Soos al dikwels gesê, is daar net één belangrike vraag in die lewe — WIE IS EK? In die antwoord op hierdie vraag lê die bedding van ons integriteit want integriteit vra of ons getrou is aan onself en integriteit beskerm hierdie (heilige) bedding. In die (h)erken en ken(nis) van hierdie bedding lê die vrugbare grond van wysheid. “Integrity is telling myself the truth. And honesty is telling the truth to other people.” ― Spencer Johnson
Ons gesels hierdie maand oor die tema, WYSHEID — eerskomende Sondag gaan ons praat oor INTEGRITEIT. Integriteit het te doen met ons waarheid en eerlikheid, beginsels en karakter, konsekwentheid en betroubaarheid, standvastigheid en getrouheid, regverdig en eerbaarheid. Mens sou al hierdie eienskappe kon knoop aan wysheid. In die 1990s het ʼn marknavorsingsmaatskappy in Amerika die top 100 maatskappye in Amerika se CEOs onder andere gevra wat is die sterkste en swakste eienskappe van ʼn goeie werknemer. Bo aan die lys was integriteit as sterkste, en oneerlikheid as die swakste. Mark Silbert wat die navorsing gelei het, het gesê, “If a company believes that an employee lacks integrity, all positive qualities ranging from skill and experience to productivity and intelligence, become meaningless.” As wysheid toegepaste kennis en ondervinding is, is dit seker ook die spirituele alchemie waarvan Christus ons leer as hy praat van liefde as die grootste gebod want wat is integriteit as dit nie die goue reël van “aan jou naaste soos aan jouself” (doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê) toepas nie?
Carla Jo Masterson verwys daarna deur te sê, “Love does not cost anything. Kind words and deeds do not cost anything. The real beauty of the world is equal for everyone to see. It was given by God equally to all, without restrictions. Everyone, was given a beautiful vehicle in which to express love to others. Feelings are free to express and give to ourselves and each other through our willingness to give and care. What is complicated about this... Why have we made others feel they have to climb mountains and swim oceans in order to make a difference. All we need to understand, is that human life was given equally to us all, not partially but in totality. The sun was given to all. It does not shine on the few. So, just has nature is indifferent to our station or situation, we need to know that we are all equal. We need to focus on the things that are constant and not place our values on things that can be blown away with the next, great, wind. Value life in whatever house it dwells. For when it comes time that we are all stripped to bare bones before the divine and facing eternity, we will understand that the only law we were meant to follow, was to love ourselves and each other. Nothing more...nothing less.”
Daphne Rose Kingma gaan dan verder en beskryf die verband tussen integriteit en wysheid (illumination) op ʼn treffend manier, “The potential for loss of soul, to one degree or another, is the affliction of a society that as a collective has lost its sense of the holy, of a culture that values everything else above the spiritual. We live in such a spiritually impoverished culture — and in such a time. Loss of soul, to one degree or another, is a constant teasing possibility. We are invited at every corner to hedge on the truth, indulge ourselves, act as if our words and actions have no ultimate consequence, make an absolute of the material world, and treat the spiritual world as if it were some kind of frothy, angelic fantasy. In such a world the soul struggles for survival; in such a world a man can lose his own soul and have the whole culture support him, and in such a world, conversely, the light of a single, great soul that lives in integrity can truly illumine the world.” Get rid of all the fluff, people. Get rid of all the hype – and get integrity.
Ons almal ken die sêding, as jy vir niks staan nie, val jy vir alles. Besluit waarvoor jy staan en staan daarvoor ten alle tye. DÍT is integriteit! Die wysheid van integriteit kom nie met kondisies en voorwaardes nie. Dit waai nie waar die wind waai en verander saam met die weer nie. Dit is ʼn refleksie van die beeld wat jy het van jouself en as jy in daardie spieël kyk en weet waarvoor jy staan dan sien ʼn mens wat is jou wortels, jou stam, jou takke, blare, vrugte en die kroon van jou bestaan. Integriteit is nie opsoek na beloning nie want dit is nie iets wat iemand vir jou kan gee of van jou kan wegneem nie. Die wysheid wat ons ontvang deur integriteit leer ons om dapper vrae te vra, braaf te wees in ons besluite, oordeelkundig en moedig in ons keuses.
Judaïsme kan in een woord saamgevat word, naamlik geregtigheid (righteousness) wat verklaar word met — to DO what you ought to do — en as iemand vir jou vra HOE? dan is die antwoord, deur opregtheid (integriteit) — to BE what you ought to be.
Dit is waarna Dawid verwys in 1 Kronieke 29:10-20 as hy ʼn lofprysing aan God uitroep oor die hele volk. Paulus verwys na integriteit as hy in Romeine 12:7-8 sê, “As [iemand die gawe ontvang het] om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.”
Die sirkel van integriteit is altyd – liefde, aanvaarding, respek, lojaliteit, en blessing. Integriteit sonder wysheid is swak en nutteloos en wysheid sonder integriteit is dom en gevaarlik. Weereens, wysheid het niks te doen met ouderdom of grade agter jou naam nie en nog minder met jou sosiale erkenning of lewenservaring. Wysheid vra, hoe pas ons dit toe, hoe gee ons dit betekenis, hoe help dit ons om te onderskei tussen sin en onsin, en hoe beïnvloed dit ons vermoë om ons common-sense te gebruik? Want karakter is die klere wat ons dra ... persoonlikheid is hoe ons dit dra ... en integriteit is wie ons is onder al ons klere.
In die verhaal van Josef en sy broers, Dawid aan sy seun, Paulus aan die gemeente in Rome gaan ons Sondag die invloed van integriteit op wysheid verken. Ons gaan gesels oor INTEGRITEIT wat ons (1) leer om getrou te wees en daarom vertrou te word; (2) lei om die gawe (deug) van onderskeidingsvermoë te hê; (3) leer wat beteken nederigheid; en (4) die krag en invloed van vergiffenis leer.
Integriteit is die keuse tussen wat is reg en wat is maklik. Integriteit leer ons ʼn diep, opregte omgee vir ander sonder om ʼn people pleaser te wees deur getrou te wees aan jouself. Om getrou te wees aan jouself beteken ook om nie te vergelyk of te kompeteer met ander nie. Doen die regte ding selfs al is die moeilik want mense mag dalk ʼn probleem hê met WAT jy doen en HOE jy dit doen, maar hul gaan nie ʼn probleem hê DAT jy dit doen nie. Die wêreld smag na mense met integriteit.
If not us, then who? If not now, then when?
ACIM: Kolping — 7 Mei 19h00. Stad 18 Mei 19h30 — Chapter 13: The Guiltless World — Section VII ‘Attainment of the Real World’ & Section VIII ‘From Perception to Knowledge’
Besoek ons Facebook https://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651?fref=ts
Gedagte vir die Week:
“There is always a storm. There is always rain. Some experience it. Some live through it. And others are made from it.” ― Shannon L. Alder