Sondagdiens
5 Januarie 2020

Hierdie week se liturgie: 5 Januarie 2020
... 2020 — !! ʼn Nuwe jaar, ʼn nuwe dekade, met 366 dae van ʼn skrikkeljaar ... mag dit in alle opsigte ʼn geseënde jaar wees met gesondheid en gemoedsrus, geïnspireer en geliefd in elke aksie en reaksie!
Elke nuwe jaar bring allerlei voornemens van goed wat ons dié jaar gaan verander. Ons weet dit hou nie tot Februarie nie, maar probeer gaan ons probeer. Hoog op die lys is — gewig verloor, oefen, geld spaar, reis ... terwyl die lys van alles wat ons NIE wil doen/herhaal nie veel langer is.
Op iemand se Facebook lees ek hierdie lys van tien goed wat ʼn verskil sal maak aan ons elke dag:
… one hour sunshine
… two litres water
… three cups of tea
… four colours on the plate
… five songs that motivates you
… six minutes of laughter
… seven minutes of meditation/prayer
… eight hours sleep
… nine pages of a book
… ten reasons to be thankful
DÍT lyk vir my na ʼn sinvolle nuwejaarsvoorneme as elke dag begin met ʼn uur sonskyn en eindig met 10 redes om dankbaar te wees. Kom ons vleg Januarie se tema met ons voornemens, wense, drome, gebede, en hoop as ons gaan gesels oor — KEUSES en BESLUITE.
Die belofte van Jesaja is ʼn uitnodiging om ons jaar te begin op ʼn spirituele fondasie — “Forget the former things; do not dwell on the past. See, I am doing a new thing! Now it springs up; do you not perceive it? I am making a way in the wilderness and streams in the wasteland.” (Jesaja 43:18-19)
Die vraag is: hoe stap ons hierdie pad in die wildernis, en hoe vind ons die strome in die woestyn? Die tweede vraag is: hoe gaan ons dié jaar beweeg — from ‘consumption’ to ‘compassion’ ... from ‘bitter’ to ‘better’; from a ‘worrier’ to a ‘warrior’, from ‘striving’ to ‘thriving’?
Hier is VYF beginsels waarmee ons 2020 kan begin:
- Dit is my beskeie mening dat ons moet begin met ʼn skuif van ego-denke na siel-denke. Wat beteken dit? Ons het ʼn oordrewe sin van ekkigheid ... waar my wêreld draai om mý behoeftes, mý verwagtinge, mý vereistes. Dit word aangevuur deur ons onsekerheid, agterdog, en obsessies oor wat ander mense van jou dink en sê asof ons ons lewe leef vir ander mense wat dan ook maklik is om te blameer as ek nie my sin kry nie. In siel-denke is daar ʼn gesindheid van gee en omgee, luister en verstaan, empatie en liefdesdiens.
- “Do you want to be happy, or do you want to be right?” vra ACIM. Dis verstommend hoeveel energie verspil word in ʼn poging om die hele tyd ‘reg’ te moet wees. Dis eers wanneer ons bereid is om te (h)erken wanneer ons verkeerd is, of nie weet nie, dat ons begin om iets te leer. Niemand is die eienaar van die waarheid nie, en nie alle waarheid is tot jou voordeel nie. Laat jou siel-denke jou lei om die verskil te ken tussen vreugde en geluk, blydskap en plesier.
- Die EGO is ʼn bobaas manipuleerder van emosies (reaksies) en die beste manier om dit te doen is om jou te oortuig dat jy nie-genoeg-is-nie ... en ons koop lock, stock, and barrel (of is dit ‘battle’) daarin. Hoeveel keer ʼn dag flits daar gedagtes van not-enough deur die brein. Nie dun genoeg nie, nie mooi genoeg, nie slim genoeg, nie ryk genoeg, nie goed genoeg nie. “Lack implies that you would be better off in a state somehow different from the one you are in.” vermaan ACIM. Laat jou siel-denke jou vat na ʼn plek waar jy jouself sien soos God na jou kyk. Waar ons ʼn refleksie word van God se gelykenis in volkome liefde vir myself en my ewemens. ʼn Liefde wat oorloop, oorvol, oorgenoeg is.
- Nog ʼn ego-slaggat is om ons gevang te hou in die illusie van gister waar ons ons home-movie van wat in die verlede gebeur het oor en oor en oor en óór in ons kop afspeel met die hoop dat dit môre ʼn ander einde sal hê. Krampagtig hou ons vas aan ons wonde, die teleurstellings, die hoop op wat ons gehad het dat alles okay sal wees. Dit was Mandela wat gesê het, “I never fail ... I succeed or I learn!” Leer uit jou foute. Vergewe jouself en die reaksies (emosies) oor als wat gebeur het en vra die Heilige Gees om jou te lei na groen weivelde en waters van rus, na ʼn plek waar jou beker oorloop van goedheid.
- Die grootste vrees by die mens, is die vrees vir verwerping. Die ego se venynige verwyte sal seker maak dat jy en ek die hele tyd onder die juk van vrees leef. Ons sal letterlik enige iets doen vir ander se goedkeuring en toestemming ... onsself verloën en ons waardes prysgee. Hoe dikwels spandeer ons geld om goed te koop wat ons nie kan bekostig nie sodat ons mense, van wie ons nie hou nie, kan beïndruk? Ons vergeet dat die afwesigheid van liefde, is vrees. Jaloesie is vrees. Afguns is vrees. Woede is vrees. Haat is vrees. Laat jou ego-denke jou lei na die fontein van onthou: “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.” (1 Johannes 4:18)
Our lives are shaped by the actions that we take.
Kom ons maak ʼn daadwerklike poging om in 2020 daai klein spikkel in jou brein wat vir jou vertel 'dit' is jou ALTYD in ALLES met ALMAL op sy/haar plek te sit en die ego te sien vir wat dit is — ʼn grootbek naprater wat met absoluut niks oorspronklik vorendag kan kom nie. Kom ons gaan na die plek van SIEL-DENKE en vind daar ons Stem, ons Lied, ons Muse en Bron van Inspirasie om hierdie jaar anders te dink, anders op te tree, en anders te reageer.
Then this will truly be a wonderful year!
Met liefde en seënwense
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Die HERE sal jou seën en jou behoed;
die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn
en jou genadig wees;
die HERE sal sy aangesig oor jou verhef
en aan jou sy vrede gee.
― Hoëpriestergebed (Numeri 6:24-26) ―
.
A COURSE IN MIRACLES
Ons hervat weer in 2020 ná skoolvakansie
Ons lees volgende jaar Brené Brown se boek
'Rising Strong'
[Koop solank die boek]