7 Desember 2014

Hierdie week se liturgie: 30_november_2014

Elke Desember het ons ons EMMER-projek en wat dit behels is dat jy vir ons Sondae ʼn emmer, boks, sak vol benodighede bring wat ons versprei na HUIS JABES (http://www.sostrust.co.za/ — a safe haven for abused women and children). Dit is deel van Neo-Spektrum as NPO se uitreik-aksie om ʼn tasbare verskil te maak aan mense se lewe. Wat hulle graag met dankbaarheid sal wil ontvang is die volgende >> enige kos van watter aard ook al veral iets soos post toasties, pro-nutro, en ietsie luuks soos lekkertjies vir die kinders >> iets soos body wash, shampoo, lyfroom en toiletries >> dan is daar ook skoolgaande kinders en skryfbehoeftes vir volgende jaar sal ook die las verlig >> verder kan jy jou diskresie gebruik wat jy in jou emmer/boks wil sit. Hulle het net die laaste twee weke 5 nuwe inwoners ingekry en oor Desember sal dit seker toeneem daarom hardloop ons projek die hele Desember en jy kan elke Sondag jou bydrae kom afgee insluitende ons Kersdiens 25 Desember.

In die gees van Kersfees gaan ons dié maand gesels oor GESKENKE VIR KERSFEES en eerskomende Sondag praat ons oor Priceless Gifts for Christmas’ — die hele idee agter geskenke is/was nog altyd dat ʼn mens iets van jouself sal gee soos Kahlil Gibran ook sê, “You give but little when you give of your possessions.  It is when you give of yourself that you truly give.” Dit gaan inderdaad oor — not so much the gift of the lover as the love of the giver. Met ander woorde — HOE ons gee, is belangriker as WAT ons gee.

Uiteraard is die feesseisoen ook ʼn tyd van vakansie en tyd spandeer met vriende en familie. ʼn Tyd van bederf en dinge doen waarvoor daar nie altyd tyd is deur die loop van die jaar nie. Dit is tog die seisoen van omgee (compassion) en welwillendheid (kindness); sagmoedigheid (gentleness) en ʼn ekstra bietjie geduld (patience) — alles geskenke wat ons gerus kan onthou hierdie Kersfees.

Elke Kersfees word dit al hoe minder en minder moontlik om die betekenis van Kersfees te sien agter al die versierings en verstikkings van inkopiesentrums. Dit waaroor Kerstyd werklik gaan, naamlik die herinnering van God wat in en deur die Seun van die Mens ʼn geskenk word aan en vir mense. Dis op die agtergrond geskuif ter wille van ‘consumerism & greed’ – en al wat oorgebly het van ʼn Rabbi Joshua van Nasaret is die kitch-krismis-optooisels met vader-kersfees op ʼn sneeu-slee en bome met watte om kapok voor te stel in die middel van Desember in somer Suid Afrika. Ek het nog altyd gewonder hoe Vader Kersfees daai DKW-slee van hom deur die Karoo sleep. Dit maak my hartseer.

Kom ons doen dit dié jaar anders! Miskien soos Dr. Seuss dit bedink het, “Then the Grinch thought of something he hadn't before! What if Christmas, he thought, doesn't come from a store. What if Christmas ... perhaps ... means a little bit more! Of miskien kan ons weer ʼn waardering kry waaroor dit werklik gaan en dan maak ons die lint los om dié geskenk in ons hart te hou, elke dag van die jaar. Gee hierdie jaar iets anders en maak dit persoonlik. Dit hoef nie eers geld te kos nie ... byvoorbeeld --

    • Maak ʼn fotoalbum van alles en almal wat die jaar oor jou pad gekom het. Plak dit in ʼn boek en skryf iets kort oor elkeen. As jy ʼn ietsie wil spandeer kan jy professioneel laat druk. Daar is baie ONLINE webblaaie waar jy dit bymekaar kan sit en op ʼn memstick na ʼn drukker neem.

 

    • Deel jou gunsteling staproete. Jy kan dit op ʼn kaart doen van ʼn park, pub crawl, of ʼn wie-wat-waar deur die stad. Merk al jou gunsteling plekke en wat ʼn móét sien of doen is. Teken silly prentjies langsaan en sluit miskien ʼn gift voucher in vir een spesifieke plek.

 

    • Skryf jou eie resepteboek. Deel jou gunsteling geregte en ook hier kan jy miskien een of twee bestanddele insluit in jou pakkie.

 

    • Gaan plant vir iemand ʼn paar blomme in hul tuin of maak ʼn venster-blommeboks. As iemand ʼn mooi tuin het, kan jy dalk ʼn boom plant wat dit oor ʼn paar jaar of twee die skaduwee sal gooi vir ʼn tafel tydens Kersfees.

 

  • Skryf ʼn storie. Veral as jou kinders of kleinkinders nog klein is, kan jy ʼn heerlike storie opmaak wat miskien iets van jou eie lewe vertel of dalk net iets mooi met ʼn lewensles.

 

  • Maak ʼn boks van mooi boeke wat jy op jou rak het en wat net stof vergaar en gaan gee dit af by ʼn ouetehuis of by ʼn kinderhuis as dit kinderboeke is. Bied sommer aan om ʼn uur of twee dit uit te deel en met die nuwe lesers te deel waarom die boeke vir jou spesiaal is.
  • Gee van jou tyd. Familie kuiers hoef nie net om tafels of voor TV skerms of op die strand te wees nie. Spandeer ʼn dag met een van jou kinders en die volgende dag ʼn ander. Maak moeite; luister na hul stories; doen iets spesiaal. Vat jou moeder vir ʼn dag êrens heen en jou vader die volgende dag. Doen iets wat vir hulle vreugde verskaf al is dit nie noodwendig iets wat jy sou gedoen het nie.

As Kersfees nie vanuit die hart kom nie, gaan ons dit nie onder ʼn boom kry nie. Ek verlang na die dae toe ons vir mekaar gesê het, “Geseënde Kersfees!” en dit van harte bedoel het as ʼn herinnering van die seëninge wat ons van God ontvang. Ek mis my kleintydonthou toe Kersfees nog gevier is as die inhoud en bedoeling van wat dit beteken om ʼn Christen te wees. Vandag is ons verleë oor wat van ons kersliedere geword het nadat supermark luidsprekers daarmee klaar is ... en verander ons die onderwerp as daar gevra word of ons nog in die Kersverhaal glo. Nee, dit gaan nie oor ʼn debat of dit ʼn maagdelike geboorte was of nie. Nog minder of sterre in die hemel beweeg en gaan stilstaan bo ʼn stal van ʼn herberg nie. Dit gaan oor die herdenking van ‘an extraordinary man’ se geboorte wat nie net vir die mense van sy geslag nie maar die ganse mensdom daarna die gesig van God kom wys het op so unieke wyse dat dit ons kalender verander het. Dit gaan immers oor ʼn “an amazing, surprising” gebeurtenis toe God op ʼn buitengewone manier ‘mens’ geword het sodat ons in die herdenking van ons menslikheid weer sal onthou dat ons (as beeld van God) gemaak is van God.

As daar een geskenk is wat ek graag vir myself sal wil toedraai om dit elke dag voor en na Kersfees met elkeen te deel dan is dit die woorde van Kolossense 3:12-14 soos die Engels dit mooi vertaal, “So, as those who have been chosen of God, holy and beloved, put on a heart of compassion, kindness, humility, gentleness and patience; bearing with one another, and forgiving each other, whoever has a complaint against anyone; just as the Lord forgave you, so also should you. Beyond all these things put on love, which is the perfect bond of unity.” 

Kom ons maak hierdie Kersfees ons harte oop en nie net ons geskenke nie. Al het hierdie Kersfees net in één doel geslaag en dit is om ons te herinner dat daar een dag in die jaar is waar ons nie aan onsself dink nie dan sal dit ʼn mooi Kersfees wees. Kom ons maak elke Sondag ʼn “Celebration of Gifts” en ons bring ons vriende en familie saam wat by ons kuier en deel ons klein Kapel se Kersseisoen met almal vir wie ons lief is.

Besoek ons webblad www.neo-spektrum.com waar jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder TEMA ARGIEF. Daar is ook ʼn kaart hoe om by ons uit te kom: Kolping Sentrum, Biccard Straat, Durbanville.

Gedagte vir die Week:
“Christmas is not a date. It is a state of mind.” ― Mary Ellen Chase 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights