Isolasie en Transformasie X

17 Junie 2020

“When joy is a habit, love is a reflex.”
— Bob Goff —

‘Joy’ and ‘happiness’ are not the same thing ... dit kan gelyktydig plaasvind, maar is nie dieselfde ding nie. Die een kom van binne en die ander een van buite. ‘Happiness’ hang af van ons omstandighede en word gelaai deur die goed wat ons ervaar. ‘Happiness’ is ʼn emosie met ʼn oorsaak en ʼn gevolg, en is die gevolg van sekere aksies en reaksies. ‘Joy’ daarenteen is ʼn gevoel waar vreugde die oorsaak is van vreugde en vreugde is die gevolg van vreugde. ʼn Mens kan in ʼn seisoen wees van hartseer en spanning, onsekerheid en ongelukkigheid en steeds die gevoel van JOY ervaar.

Dink aan die baie bekende woorde van Habakuk (3:17-18) —

Al sou die vyeboom nie bot nie
en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,
al sou die olyfoes misluk
en die lande geen oes lewer nie,
al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie
en die beeskrale sonder beeste wees,
nogtans sal ek in die Here jubel,
sal ek juig in God, my Redder.

ʼn Mens sou kon sê, happiness is iets wat jy met die brein doen en joy is iets wat jy met jou hart doen. O, ons almal kan ʼn lang lys van goed skryf wat ons happy maak, maar hoe lyk die lys van joy as alles op die happy-list wegval? Ons glo dat as ons ʼn ander werk het, in ʼn beter huis woon, die regte vrou trou, genoeg geld maak, dán sal ons gelukkig wees. So jaag ons happiness ons hele lewe lank en as ons die een het, wil ons die ander hê ... as ons hier is, wil ons daar wees ... want happiness is êrens anders. JOY hang nie af van ons omstandighede nie. JOY kom nie met voorwaardes en verwagtinge nie. JOY is the journey and not a distant goal.

Kahlil Gibran skryf in sy bekende “The Prophet” die volgende oor ‘JOY and Sorrow’ —

Your joy is your sorrow unmasked.
And the self-same well from which your laughter rises was oftentimes filled with your tears.
And how else can it be?
The deeper that sorrow carves into your being, the more joy you can contain.
Is not the cup that holds your wine the very cup that was burned in the potter's oven?
And is not the lute that soothes your spirit, the very wood that was hollowed with knives?
When you are joyous, look deep into your heart and you shall find it is only that which has given you sorrow that is giving you joy.
When you are sorrowful look again in your heart, and you shall see that in truth you are weeping for that which has been your delight.

Dit lyk met ander woorde of ons vreugde en blydskap ten nouste geweef is in ons hartseer en verdriet. Jy sou kon vra — hoe is dit moontlik? Is dit so dat ons net die diepte van ons vreugde ken uit die diepte van ons verdriet, en dat ons die volheid van ons blydskap net ervaar uit die oorloop van ons hartseer? Weet nie van jou nie, maar in my lewe is dit verseker waar.

Hoe ouer ek word, hoe nader lê my trane en my lag aan mekaar. Hoe gryser om die ore, hoe meer is ek bewus dat die fluit wat gekerf is uit die riet, is die fluit waarmee ek vir die volmaan sing. Hoe meer littekens op my lyf, hoe dieper die bewussyn van die beker in my hand was vir ure in die bakkersoond.

Rumi skryf êrens, “Hartseer vee die huis skoon sodat daar weer plek is vir blydskap ... verdriet skud die boom sodat die blare afval om plek te maak vir nuwe blare.” Dit is ʼn beeld waarmee ek kan vereenselwig.

Miskien maak die nuutste iPhone en Nike sneakers jou happy, ek twyfel of enige een van die twee ooit vir jou JOY sal bring. Trouens, ek is eintlik 100% seker daarvan. Nou is die vraag: HOE? Hoe kry ek hierdie vreugde, blymoedigheid, en welbehae terug in my lewe as ek voel ek loop leeg of dat my fokus meer op HAPPY as op JOY is ...?

Soos al dikwels gesê in ons eposse en in ons Sirkel — only gratitude will bring/give you JOY!

It is not joy that makes us grateful. It is gratitude that makes us joyful.

Hier is ʼn kort lysie van die goed wat my laat sing: Jesus, JOY of my desire ...”
ʼn Nuwe boek of musiek of ʼn goeie movie; volmaan en sonsopkoms; berge en golwe; om te voel ek het iemand gehelp; ʼn goeie nagrus; die woorde: “Ek is lief vir jou”; om van tyd tot tyd spring-cleaning te doen; om my kind te hoor lag; om te dagdroom; in groot handdoeke ná ʼn stort op my bed en dan in my dagboek skryf; heerlike kos wat vir my voorgesit word; daardie eerste teug van my gunstelingwyn; om iemand te verras met ʼn bederf; die reuk van reën; en daardie oomblik na elke “Amen” van my gebed.

Wat is jóú lysie ...?
Gaan dink daaroor.

Soos altyd
Met liefde

YouTube-video's: As jy nog nie weet nie, ek en my seun maak weekliks 'n video met woorde van Hoop en Bemoediging vir hierdie tyd waarin ons mekaar nie Sondae by ons Sirkel kan sien nie. Daar is reeds 19 video's op YouTube waarna jy kan gaan luister. Deel dit gerus met vriende en familie.
https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“There are those who give with joy,
and that joy is their reward.”

― Khalil Gibran 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Alle Neo-Spektrum byeenkomste
is opgeskort tot tyd en wyl
dit veilig is vir almal se gesondheid

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights