22 Maart 2015

Om ʼn week siek te wees en in die bed te spandeer, was nou nie eintlik my plan vir my eerste ‘af’-naweek in ses maande nie. Gelukkig was daar ʼn stukkie hemel op Postberg met sy asemrowende natuurskoon en blou seewater wat die siel se dors les en brood vir die gedagtes is, omring deur die vreugde, versorging en omgee van mense wat mekaar innig liefhet. Terug Sondagaand by die huis is ek reguit bed toe. Langs my bed is ʼn lampie wat al sedert universiteit saam my kom. Sy lig was oor die jare keer op keer my vertroosting, my bemoediging, en die lig wat die sterretjies teen die dak laat gloei tot lank na ek aan die slaap geraak het ... a kind of radiant babysitter on its own ... vir Bere wat hulself bejammer as hul siek voel 😉
Langs dié lampie word daar dankie gesê, gelees, geskryf, gebid, geverlang, gesing, geroep, gesien, gevra, en gedroom. Skryf ek gisteraand in my dagboek ʼn ode aan die lampie en noem dit: Your light is my little spoon! Besef ek opnuut hoe ons soms onsself gevange hou in die donker doolhowe van gedagtes en emosies, tot ons die skakelaar aansit en VOILÀ! daar is weer lig! Skielik sien mens en omdat ons sien, wéét ons en as ons weet, verstaan ons en waar ons verstaan, herken/erken/ken ons. Baie keer sal ek ʼn boek lees en dan iets onderstreep (of dit inkleur op Kindle) en by myself dink, “What a profound truth!” maar die gevolgtrekking waartoe ek gekom het, is nie die ‘waarheid’ wat ons lees nie maar die lig (waarheid) wat dit in ons ontsluit.
Elke aand sterf ons ʼn bietjie aan nog ʼn dag wat verby is ... en teen sonop word ons weergebore om die lig te reflekteer en te manifesteer. Sluit ons elke aangebed af met “DANKIE!” en is die eerste woord nadat ons wakker word, “DANKIE!” Sonder om oordrewe vroom te klink, is daar tog ʼn oomblik waar ons bewus word van die Groter Lig wat in en deur ons vloei as ons die woorde van Johannes 1:4-5 onthou, “In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie uitgedoof nie” — hoe is dit moontlik dat ons ten spyte van duisende engele se herinneringe steeds nie die omvang van lig, lewe, liefde begryp nie? Sonder lig is daar geen lewe nie en sonder liefde ewemin. Miskien is ons net eenvoudig te bang vir die Lig van Realiteit (met ʼn hoofletter R) en so mis ons die geleentheid om vandag ʼn prisma te wees van die ewige Lig.
Ons gesels hierdie maand oor INTELLEKTUELE, EMOSIONELE, SPIRITUELE VERANDERING — kom ons gesels eerskomende Sondag oor die metafoor van LIG en hoe dit help om verandering teweeg te bring. Hoe verdoof mens lig, hoe maak mens liefde minder? Dit is tog ʼn gigantiese illusie. Ons gaan gesels oor CHOICE, CHANCE, CHANGE. Die wonderlike skrywer, Terry Pratchett is laas week oorlede. Hy het êrens geskryf, “Light thinks it travels faster than anything but it is wrong. No matter how fast light travels, it finds the darkness has always got there first, and is waiting for it.” Dit is as ʼn mens glo dat duisternis is ʼn ‘iets’ en dat donkerte ʼn soort van krag/mag het op sy eie. Duisternis bestaan nie. Duisternis is die afwesigheid van lig en ʼn mens moet jouself totaal toeboks om in ʼn plek te wees waar jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie. Op die sendingstasie waar ek grootgeword het, was ek altyd gefassineer deur die x-straal kamer omdat dit só donker daar was tot ʼn radiografis eendag vir my verduidelik het dat die donkerte ʼn voorwaarde is vir x-strale om te ontwikkel. Soms het mens die donkerte nodig om te sien hoe lyk jou prentjie en daai kiekie kan net geïnterpreteer word as jy dit teen die LIG hou.
Miskien is my ‘roeping’ daar gebore om die res van my lewe te spandeer om vir mense te vertel van die LIG. Om die lig te wees waar mense in donkerte verdwaal en vergeet het en die skakelaar aan te sit. Miskien ook omdat ek “the dark night of the soul” so goed ken. Soms hardloop ons weg van onsself omrede daar net te veel glasstukke op die vloer lê van wat ONS gebreek het. Dan kom iemand en vee daai glasstukke weg. Ons hoef nie meer weg te hardloop nie, ons kan bly en om te bly beteken ‘ek kan met/by myself wees’ en dit is die oomblik waar liefde ons raakloop. Wees die een wat jou glasstukke opvee. Jy verloor nie jouself deur selfloos te wees nie, jy vind jou Self.
“What happens to the drop of wine that you pour into the sea? Does it remain itself, unchanged? It is as if it never existed. So it is with the soul: Love drinks it in, it is united with Truth, its old nature fades away, it is no longer master of itself. The soul wills and yet does not will: its will belongs to Another.” (Jacopone da Todi: The God-Madness) Vir my berus hierdie beginsel ten diepste in my geloof en hoop en liefhê van God — “For with You is the fountain of life; in your light we see light.” (Psalm 36:9)
Verandering is ʼn keuse! — Van een ding kan jy seker wees, die reis van intellektuele, emosionele, spirituele verandering is nie maklik nie. Die oomblik as ons kies om in die LIG te wandel, gaan jou pad jou na plekke vat waar jy altyd wil wees nie. Maar dít kan ek jou wel belowe, waar ons die kans vat om in die lig, verlig, te dans sal ons die getuienis (refleksies) wees van LIEFDE wat deur en in en om ons dans — a vision of immense beautySoos Johannes 8:12 ons belowe — “I am the light of the world. Whoever follows me will never walk in darkness, but will have the light of life.” 
Ek lees die artikel van Bel Ralstonon raak op die Internet onder die opskrif: THREE STEPS TO PROFOUND HEALING en hierdie drie stappe gaan ons Sondag in detail verken om die Lig toe te laat om dit wat ons ervaar as ‘probleme’, ‘teleurstellings’, ‘spanning’, ‘onsekerheid’, en ‘hartseer’, vere te gee vir verandering. Die eerste punt wat hy maak is [1] Take responsibility for it — waar ons ook al in die verlede gedink het dit is iemand anders se skuld, aanvaar dit is jóú probleem en net jy is veranderwoordelik om dit te verander. Ons kan nie ander mense verander nie maar ons kan verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie verandering. Min mense maak dit verby die eerste punt want dit vra nederigheid, integriteit en moed. [2] Find the cause of the problem — dink aan ʼn boom ... die boonste blare en takke is die kop (thoughts, beliefs, ideas); die stam van die boom is die hart (emosies en gevoelens); die wortels is ons ‘survival instinct’ (spanning, vrees, woede, veg/vlug) en dan [3] Heal the cause — om verantwoordelikheid te vat is moeilik, om die oorsaak te vind, is ʼn bietjie tricky maar die heling is verbasend maklik. Onthou net, die oorsaak van die probleem is ʼn blokkasie in die onderbewussyn en om dit heel te maak moet ons dit bring na die bewustelike (from subconscious to conscious) want die blokkasie is soos ʼn skaduwee en die enigste manier om ʼn skaduwee te laat verdwyn is om lig op dit te strooi.
“Enlightenment means taking full responsibility for your life.” sê William Blake en moet ons onthou — “If you don't know what you want, you'll never find it. If you don't know what you deserve, you'll always settle for less. You will wander aimlessly, uncomfortably numb in your comfort zone, wondering how life has ended up here” skryf Rob Liano. Elke oggend kom die son op ongeag ons buie, geite, nukke, tantrums, trots, en reaksies. Wat ons daarmee doen, is totaal in ons hande. Reis versigtig, saggies, met die aanvoeling (sense) van jou siel in die een hand en die bewus-wees (awareness) van jou hart in die ander. Word die lig vir die wêreld wat nie onder ʼn bed weggesteek word nie. Word die een wat in die donker sien, wat geleer het om met jou hart te sien soos dit beeldskoon in die ‘Klein Prinsie’ verwoord word — “Here is my secret, a very simple secret: It is only with the heart that one can see rightly; what is essential is invisible to the eye.” 
LIEFDE, en ek is seker hiervan, is LIG! En LIG, hiervan is ek oortuig, is LIEFDE!

ACIM: 19 Maart: Kolping Groep om 19h00 –en 23 Maart: Stadsroep om 19h30 — ons lees: Chapter 13: The Guiltless World p236 Hardebankboek.

Besoek ons  Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651

Gedagte vir die Week:
“Light is an element that we carry inside us and which can grow there with as much abundance, variety, and intensity as it can outside of us … I could light myself … that is, I could create a light inside of me so alive, so large, and so near that my eyes, my physical eyes, or what remained of them, vibrated, almost to the point of hurting … God is there under a form that has the good luck to be neither religious, not intellectual, nor sentimental, but quite simply alive.” — Jacques Lusseyran

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights