“Pain that is not transformed
will always be transmitted.”
— Fr Richard Rohr —
Ons is blare van dieselfde boom! Meer as ooit is hierdie stelling waar ... hierdie pandemie het alle mense bymekaar gebring onder dieselfde Boom van Lewe: maak nie saak wat jou agtergrond of kultuur, jou ras of geslag, ryk of arm, gelowige of ateïs nie. Ek het beslis nog nooit, en twyfel of ek ooit weer so ʼn ‘brotherhood of man’ sal ervaar nie. Met die uitsondering van ʼn paar, is niemand lus vir boelies se bravade, grootbek politici, silly stupid fights, of 'n gekerm oor onbenullighede nie. Ons is blare van dieselfde boom, en op die oomblik is die mensdom ʼn blaar wat sy boom verloor het.
Ons het reeds drie episodes gemaak met kort videos van inspirasie waar ek probeer om ʼn perspektief te plaas oor wat dié tyd van isolasie beteken en hoe ons daarmee kan omgaan. Gaan kyk gerus daarna — gee dit ʼn LIKE (thumbs up) en deel dit met vriende en familie, en onthou om te SUBSCRIBE op ons Neo-Spektrum-kanaal op YouTube hier.
Ek lees hierdie mooi storie wat my aan die dink gesit het oor ʼn tyd waar ons nodig het om ons ‘pyn’ (siekte, vrees, onsekerheid) te transformeer na insig (waarheid) en uitsig (wysheid) —
“Wat beteken die woord, Spiritualiteit ...?” Baie mense dink dit is iets anders as ons geloof, iets buite ons teologie en ervaring met God. Dit is nie, want ons word gebore met Spiritualiteit — of jy dit erken of nie, dit is so deel van jou as jou asem. Spiritualiteit is soos gravitasie ... jy kan dit ontken, maar dit verander nie die feit dat dit jou voete op Aarde hou nie. Spiritualiteit is KONNEKSIE. Ons spiritualiteit is ʼn wisselwerking tussen ons en alles en almal om ons. Dit is die verbinding wat ons het met die natuur om ons, met ons ewemens, maar bowenal is spiritualiteit ons deurleefde konneksie met God.
Spiritualiteit is die Naelstring tussen alles wat lewe, en ons ervaar hierdie spiritualiteit as ons getrou is aan onsself sodat ons ʼn refleksie kan wees van God. Spirituality is found in our authenticity. Vir die meeste mense in hul holderstebolder lewe, is hul spirituele in- en uitasem iets wat gereserveer is vir Sondae en ʼn uur in ʼn kerk, tempel, of katedraal. Vir ander is spiritualiteit iets wat afgestof word as ons nood het, of as ons nêrens anders het om heen te gaan nie. Ons besef nie, soos reeds gesê, dat spiritualiteit is ʼn WAY OF LIFE ... dit is in ons slaap en wakker, in ons werk en ontspan, in ons kos voorberei en aansit vir eet, dit is in ons liefde deel en liefde maak, en dit is in ons verhouding met ons familie, maar ook met ʼn vreemdeling.
Concepts like: compassion, kindness, love, vulnerability, empathy, are all spiritual principles.
Om te praat oor liefde is ʼn gesprek oor die taal van die hart (i.e. spiritualiteit). Om te praat oor weerloosheid en vergiffenis is ʼn spirituele gesprek.
Ek dank God vir ʼn tyd van afsondering om weer hierdie waardes en deugde te kweek, koester en te kultiveer. Ek dank God vir hierdie tyd van isolasie, want dit bring stilte en slegs as ons gaan stil word, sal ons weer die Stem van God hoor. Wat is daardie Stem? Dit is ʼn Stem wat sê, jy is nooit alleen nie; dat God wil hê dit moet met jou goed gaan en waar ons bekommerd en onseker is, is daardie Stem ʼn woord van ondersteuning en bemoediging.
Gérard Rudolf het ʼn wonderlike Facebook-groep begin met die naam 21 for 21 waar hy 21 gedigte lees vir die 21 dae van isolasie. ʼn Paar dae terug plaas hy hierdie gedig waarmee ek vandag afsluit. Dit is ʼn gedig van Naomi Shihab Nye getiteld: ‘Kindness’
Before you know what kindness really is
you must lose things,
feel the future dissolve in a moment
like salt in a weakened broth.
What you held in your hand,
what you counted and carefully saved,
all this must go so you know
how desolate the landscape can be
between the regions of kindness.
How you ride and ride
thinking the bus will never stop,
the passengers eating maize and chicken
will stare out the window forever.
Before you learn the tender gravity of kindness
you must travel where the Indian in a white poncho
lies dead by the side of the road.
You must see how this could be you,
how he too was someone
who journeyed through the night with plans
and the simple breath that kept him alive.
Before you know kindness as the deepest thing inside,
you must know sorrow as the other deepest thing.
You must wake up with sorrow.
You must speak to it till your voice
catches the thread of all sorrows
and you see the size of the cloth.
Then it is only kindness that makes sense anymore,
only kindness that ties your shoes
and sends you out into the day to gaze at bread,
only kindness that raises its head
from the crowd of the world to say
It is I you have been looking for,
and then goes with you everywhere
like a shadow or a friend.
►O◄
Wees veilig en bly gesond.
Met liefde Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
NASKRIF: ♥ Indien jy nie iemand het om vir jou die noodsaaklike te gaan kry nie, kontak ons asseblief en ons sal ʼn plan maak om kos of medisyne by jou uit te kry.
.
“Transformation isn’t sweet and bright.
It’s a dark and murky, painful pushing.
An unravelling of the untruths
you’ve carried in your body.
A practice in facing your own created demons.
A complete uprooting, before becoming.”
― Victoria Erickson ―
.
Alle Neo-Spektrum byeenkomste
is opgeskort tot tyd en wyl
dit veilig is vir almal se gesondheid.
Soek jy leesstof vir hierdie tyd van Stilte? Hier is 'n paar boeke wat ek aanbeveel: neospektrum.co.za/boeklys/