Hoe God na ons Kyk

22 Julie 2020

“U het my gevorm,
my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is.
Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,
hoe magtig hulle almal!
As ek hulle sou wou opnoem –
hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is,
sou ek nog steeds met U te doen hê.”

— Psalm 139:13-18

Is jy geesdriftig oor jou lewe, of voel jy dat jy net bestaan? Het jy selfvertroue om te hengel vir ʼn avontuur, of dryf jy maar net saam met die stroom? Is die dae van betekenis en sinvolheid steeds meer as die dae van vertwyfeling en angstigheid?

Miskien was daar ʼn tyd in jou lewe wat jy opgewonde was oor die lewe in al sy skakerings, maar nou het daardie entoesiasme gekwyn tot net ʼn vae herinnering en vra jy jouself: Wat het met my gebeur? Waarom is ek so apaties teenoor die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek?

Baie mense het al vir my gesê — As ek om my na die toestand van die wêreld kyk, is daar min om oor opgewonde of entoesiasties te raak!

Vir baie het die leivore van hul lewe ʼn loopgraaf geword, die altaar van hul drome ʼn puinhoop ... en het iemand net eenkeer te veel jou sandkastele stukkend geskop met die vermaning om tog realisties en bedag te wees op die beperkinge van menswees.

Vele mense voel hul loopbaan is ʼn geut in ʼn ander man se dak. Self drink hul nie van die water nie en is net daar om seker te maak die reën vul sy bakke. Sommiges voel hul huwelik het sy vlam verloor en leef ons as twee vreemdelinge onder dieselfde dak.

Daar is baie redes wat veroorsaak dat mense voel hulle is vasgevang, ontnugter, en ontmoedig. Daar is dikwels omstandighede waarom mense hul entoesiasme en hoop, vreugde en ‘sense of purpose’ verloor. Ja, dit is waar vir almal ongeag of jy ʼn gelowige is of nie — en om uit te sien na die hiernamaals (ʼn erediens wat vir ʼn ewigheid lank duur) is net eenvoudig nie rede, of verskoning, genoeg om hande in die lug te gooi met, “Dis my lewe, dis my lot!” nie.

Het jy al ooit vir jouself gevra: “Well, how does God see me?”

Het jy al ooit gewonder wat sou in jou lewe verander as jy weet: God kyk na my met liefde en aanvaarding, met deernis en vergiffenis, met seëninge en vreugde, met eindelose potensiaal en moontlikhede wat elke dag op ʼn duisend plekke in ʼn duisend maniere in jou lewe manifesteer.

Die lewe gaan oor veel meer as net ons survival instinct ... alles wat gebeur op ʼn individuele, maar ook kollektiewe ervaring, dien ʼn groter doel en dat dit soms veel groter is as wat ons ooit sal besef. Elke ervaring bring ʼn geskenk, ʼn geleentheid om te groei. Dit beteken nie dat ons pynloos sonder wonde deur die lewe gaan seil nie, maar wel dat ons die insig (waarheid) en uitsig (wysheid) sal ontwikkel om ons vrees te vervang met liefde, ons konflik met vrede, ons verwydering met versoening.

As die Psalmis sê, “You wove me in my mother’s womb. I am made with reverence and wonder. And my soul knows it very well.” — dan sê dit tog iets van ons Goddelike potensiaal om óók na die wêreld te kyk met liefde, compassion, kindness, grace, and blessings!

As hy skryf, “Your eyes have seen my unformed substance; and in Your book were all written” dan is tog nie ʼn fisiese boek met hoofstukke nie, maar ʼn manier om te sê dat God is teenwoordig in al ons seisoene en dat my teleurstellings en mislukkings, my vrese en twyfel, is nie vir God onbekend nie — my verdwaal en vergeet maak nie God minder omgee en liefhê nie, inteendeel — “When I awake, I am still with You,” sluit die Psalmskrywer af.

Vandag se gebed vra:

  • Not what could I have, but what could I become
  • Not what do You want from me, but what do You want to do through me
  • Not what are my failures and regrets, but what are my potential and possibilities
  • Not what are my abilities, but what is my availability to make a difference
  • Not what will tomorrow bring, but what will embrace today

Dit lyk na ʼn handvol broodjies om ons vandag te voed en ons harte oop te maak vir ʼn nuwe geleentheid om weer ons waarde en betekenis in die gewonigheid van elke dag te vind.

Wens vir jou ʼn allermooiste dag
... en onthou: impossible is impossible
Met liefde

 

  • Ons het weer begin met ons Sondae-byeenkomste. Dit is wonderlik om mekaar te sien en vir ʼn uur weer saam stil te word onder ons blou kruis en kerse. Ter wille van al die reëls en regulasies om almal se gesondheid te verseker vra ons jou om te bespreek by Ronel — 083.631.14.68 — op so manier het ons kontrole oor ons getalle en kan Kolping die nodige doen om seker te maak alles voldoen aan die vereistes.
  • JA! Ons gaan voort met ons Sondae se YouTube-video’s! Gaan kyk gerus na ons vorige 24 episodes - https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw/videos

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Continuous effort,
not strength or intelligence
is the key to unlocking our potential.”

― Winston Churchill 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Sondae eredienste om 10 vm in die Kapel van Kolping.
Kontak Ronel (083.631.14.68) vir meer inligting en om te bespreek ter wille van die nasionale reëls en regulasies.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights