Woorde van Hoop en Bemoediging — Nuus en Inligting

27 Maart 2020

... en toe word ons stad en ons land stil,
toe ek vanoggend op my stoep in Tamboerskloof staan, kon ek sweer ek hoor 'n hond in Vredehoek blaf.

Kom ons beskou die volgende 21 dae as 'n tyd van konneksie — eerstens met onsself deur tyd te maak sodat kop, lyf, en siel weer by mekaar uitkom; tweedens met ons familie en vriende deur belangstellend kontak te maak en te hou met almal, veral hulle wat alleen is in hierdie tyd; en derdens ook 'n sinvolle konneksie met God deur (weer) tyd te maak vir Stiltetyd. Kom ons sien hierdie tyd van afsondering as 'n geleentheid om te groei, 'n tyd om die sin van onsin te skei, 'n tyd om onsself te vra wat is regtig belangrik in die lewe.

In die afwesigheid van al ons byeenkomste het ons besluit om kontak te hou met ons Neo-Spektrum sirkel via YouTube-boodskappe van hoop en bemoediging. My eerste video is hier:

Gee dit 'n duime-op, en deel dit met vriende en familie!

Ons nuutste Sirkelflitse is ook beskikbaar met sommer baie nuus oor wat in en om Neo-Spektrum plaasvind. Gaan lees gerus hier: https://neospektrum.co.za/sirkelflitse

Baie mense is ontsteld en gespanne oor die weermag se teenwoordigheid in ons strate. Ons Staatspresident het 'n roerende mooi boodskap gelewer aan ons manne en vroue in uniform, wat gerusstellend is en gemoedsrus bring. Hier is 'n opsomming van wat hy gesê het:

  • “You are not only the defenders of our democracy but also the defenders of the health of our nation.”
  • “Our people will be looking to you not as a force of might but as a force of kindness. You will give them assurance.”
  • “Execute your task with great respect for our people.”
  • “This was a difficult decision to come to but a decision that needed to be made to save the lives of our people."
  • “You are not going into hostile territory. As you go out you are going to find people who are in full support of what you are doing.”
  • “When people are fearful give them assurance.”
  • “Our task is to save lives, to minimise the infection rate. As you stand here you are the restorers of life. Make sure that we save lives!.”

Ons wil jou ook herinner dat jy vir ons 'n bydrae kan maak in hierdie tyd wat alle byeenkomste opgeskort is. Jy kan dit doen per EFT in die volgende rekening, of onderaan dié webblad is ons SnapScan sticker as jy dit op so 'n manier wil doen.

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4083481065

Vir elke bydrae sê ons BAIE DANKIE.
Indien jy nie self by winkels kan uitkom vir kos of medisyne nie, kontak ons asseblief want ons het mense wat dit by jou kan besorg. Moenie huiwer om op ons knoppie te druk nie. 

Wees veilig en bly gesond!
Met liefde en waardering

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights