9 Augustus 2015

Goeiemore --

Die vorige keer wat ek ʼn Sondagdiens gemis het omrede ek ‘siek’ is, was 19 September 2010 – twee dae na ʼn hartaanval en ʼn omlyningsoperasie die Saterdag. Dis net nie in my aard om in die bed te bly en verantwoordelikhede te mis omrede mens siek voel nie ... miskien het dit juis ʼn probleem geword want so kry ʼn mens se liggaam nie kans om homself te genees nie en êrens moet iets breek. Jy kan jou voorstel hoe seer my hart was om ons Spiritualiteit Konferensie te mis want die hele jaar sien ek daarna uit en met soveel beplanning en bemarking wat gedoen is, was dit die laaste ding in my gedagtes gewees dat ek die dag in die bed sou spandeer en so ook Sondag se diens mis omrede my geneesheer, familie en vriende se oorwoë aanbeveling was dat ek asseblief nie sal opstaan uit die bed nie.

Dit is gesê, is ek bly om te hoor dat Saterdag ʼn reuse sukses was — dat die sprekers mekaar gekomplimenteer het met uitstekende onderwerpe wat relevant en betekenisvol is en dat almal daar weggestap het met ʼn knapsak vol padkos. Ons Spiritualiteit Konferensie is beslis ʼn jaarlikse instelling wat van krag tot krag sal groei. Dankie aan almal wat daar was en gehelp het met reëlings en op nommer 99 ingespring het om leiding te neem aan ons oggend se verrigtinge veral aan Desmond, baie dankie. Dankie ook aan Marita wat Sondag die diens gelei het en die krag van stilte en gebed op ʼn paslike manier oorgedra het.

Dit is ironies dat ek so 3 weke gelede vir Dr Rudi Labuschagne gevra het of hy nie asseblief eerskomende Sondag se diens vir ons sal lei nie omrede ek kon voel my lyf roep vir rus. Hy gaan steeds vir ons die diens lei Sondag en dit beloof om soos altyd ʼn bron van inspirasie te wees. Ek gaan die res van die week ‘afvat’ en die volgende paar dae gebruik om volkome te genees.

Bronnie Ware het ʼn boek geskryf oor ‘REGRETS’ wat terminale pasiënte het. Gelukkig het ek geen terminale siekte nie maar ek het wel gelê het dink oor die VYF goed wat sy noem as dinge waaroor ʼn mens, gewoonlik te laat, berou het en ek is vas van plan om iets hieromtrent te doen --

  1. I wish I’d had the courage to live true to myself, not the life other expected of me;
  2. I wish I hadn’t worked so hard ... there is nothing wrong with loving your work and wanting to apply yourself to it. But there is so much more to life. Balance is what is important, maintaining balance;
  3. I wish I’d had the courage to express my feelings;
  4. I wish I had stayed in touch with my friends;
  5. I wish that I had let myself be happier.

Het net weer die laaste paar dae besef hoe geseënd ek is om deel te wees van ʼn ‘gemeente’ waar mense innig vir mekaar omgee. Dankie vir al die boodskappe van goeie wense om gou gesond te word! Ek hoop dat ons Kapel eerskomende Sondag gevul sal wees met die Gees van mense wat in die Teenwoordigheid van God kom asemskep om op ʼn tasbaar manier ons liefde met mekaar te deel. Die naweek begin met ʼn ete vir die VROUE van MES-aksie wat ons aanbied om op konkrete manier ʼn verskil te maak in ander se lewe vir VROUEDAG. Dankie vir almal wat daarby betrokke is en mag Sondag dan ook ‘A Celebration of Thankfulness’ wees.

ʼn Geseënde week vir elkeen van julle.

ACIM: Kolping — 13 Augustus 19h00. Stad 10 Augustus 19h30 — Chapter 17: Forgiveness and the Holy Relationship, Section V ‘The Healed Relationship’ en verdere gedeeltes P362 Hardeband Boek

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“Life doesn’t owe us anything. We only owe ourselves, to make the most of the life we are living, of the time we have left, and to live in gratitude.” — Bronnie Ware 

 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights