Isolasie en Transformasie III

29 April 2020

“Shallow men believe
in luck or in circumstance.
Strong men believe
in cause and effect.”

— Ralph Waldo Emerson —

Soos dae in nagte oplos en een dag in die ander verdamp en die kop nie meer weet wat om met die stiltes te maak nie, breek ons vrae weer deur die oppervlakte. Miskien was ons vroeër nie lus om hieroor te dink nie, want die vrae is ongemaklik óf die antwoorde wat gegee word, maak eenvoudig nie sin nie. Nou dat ons hele lewe ontwrig is, en die onsekerheid aan ons gemoed knaag, en ons niks anders as tyd het nie is daar ʼn dringendheid om sin te probeer maak van dit alles.

Die laaste week word ek oorval deur boodskappe wat vra: waar is God in dit alles; is dit ons straf omdat ons onverantwoordelik is met die natuur; wat van onskuldige mense wat sterf; hoe gaan God my help as ek my besigheid verloor?

Ander vrae is meer algemeen: waarom is daar ‘evil’ mense as God almagtig is; is God in die hemel én die hel in sy alomteenwoordigheid; hou God letterlik boek van die kwaad in sy alwetendheid?

Laat my begin deur (weereens) te sê, ek kom nie met een of ander nuwe waarheid nie. Die antwoorde wat ek vir myself uitgeklaar het, kom vanuit my eie verstaan en ervaring met God. Dit is nie ‘regte’ antwoorde nie en as jy van my verskil, maak dit nie een van ons goed en die ander sleg nie. Ek gee vir jou bloot my perspektief en miskien antwoord dit een of twee vrae wat jy het.

My wêreld is die wêreld van die Spirituele Psigoterapie — dit gaan van die voorveronderstelling uit dat, every problem we experience is a spiritual problem and every solution to the problem is a spiritual solution. Begrippe soos: liefde, vergiffenis, kindness, grace, compassion, and gratitude, is spirituele begrippe. Die ego reageer hierop deur die bril van ons godsdienstige sisteme, ons sosio-ekonomiese strukture, ons agtergrond, opvoeding, en sosiale kringe. Met ander woorde — ons het ʼn sekere sielservaring wat ʼn bepaalde betekenis het vir elkeen van ons ... en die ego reageer daarop met gedagtes en emosies.

Wanneer ek verwys na ‘spiritual problem and spiritual solution’ praat ek van ons REAKSIES. As ek siek word, of iemand ry in my kar vas, of ek verloor my werk, of ek gaan deur ʼn egskeiding sal my reaksie daarop bepaal of die emosionele pyn my gaan oorweldig of nie.

My totale verstaan en ervaar van God het radikaal geskuif die laaste dekade. Ek sien nie God as daar nie, maar hier. God is nie buite nie, maar binne. Al wat ek moet doen is om oor te gee (surrender) sodat God deur mý voete, hande, oë, ore, mond, gedagtes, hart en siel kan breek.

In die wêreld van Spirituele Psigoterapie weet ons dat dat ‘evil’ is nie iets van buite nie, maar van binne. Mense wat ‘evil’ goed doen, is patologies siek en daardie siekte moet as siekte behandel word — sulke mense moet uit die samelewing verwyder word om êrens in veiligheid versorging en behandeling te ontvang.

Interessant beteken die Grieks woord ‘poniros’ wat met ‘evil’ vertaal word: heavy burdened ... waarna Jesus se gebed verwys as hy bid, “verlos ons van die bose” dan vertaal dit letterlik: verlos ons van dit waaraan ons só swaar dra — en waaraan dra ek en jy die swaarste? Al ons skuldgevoelens — die emosies (reaksies) van nie goed genoeg nie, teleurstelling en mislukking.

Die woord ‘satan’ in die Hebreeus beteken letterlik: die aanklaer. Wie is my grootste aanklaer? My EGO! Die duiwel sit tussen ons ore. Die duiwel (ego) is die een wat skree: jy is sleg; skaam jou; jy gaan gestraf raak; jy beter bang wees! Die ego is daardie spatsel in die brein wat vir jou gil: “I AM EVERYTHING, kneel in front of me!” Die duiwel (ego) is die gedagtes wat ons van God vervreem ... wat maak dat ons perspektief verloor ... wat maak dat ons ons doel mis. [NB: Don't confuse conscience with being accused.]

Gepraat van ‘doel mis’ — die Griekse woord ‘hamartia’ wat met ‘sonde’ vertaal word, is ʼn term uit die boogskiet-wêreld en beteken letterlik: om jou doel te mis. Die begrip ‘sonde’ is waarna die Spirituele Psigoterapie verwys as: dysfunctional behaviour.

HEMEL is waar ons in murg en been weet (deep knowing), waar ons God ken en ervaar in ons volkome eenheid met God en daarom met mekaar. HEL is om dit te vergeet — wie ek is, waar ek vandaan kom, waarheen ek op pad is, wat is sinvol, wat het betekenis, wat is my waarde, waar maak ons die wêreld heel.

Mense dink KARMA beteken een of ander kosmiese straf of afrekening, en God is die een wat oor KARMA (punishment-and-reward) besluit. Vir my is KARMA die planmatigheid waarvolgens die ganse heelal werk naamlik: oorsaak en gevolg ... aksie en reaksie. Dit is waar van die atome en molekules in my liggaam ÉN van die sonnestelsels. Voorbeeld: as ek in die gat val dan is dit nie omdat ek ʼn slegte persoon is wat verdien om seer te kry nie, maar omdat ek nie kyk waar ek loop nie, want dit is donker of ek is dronk.

Waarom sou God (the benevolent consciousness of everything that is, the essence of everything that exists, the gravity between what is true and constant, the presence of LIFE in and through everything) skielik as dit kom by rampe en tragedies ʼn ander plan hê ... of het God ook ʼn ego wat straf as hy nie sy sin kry nie en beloon as ons doen wat hy wil hê? Só god is ʼn karikatuur van my projeksies. Dit is nie hoe ek God verstaan of ervaar nie.

So min as wat ons vandag weet van die coronavirus, het ek geen twyfel dat oor ʼn jaar of twee sal die wetenskaplikes vir ons met 100% sekerheid die oorsaak en gevolg van dié virus kan verduidelik. God stuur nie virusse uit die niet nie. Die duiwel (ego!) wil iemand die skuld gee en as dit nie God is nie, dan is dit jy, en as dit nie jý is nie dan moet dit ek wees omdat ek sleg is en dit verdien. Klink vir my na meer bygeloof as geloof. Meer twyfel as hoop. Meer vrees as liefde!

Kom ons word stil. Kom ons luister meer as wat ons praat. Kom ons vra vir God hoe ons hiermee moet omgaan. Kom ons reageer nie met ego-denke nie, maar vanuit ons siel-denke as ʼn refleksie van God en nie ʼn projeksie van al my vrese, agterdog, en selfgeregtigheid nie. Hoor die Stem van God wat jou elke dag uit die ‘hel’ roep met die gerusstelling, “Dit is nie jou plek nie, kom terug hemel toe.”

Miskien bring dit vir jou ʼn oomblik van onthou wat God sien as God na jou kyk.
Soos altyd

 

Naskrif: Ek en my seun het reeds 11 video's op ons YouTube kanaal gelaai met boodskappe van hoop en bemoediging in hierdie buitengewone tyd. As jy op die skakel druk, sal jy sien wat ons tot nou toe opgeneem het. Deel dit gerus met vriende en familie en onthou om te SUBSCRIBE om sodoende op hoogte te bly van elke episode: https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Our job is to grow more flowers,
more smiles and more beauty on the earth.
Once effect is created, cause will follow,”

― Amit Ray (paraphrased) 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Alle Neo-Spektrum byeenkomste is opgeskort tot tyd en wyl dit veilig is vir almal se gesondheid.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights