1 Maart 2015

Ons MovieClub het gisteraand ons eerste film saam gaan kyk. Doen jouself ʼn guns en gaan kyk BIRDMAN ... en sien hoekom dit die Oscar gewen het vir beste film, beste regisseur, draaiboek, en kinematografie ... die byna onmoontlike lang kamera-skote wat jou vat in die doolhof van ʼn  teater (die lewe). Dit is gelaai met soveel lae dat eers as die toneel verby is, besef jy wat jy nou net gesien het. Die gevoel waarmee ek huis toe te gery het na die tyd was die herinnering wat film (én teater) móét en kán wees! As Michael Keaton ‘The Dark Knight of Gotham City’ was in die 90s is hy beslis ‘The Dark Knight of the Soul’ in 2015.
Die film wentel tussen ego en alter-ego — voices in the mind and whispers from the heart, confronting your demons and taming your dragons ... spieëls, waarin akteurs hul maskers opsit, word die metafoor van self-ontdek en self-erkenning waarin ons moet leer om die maskers af te haal. Kom ons gesels eerkomende Sondag oor die tema: OM DIE PERSOON IN DIE SPIEËL IN DIE OË TE KYK! Soos Rudyard Kipling dit mooi beskryf --

          When you get what you want in this struggle for self,

          and the world makes you king for a day,

          then go to the mirror and look at yourself

          and see what the man has to say,

          for it isn’t your father, your mother, or wife,

          whose judgement of you – you must pass,

          the fellow whose verdict counts most in your life

          is the guy staring back in the glass.
My huis in Tamboerskloof raak soms doodstil. Jy hoor geen motor of stadsgedruis. Die selfopgelegde stilte is ook my fokus vir Lent om opnuut te fokus op die lewensvrae van, wie is ek; waar kom ek vandaan; waarheen is ek op pad; hoe kom ʼn mens daar; en as jy ‘daar’ is hoe weet jy dit is ‘hier’? Daar is ook iets helend, terapeuties om met stilte te kan omgaan. Mens word weer bewus van die klein dingetjies in jou lewe wat betekenis het. Op die oomblik is daar ʼn vlaag miere in my huis. ʼn Paar keer die laaste week sit ek ʼn rytjie krummels en ʼn druppel kondensmelk en voor jy kan sê “We want banana!” is daar ʼn kolonie miere wat help wegdra.
In my verwondering voel ek weer soos ʼn klein seuntjie wat miere tel, opsoek na die groot geheimenis van wat miere vir mekaar vertel as hul met ʼn broodkrummel op die rug by mekaar verbystap. Hoe ons skulpies optel, onbewus van die groot misterie in die Oseaan. Hoe ons soms vergeet dat ons op die skouers van reuse staan, drake kan tem om met hulle oor wolke te vlieg en onbevrees voor ʼn brom-brom beer kan staan en hom om ons pinkie draai met bessies en heuning. Toe ek jonger was het my pa my baie keer gemaan dat hy nie omgee as ek ʼn rebel is nie, solank ek net nie ʼn fanatic word nie. ʼn Fanatic is iemand wat nie sy opinies kan/wil/sal verander nie. “a Fanatic is a fool!” sê my pa altyd. Onthou ek weer die woorde van Paulus aan die gemeente in Korinte, “Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind. Maar noudat ek ’n man is, is ek klaar met die dinge van ’n kind. Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.” (1 Korintiërs 13:11-12)
In die kleedkamer van Riggan (in die film, BIRDMAN) is daar ʼn klein nota in die hoek van die spieël wat sê, A thing is a thing, not what is said of that thing — ʼn herinnering om verby die beeld in die “dowwe spieël” te kyk, om perspektief te kry oor alles wat ons betekenis gee, om goed in konteks te sien, om onsself “ten volle te ken soos God my ten volle ken.” Verseker is dit nie vir eendag in die toekoms of nog erger, vir ʼn hiernamaals nie. Dit is vandag, nou, hier, in die nou! Ons verloor te gou perspektief in die doolhof van ons eie teater (side shows), ons vergeet wie ons is en raak verstrengel in ons gedagtes, ons gee moed op as die stilte ons oorweldig omrede ons in die spieël kyk en sien wat ons NIE-is-NIE in plaas van om te sien wie/wat ons is en kan wees. In plaas van ʼn spieël wat sê, “I am not what I have done, I’m what I have become!” sien ons net — te lank, te kort, te dun, te dik, te plooi, te moeg. Ons mis perspektief (insig) en verloor konteks (uitsig). Drie mense is besig om te bou toe iemand verbystap en vra, “Wat doen julle?” Die eerste een sê, “Ek is ʼn bouer, dit is wat ek doen.” Die tweede een antwoord, “Ek verdien my brood en botter” toe die derde een antwoord, “Ek bou ʼn katedraal.”
Volwassenheid (“noudat ek ʼn man is”) beteken om in enige gegewe oomblik, ongeag my omstandighede, ʼn perspektief te hê oor die konteks van my lewe. Onvolwassenheid maak dat ons perspektief verloor. Wanneer ons in harmonie en balans is met die gesig in die spieël sien ons onsself in konteks ... die verhouding met myself, my ewemens, my lief, my Here en my God. Die teleurstellings en seer en kwaad oor gister verdamp in die oeroue belydenis, “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” (Habakuk 3:17-18) Dít is perspektief. ʼn Goddelike perspektief.

Aan die einde van BIRDMAN wou ek opstaan en uitroep, “Encore! Encore!” vir die skrefie lig wat ons oë verhelder in die retoriese vraag van die film, “What do we talk about when we talk about love?” — want liefde, liefde is om te vlieg, om vry te wees van vrees vir val, om te vlieg met vlerke van versoening, om vere van vergiffenis te deel aan ander se veroordeling. Kom deel eerskomende Sondag in ons gesprek oor Spieëls, Refleksies, Aanvaarding as ons mekaar herinner: “Geloof, hoop, en liefde, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!”

NEO-SPEKTRUM CELEBRATION: 28 Februarie – Diemersdal vanaf 18h30 — R100 pp ... bespreek ASAP by norma.moller@telkomsa.net of diane@siriti.co.za 

NEO-SPEKTRUM BOEKGROEP: Maandag 2 Maart 18h30 by Edward en Chrisna, Columbinestraat 24 Durbanville. Johan Greef gesels oor die boek: ‘CARE OF THE SOUL’ deur Thomas Moore 

ACIM: 5 Maart: Kolping Groep om 19h00 en 9 MaartStadsgroep om 19h30 — ons lees: Chapter 13: The Guiltless World p236 Hardebankboek.

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting

Gedagte vir die Week:
“Surround yourself with the dreamers and the doers, the believers and thinkers, but most of all, surround yourself with those who see the greatness within you, even when you don’t see it yourself.” ― Edmund Lee

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights