26 April 2015

To say that we are living in changing times is to make the understatement of the day! Nêrens is dit meer sigbaar as in die Informasie Era waarin ons leef nie, trouens as die lugvaartkunde teen dieselfde spoed moes verander as Informasie Tegnologie sou ons Londen toe vlieg in 30 sekondes en die vlug sou 5c gekos het. Die spoed waarteen informasie vloei, danksy die Internet, is verbysterend en dit het ons manier van kommunikasie dramaties, ingrypend verander. Die beskikbaarheid van inligting is so ver as ons vingerpunte vanaf ʼn sleutelbord en om kontak te maak met iemand hang net af van hoe vinnig jy jou duime oor jou selfoonskerm kan beweeg.
Niemand hoef meer na ʼn biblioteek te gaan om inligting te kry nie, om die waarheid te sê, weet ek nie eers of ons kinders meer weet hoe lyk ʼn biblioteek aan die binnekant en of biblioteke nog oor ʼn dekade van nou af gaan bestaan nie. Ons bestel ons kos en klere ONLINE en betaal al ons rekeninge met die druk van ʼn knoppie. The mind-set has become, everything has to be done instantly, if not sooner! Daarom het ek twee weke terug die stelling gemaak dat die prys wat ons betaal vir instant gratification kan ons emosioneel, intellektueel, finansieel en spiritueel nie eers begin bereken nie. Alles moet onmiddellik gebeur en as iets nie kom met ʼn remote control nie, stel ons eenvoudig nie belang nie ... en as daar nie roltrappe en/of hysbakke is nie, gaan ons nêrens nie. Ongelukkig, met hartseer gevolge, het ons hierdie mentaliteit ook begin toepas in ons emosionele en spirituele verhoudings. Dinge moet nóú gebeur — geen tyd vir dink nie, ons het goed om te doen en plekke om na toe te gaan; ons sakke en tasse is gepak met emosies (aksies/reaksies) en daar is nie plek vir insig (wysheid) of uitsig (waarheid) nie ... en ‘stilte’ maak ons bang.
Begrippe soos geloof, hoop, liefde het so esoteries en wollerig geraak dat ons dit moet GOOGLE vir ʼn definisie want ons het geen idee wat dit beteken en geen clue wat die invloed daarvan is in ons lewe nie. Dit is, tot een of ander krisis (separationin ons lewe opduik. Hetsy die separation ʼn siekte is van jouself of iemand vir jy lief is; die vooruitsig om jou werk of inkomste te verloor; egskeiding of spanning in jou huwelik; die dood van iemand na aan jou ... dán moet geloof, hoop, liefde sin maak en help. Tot dan is ons kinders wat tantrums gooi as ons nie kry wat ons wil hê, wil hê, wil hê nie.
In die maand waarin ons gesels oor HOOP – as die brug tussen GELOOF en LIEFDE het ons laas Sondag gesels oor die ‘VALLEIE’ waarin en deur ons as mens gaan. Ter wille van die wat nie daar was nie, herhaal ek dit graag --

[1] Valleie is onvermydelik — valleie gebeur regdeur ons lewe, die een na die ander. Na elke bergtop is daar weer ʼn vallei. Ons het almal tye wat moeilik is met teleurstellings, ontnugtering en ontmoediging.
[2] Valleie is onvoorspelbaar — jy kan hulle nie beplan of skeduleer nie. Valleie is altyd onverwags, en gewoonlik wanneer jy dit die minste verwag en op die mees ongeleë tye. Dit sou fantasties wees as ons dit vooraf kon weet en self bepaal.
[3] Valleie is onpartydig — niemand is immuun daarteen nie. Niemand is vrygestel van pyn en hartseer, probleme, beproewinge, hinder- en nederlae nie. Dit beteken nie jy is ʼn slegte persoon nie ... it means you are human!
[4] Valleie is tydelik — dit is nie ʼn permanente bestemming nie. Dawid sê, “selfs al gaan ek deur die vallei ...” Die vallei is nie iets waarin jy die res van jou lewe spandeer nie, dit is iets waardeur jy gaan – dis tydelike omstandighede, ʼn situasie, ʼn seisoen. Soms voel dit ʼn valleie is ʼn doodloopstraat, maar dit is nie. Hulle kom nie in jou lewe om te bly nie, hulle kom en gaan verby.
[5] Valleie is lesse — daar is finansiële valleie, verhoudings valleie, emosionele valleie, spirituele valleie ... they are our greatest teachers. Hulle leer ons om Lewe in te asem en Liefde uit. Dit inspireer en motiveer ons hoop — die brug tussen pieke van geloof en liefde.
As ons DÍT verstaan, sal ons Efesiërs 4:14-15 ook verstaan, As a result, we are no longer to be children, tossed here and there by waves and carried about by every wind of change, by the trickery of men, by craftiness in deceitful scheming; but speaking the truth in love, we are to grow up in all aspects into Him who is the head, that is Christ.”
Ek het al dikwels gewonder hoe kon ek, “Ek is lief vir jou” verwar met “May I take your order?” en toelaat dat iemand anders my stroop van hoop. Waar het ons geleer om die stem van hoop op te gee net omdat goed nie maklik, gerieflik, geleë is of uitwerk soos ek dit graag sou wou hê nie? Die stem van hoop fluister altyd saggies en sypel in elke aspek van ons lewe mits ons ontvanklik is daarvoor en ontvanklikheid is die oop vensters en deure van ‘an awakened soul’ ...
... maar dan het ons ʼn serious 30cm skuif nodig van die kop na die hart want ons kan van hier na Amsterdam reis maar die pad van die hart na die siel is te vêr; ons blaker ons persoonlike lewe uit vir die hele wêreld om te sien op sosiale media maar is geen enkele oomblik bereid om ʼn getuie te wees vir God nie; ons WhatsApps is 1000 woorde maar ons gebed net 15; ons is bereid om ʼn tenk brandstof leeg te ry agter iets aan wat ons wil hê maar nie bereid om ʼn meter te sak tot op ons knieë nie.

Ons gaan eerskomende Sondag gesels oor HOOP – DIE ANKER VAN DIE SIEL en Bob Moorehead se THE PARADOX OF TIME want elke sin het die keuse tussen HOOP verloor, óf te vind — “The paradox of our times is that we have taller buildings, but shorter tempers; wider freeways, but narrower viewpoints. We spend more, but we have less. We have bigger houses, but smaller families. More conveniences, but less time. We have more degrees, but less sense. More knowledge, but less judgement. More experts, but more problems. More medicines, but less wellness. We have multiplied our possessions, but reduced our values. We talk too much, love too seldom, and hate too often. We have learnt how to make a living, but not a life. We have added years to life, but not life to years. We've been all the way to the moon and back, but have trouble crossing the street to meet the new neighbour. We have conquered outer space, but not inner space. We've cleaned up the air, but polluted our soul. We've split the atom, but not our prejudice. We've higher incomes, but lower morals. We've become long on quantity but short on quality. These are the times of tall men, and short character; steep profits, and shallow relationships. These are the times of world peace, but domestic warfare, More leisure, but less fun; more kinds of food, but less nutrition. These are the days of two incomes, but more divorces; Of fancier houses, but broken homes. It is a time when there is much in the show window, and nothing in the stockroom. A time when technology can bring this letter to you, and a time when you can choose, either to make a difference .... or just hit, delete.

ACIM: Kolping — 30 April 19h00 en Stad 4 Mei 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World p236 Section VI ‘Finding the Present’

Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts

Gedagte vir die Week:
“A man should hear a little music, read a little poetry, and see a fine picture every day of his life, in order that worldly cares may not obliterate the sense of the beautiful which God has implanted in the human soul.” ― Johann Wolfgang von Goethe

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights