23 Augustus 2015

Dit is moeilik om te glo dat ons 4 maande weg is van Kersfees ... mens wil vir jouself vra, “Hoe het dit gebeur, waar is die jaar heen?” Ons het ʼn goeie begrip oor die relatiwiteit van tyd maar goeie genugtig, kan dit net so klein bietjie stadiger as ons sing “hamba kahle” want met ʼn knipoog, een nies en ʼn hoes en 2015 is verby! Die Prediker skryf in hoofstuk 3 — “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek, ʼn tyd om ’n lewe te neem, ’n tyd om ’n lewe te red, ’n tyd om af te breek, ’n tyd om te bou, ʼn tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans, ʼn tyd om klippe weg te gooi, ’n tyd om hulle bymekaar te maak, ’n tyd om te omhels, ’n tyd om weg te bly van omhelsing af, ʼn tyd om aan te skaf, ’n tyd om te laat wegraak, ’n tyd om te spaar, ’n tyd om weg te gooi, ʼn tyd om te skeur, ’n tyd om toe te werk, ’n tyd om stil te bly, ’n tyd om te praat, ʼn tyd om lief te hê, ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog, ’n tyd vir vrede. Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Ek het tot die insig gekom dat wat God doen blywend is: jy kan daar niks byvoeg nie en jy kan daar niks van wegneem nie. God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê. Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.”

Kom ons gesels die laaste twee Sondae van Augustus oor ‘HEILIGHEID’ (Holiness) — wat dit beteken, waar ons dit kry, hoe ons dit uitleef ... of is dit ʼn argaïese woord uit ou kerktaal? In gesprekke met mense is dit duidelik dat ons geen idee het wat Heiligheid is of beteken nie. Ons het grootgeword in ʼn milieu waar heiligheid gemeet is aan uiterlike goed soos: mens moet respektabel geklee wees – geen kort broeke vir mans of langbroeke vir vroue nie; hare netjies geknip verkieslik ʼn ‘square cut’ vier vingers bo die kraag en twee vingers bo die ore; so min as moontlik of verkieslik geen grimering vir vroue en mans dra nie juwele nie behalwe ʼn trouring maar beslis nie ʼn oorbel nie. Tattoos was beslis ʼn teken van onheiligheid. TV en wêreld-se-films was taboe en dans was sonde saam met die lysie oor dobbel, drank, en rook. Seks voor of tussen huwelike was ʼn absolute onheiligheid wat niks anders as die toorn en straf van God verdien nie. Daarteenoor was ʼn voorbeeldige lewe ʼn teken van ‘heiligheid’ en met voorbeeldig is bedoel: jy behoort aan die ‘regte’ kerk; lees elke dag jou Bybel; dien op die kerkraad; gee Sondagskool en jou tiende en distansieer jou so ver as moontlik van mense wat bogenoemde onheilighede beoefen. ‘Heiligheid’ kon net gevind word as jy die reëls nakom en die diknekke sou seker maak dat daar dienooreenkomstig gehandel word met mense wat die reëls breek. Op so manier het ons dikwels ‘onheilig’ opgetree en mense verder van God en kerk vervreem.

Heiligheid, in ʼn Bybelse konteks, gaan gepaard met VERSOENING (atonement) waar die Heiligheid van God die krag word wat ons versoen met God en waar daar versoening is met God, is daar versoening met ons medemens. Begrippe soos ‘sanctify, sacred, holiness het te doen met toewyding – i.e. dedication, devotion, discipline. Holiness, wholeness and healing are the same thing!

In die briljante werk van Rudolf Otto getiteld: ‘The Idea of the Holy’ beskryf hy die Heilige as die ‘Gans Andere’ wat beide VERWONDERING en VERHEERLIKING ontlok. Die ‘Heilige’, sê Otto, is die absolute anderse, die misterie, die Essensie (Goddelike) wat in ons eksistensie (beingness) sigbaar word. Latere skrywers soos Van Der Leeu en Eliade sou daarop voortborduur deur te sê dat die ‘Heilige’ is die transendente brug wat die Goddelike Heiligheid met ons heiligheid versoen. Dit waarna die profeet Sefanja verwys as hy sê, “The Lord your God is with you ... he will take great delight in you, he will quiet you with his love, he will rejoice over you with singing.” (Sefanja 3:17)

Kom ons gesels Sondag oor — ‘WAAR JY IS, DAAR IS JY’ — en dan vleg ons ons begrip van ‘alles het ʼn bepaalde tyd’ met die bewus-wees (consciousness) wat Heiligheid beteken as toewyding en versoening --
[1] Heiligheid het te doen met ‘onderskeidingsvermoë’ (discernment)
[2] Heiligheid het te doen met ‘deursettingsvermoë’ (integrity)
[3] Heiligheid het te doen met ‘uithouvermoë’ (tenacity)
[4] Heiligheid het te doen met ‘helingsvermoë’ (healing)
[5] Heiligheid het te doen met ‘toewydingsvermoë’ (devotion)

WAAR JY IS, DAAR IS JY ... beteken dat ons presies is waar ons IS. Ons kan wens om êrens anders te wees maar helaas is ons waar ons is. Ons kan wens dat dinge anders moet wees maar dit is presies hoe dit IS. Dit is geen fatalistiese lewensbeskouing wat sê, ‘vreet voël of vrek’ of ‘laat Gods water oor Gods akker vloei’ nie. Dit beteken ook nie dat ons nie dinge kan verander nie – want ons kan – maar tot dit nie verander nie is dit hoe dit is. Om elke situasie te sien as ʼn geleentheid om te groei in heiligheid, om elke persoon te sien in ʼn verhouding wat ‘heilig’ is, is ʼn seën! Want heiligheid is ʼn oproep tot intimiteit, erkenning, verantwoordelikheid, refleksie, en eerbied in ons verhouding met God. Heiligheid is die herinnering dat ons dit waardig is om gelukkig te wees, lief te hê, heel te word, en ons potensiaal bereik lank voor ons die ervaring het van gelukkig, liefde, heling, en vervulling.

Hoe anders gaan ons die teenwoordigheid van God ervaar? Hoe anders maak die ‘gans andere’ sin in ʼn lewe wat pendel tussen “... ʼn tyd om gebore te word en ʼn tyd om te sterf” en hoe kultiveer ons daardie “besef van die onbepaalde tyd” sodat ons “tot die insig kan kom dat daar vir die mens niks beter is nie as om vrolik te wees om die goeie van die lewe te geniet.”

As ons werklik die Heiligheid van God besef, sal dit reflekteer in ons verhouding met onsself en mense om ons. Kom ons gee Sondag betekenis en inhoud aan ons verstaan en ervaring van HEILIGHEID.

ACIM: Stad: 24 Augustus 19h30. Kolping: 27 Augustus 19h00 -- Chapter 17: Forgiveness and the Holy Relationship, Section VII ‘The Call for Faith’ — P367 Hardeband Boek

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“Holiness doesn’t mean doing extraordinary things, but doing ordinary things with love and faith.” — Pope Francis

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights