18 Oktober 2015

Kom ons begin net eers met ʼn aankondiging en ʼn advertensie --

  • Die Spiritualiteit vir Kinders Werkswinkel wat eerskomende Saterdag aangebied sou word, word geskuif na ʼn latere datum omrede Kolping die volgende twee naweke nie beskikbaar is nie. Sodra ons ʼn datum van hulle het, sal daar epos uitgestuur word.
  • Amanda Strydom in konsert: soos almal reeds weet, bring ons hierdie bekroonde sangeres en aktrise af Kaap toe op 11 November 2015. Die kaartjies kos R150 pp en daarvoor kry jy ʼn voorkonsert en die hoofvertoning deur Amanda. Bespreek asseblief so gou as moontlik by Else-Helene -- elseloubser@mweb.co.za — vir elke 10 kaartjies wat jy verkoop, kry jy een komplimentêre kaartjie. Dit word by in die Durbanville Hoërskool se Ouditorium aangebied en ons wil die saal volmaak vol maak die aand!

In so kort verloftydperk, wat soos ʼn Saterdagmiddag verbygegaan het, kry mens tog weer kans om die spinnerakke in jou kop en die boekrakke in jou gedagtes uit te pak, af te stof, en voorraadopname te maak oor wat regtig belangrik is en al die onsin uit te gooi om plek te maak vir nuwe nonsens. Uiteraard is Neo-Spektrum nooit ver van my gedagtes nie en is mens die hele tyd besig om te bedink, te beplan, en te besluit wat is die beste pad vorentoe. Saam met ʼn enorme dankbaarheid en waardering vir wat ons reeds bereik het, is daar tog ook ʼn behoefte om dit waarvoor ons staan, uit te brei en om op ʼn nog groter manier betrokke te raak by mense se vreugde én nood as deel van ons bediening om ʼn intellektuele, emosionele, spirituele verskil te maak in ons samelewing.
Vir die volgende twee Sondae gaan ons gesels oor — GOD USES ORDINARY PEOPLE IN EXTRAORDINARY WAYS — hoe baie van ons sien ons lewe as ordinêr ... ons het ʼn goeie werk, gelukkige familie, gesondheid, en tog weeg ons onsself as middelmatig ... ons het ʼn dak oor ons kop, brandstof in die motor, kos op ons tafel, water in die kraan, en steeds sien ons ons lewe as alledaags ... miskien, as ons eerlik genoeg is met onsself, is daar net mooi niks in ons lewe wat alledaags is nie. Nee, dit word nie gemeet aan materiële dinge nie en nog minder word dit geweeg teen al ons genoegens. Dit het gewoon te doen met wie ons is in die volheid van ons potensiaal en dit waarop ons fokus tot die vervulling van ons menswees. Ons ken die seisoene in ons lewe waar teleurstelling ons aan die kraag gryp, die dae van onvervulde drome wat die mat onder ons uitruk, en die ure van vertwyfeling of ons dit gaan maak en my lewe uiteindelik sin sal maak.
Miskien is ons minderwaardigheid gebore uit ʼn teologie wat van kleinsaf ons geleer het dat ons nie die moeite werd is nie; eintlik verdien ons die slegste; ons behoort in ʼn ewige vuur te brand; en alles wat ons is en het, is eintlik onverdiende guns alleen. Dit laat by ʼn mens die moedeloosheid dat ons eintlik waardeloos is en dat God net van my notisie sal neem as ek ʼn bonatuurlik poging aanwend om Sy guns te wen. Wat my laat wonder of ons wit-en-swart teologie nie dalk ons grootste ‘sonde’ is nie. Nêrens is dit meer sigbaar op die oomblik as in die debat rondom homoseksualiteit in die NG Kerk nie. Ek weet nie wat my die meeste ontstel nie — die aanmatigende verheuging oor die besluit of die verwaande reaksie van gemeentes soos onder andere Moreleta (lees: Moraliteit) Gemeente in Pretoria. Mens staan verstom dat woorde soos ‘skrifgesag’ en ‘kerkskeuring’ in dieselfde asem gebruik word asof die heiliges (saints) enige gesag het om oor iemand se menswaardigheid te oordeel en/of enige iemand die krag en mag het om die kerk van God te skeur. Die enigste skeur wat gaan plaasvind is dat dit broekskeur sal gaan met enige iemand wat hom/haar beroep op ʼn ydele versoek dat gemeentes en leraars self kan besluit of die ‘kompromie’ aanvaar word al dan nie. Anyway, it has been my experience that what makes us the saints of God is not our ability to be saintly but rather God’s ability to work through sinners ... soos Paulus skryf aan die gemeente in Filippense, “want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer” (Fil 2:13) omdat die genade en liefde van God ons telkens raakloop terwyl ons eintlik opsoek was na iets anders. Wie uit daardie genade leef, kan en mag nooit ooit liefdeloos optree nie en moet asseblief nooit daardie geykte, Middeleeuse retoriek/cliché gebruik van ‘God het die sondaar lief maar haat die sonde nie’ asof dit enige betekenis het in ʼn moderne verstaan van ons mens- en Godsbeeld.
Daarom is my hart so bly, én dankbaar, vir Neo-Spektrum waar ons eerskomende Sondag ʼn egpaar se kindjie doop sonder om te moet vra of hulle straight or gay is en dat almal volwaardig welkom is en niemand eers ʼn CV moet inhandig by die deur nie. Wat ons vier by Neo-Spektrum is nie ʼn vroomheid dat ons perfek is nie, ook nie dat ons die eienaars van die waarheid is nie maar dat ons geloof, hoop, en liefde is in ʼn God wat ons omarm met ‘heilige’ dinge, in alledaagse goed, in ALLE mense, wat soms stotter en struikel om oor onself te kom. Vra ʼn reborn-Christian my laas week uit oor my werk en ons geloofsgemeenskap. “What is your ministry?” wil sy weet. Met vrymoedigheid antwoord ek, “Our ministry is Word and Sacrament — ons sien ʼn behoefte, ons vul dit. Ons maak droog, ons sê jammer. We ask for grace when we need it, en dit vra ons nogal baie. Jesus daag op by ons deur in elkeen wat ons pad kruis. Ons eet, ons drink (ook nogal baie), ons sing, ons dans, ons val, ons staan op en dan herhaal ons dit alles weer. Not that complicated.”
Die krag van onbeperke genade, wat ons noem ‘Die Evangelie’, kan nooit verklein, vernou, verminder, veroordelend wees in enige opsig what-so-ever nie. “Where do you get these radical ideas?” wou sy weet. Huiwerig antwoord ek dit met ʼn vraag, “uh ... Jesus?” As daar een ding is wat ek geleer het na 3 dekades van doen wat ek doen dan is dit die feit dat ek eintlik maar vir myself ‘preek’ en keer op keer verstom is dat ander mense na my gesprek met myself wil luister en selfs, soms, iets daarvan saamvat vir hul eie lewe. Wat ek ook geleer het, is die waarheid dat hulle wat waarlik gekwalifiseer is om oor die Evangelie te praat, is hulle wat weet dat hulle dalk die minste kwalifiseer om daaroor te praat. Nie eenkeer het Jesus in ʼn vertrek gestap en oudisies gedoen om te sien wie die beste bekwaam is om vir ander te vertel oor hom nie. Hy het altyd mense gestuur wat deurweek bewus is van hul foute en tekortkominge. Ek vind dit gerusstellend.
Weer en weer sal ek opstaan en die walvis-spoeg van my gesig vee en God se ‘Goeie Nuus’ vertel in Nineve en Tamboerskloof. Elke keer wat ons die brood breek of water op ʼn kleintjie se kop sprinkel, kom die woorde van Jesus by my op — “praise You, O Father, Lord of heaven and earth, that You have hidden these things from the wise and intelligent and have revealed them to infants.” (Lukas 10:20) Terwyl my hart dan oorloop van dankbaarheid en waardering onthou ek die woorde van Paulus aan ʼn gemeente in Korinte, “Dink maar net aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. Daarom, soos daar geskrywe staan: “Dié wat wil roem, moet in die Here roem.” (1 Korintiërs 1:26-31)
In die woorde van Nadia Bolz-Weber – ʼn begaafde predikant met wie se teologie ek sterk aansluiting vind, sluit ek af — “Let me tell you about this God. A God who has always used imperfect people. A God whose loving desire to be known overflowed the heavens and became manifest in the rapidly dividing cells inside the womb of an insignificant peasant girl in first century Palestine. A God who slipped into skin and walked among us full of grace and truth with sand between his toes. Who ate with all the wrong people. And kissed lepers and touched the unclean and spoke through thirsty women and hungry men. Who from the cross did not even lift a finger to condemn the enemy but instead said I would rather die than be in the sin accounting business anymore. This is a God who rose from the dead and grilled fish on the beach and ascended into heaven and is especially present to us in the most offensively ordinary things: wheat, wine, water, word. This God will use all of you, and not just your strengths but your and failures and failings and your brokenness. And God’s strength is perfected in human weakness. So your brokenness is fertile ground for a forgiving God to make something new, something beautiful. So don’t ever think that all you have to offer is your gifts, because God is going to use you too, God is going to use all of you, and the world better watch out.”

ACIM: Kolping: 15 Oktober 19h00. Stad: 19 Oktober 19h30 — Chapter 6: The Lessons of Love — P91 Hardeband Boek
Besoek ons Facebook

Gedagte vir die Week:
“Our key to greatness lies in who we are which we can give to other people in a way that when they walk away from us, they are able to say in their hearts that they have taken away something with them quite extraordinary.” ― C. JoyBell C.  

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights