the heart of all being.”
Die laaste een is, “Spiritual practice focuses on accessing the diamond essence of our own being in order to be strong for the work of transformation in the world.” Dit impliseer die sterf van die ego — hetsy individuele ego of die kollektiewe ego van 'n nasie, religieuse groepe, of 'n spesie. Dis waarna Jesus verwys in Johannes 12:24 – “Dít verseker Ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in.”

Hoe raak dit ons interpersoonlike verhoudinge in die algemeen en ons verhouding/huwelik met ons man/vrou spesifiek? In November/Desember van elke jaar sê duisende couples “JA!” vir mekaar met ʼn belofte van liefde, aanvaarding, respek, lojaliteit en blessing! Nieteenstaande die beste intensies is dit gewoon ʼn feit dat slegs 3 uit 10 huwelike in ʼn gesonde ‘verhouding’ met mekaar is waarvan die res óf skei óf in huwelik van bitterheid en disfunksionaliteit is. Êrens is iets GROOT fout! In Amerika is daar die Gottman Institute wat vir die laaste 40 jaar intense navorsing doen oor WAT dit is wat verhoudinge/huwelike suksesvol maak en HOE doen couples dit. Interessant sê hul jongste verslag die volgende — “Science says lasting relationships come down to — you guessed it — kindness and generosity” en gaan dan verder deur te sê, “Couples can be divided into two major groups: the masters and the disasters. The masters were still happily together after six years. The disasters had either broken up or were chronically unhappy in their marriages.”

Kom ons bring Thomas Merton se ‘diamant idee’ en die Spiritualiteit van Verhoudinge bymekaar. Daar is geen onsekerheid dat ons God sien as LIEFDE en dat ons die Goddelike ervaar in ons LIEFHÊ. Die slotsom is dat enige gesprek oor Spiritualiteit gaan oor die essensie van LIEFDE/LIEFHÊ. Kom ons maak vir eens en vir altyd net hierdie waarheid in ons gedagtes vas — daar is nie iets soos ‘spesiale liefde’ of ‘ware liefde’ nie! Liefde is liefde is liefde en dit is oral en altyd teenoor almal presies net wat dit is naamlik LIEFDE. Daar is nie ʼn ander soort liefde vir jou kind as vir jou vrou nie, net so min as die liefde vir jou ewemens nie ʼn ander soort liefde is as liefde vir jouself nie [en met ‘liefde vir jouself’ praat ek nie van ʼn egosentriese eiewaan ten koste van ander nie want dis geen liefde nie]. Ja, natuurlik demonstreer ek my liefde teenoor my kind op ʼn ander manier as die liefde tussen man en vrou maar dit is steeds dieselfde LIEFDE.

A Course in Miracles wys ons daarop dat dit in alle omstandighede en situasies is daar een van twee emosies – dit is óf liefde, óf die afwesigheid van liefde. In die afwesigheid van liefde is dit altyd vrees wat gedy. Die teenoorgestelde van liefde is dus, VREES. Woede, haat, jaloesie, afguns, manipulasie ensovoorts is altyd gebore uit VREES. Die woorde van 1 Johannes 4:18-21 lê ʼn groot waarheid in ons hart, “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.”

As dit gaan oor kindness & generosity dan is dit duidelik dat beide ʼn KEUSE is want in enige verhouding het ons ʼn keuse of ons ‘na mekaar’ of ‘weg van mekaar’ gaan draai. Vriendelikheid en welwillendheid (kindness) is die gom wat enige verhouding aan mekaar weef. Selfs in ander navorsing as die Gottman Instituut is dit oor en oor bewys dat kindness (saam met emosionele stabiliteit) die mees belangrikste faktor is vir ʼn stabiele verhouding. Welwillendheid maak dat ons voel daar word omgegee, daar word verstaan, en daar is erkenning wat ons beskryf as LIEFDE. Dis waar na Shakespeare se Juliet verwys as sy sê — “My bounty is as boundless as the sea, my love as deep; the more I give to thee, the more I have, for both are infinite.”

Dis tyd om verby ʼn Hollywoodiaanse manier te beweeg van hoe ons na ons verhoudinge in die algemeen en intieme verhoudinge spesifiek kyk. Dit vra ʼn bereidwilligheid, openheid, leerproses van groei, oorgee, vergiffenis, begrip, aanvaarding, om te gee (give) en om te gee (care) en te leer ontvang, om te laat gaan wat non-sense is, eenheid, humor, heling, en die begeerte vir waarheid, respek, vertroue en commitment. Goeie intensies gaan jou net so ver vat — êrens moet ons dit omsit in praktyk. ʼn Gesonde, gebalanseerde Spiritualiteit (i.e sinvolle, relevante verhouding met God) is die fondasie van elke verhouding wat beteken dat kindness & generosity is nie iets wat jy hét of níe het nie – maar eerder soos die spiere in jou liggaam is wat ʼn mens oefen om dit sterker te maak. Sonder dissipline en toewyding verswak die spiere.

Ons kan Sondag na ʼn hele paar ‘diamante’ kyk wat ons aan ons ringvinger dra ... (1) blydskap, vreugde, waardering is die bestanddele vir die pand (2) kommunikasie uit die hart en minder reaksies met die brein is die ontwerp van waar die diamante pas (3) kindness & generosity is die kloutjies (gom) wat die diamant moet vashou (4) jy kan kry wat jy wil hê mits jy wil hê wat jy het, is die politoer wat dit laat skitter en (5) dan dra ons dit aan die hand wat vashou aan die Groter Liefde van die God van Liefde.

Kom ons maak Sondag die Kapel vol van harte wat opnuut onsself toewy aan die Spiritualiteit van LIEFHÊ — vir die wat Saterdag kom saam luister en gesels, kan dit dalk een van die mees verrykendste naweke in jou lewe wees as ons twee dae van die jaar opsy sit vir die ‘Diamond essence of the Soul’

>>> ACIM Kolping: Ons lees hierdie maand Chapter 11 – GOD OR THE EGO — p193 in die hardeband boek.

Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting

Gedagte vir die Week:
“When someone loves you, the way they say your name is different. You just know that your name is safe in their mouth.” ― Billy, age 5.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights