Liturgie: 14_februarie_2016
Waar kom die woorde vandaan wat ons praat? Waarheen gaan dit as dit klaar gesê is? Wat is dit aan woorde dat as jy die een hoor dan lag jy en ander dan frons jy? Woorde wat ʼn negatiewe konnotasie oproep en ander wat ʼn groot vet WOW om jou mondhoeke trek. Elke oomblik van die dag is gevul met óf woorde van inspirasie, lof, vreugde, advies, onderrig, stories ... óf van skinder, aftakel, verkleineer, kritiek, vloek. Woorde wat ongesiens by ons verbygaan en tog inherent ons ten diepste raak. Ons onthou mense se woorde omdat dit ons op ʼn bepaalde manier laat voel en lank nadat ons ʼn spesifieke woord vergeet het, onthou ons steeds die gevoel. Niks los meer duidelike VOETSPORE as ons woorde nie — dit kan kwets of genees, dit kan breek of heel, dit kan alles wat goed gedoen is met een sin uitvee of dit kan als wat sleg is met een woord herstel.
Stel jou ʼn wêreld voor sonder woorde wat geruisloos beweeg van dag na nag. Geen woorde vir gedagtes of ʼn gesprek nie! Sal ons musiek maak om te sê wat ons dink en dans om te wys hoe ons voel? Hoe sal ons kommunikeer ...? Wat sal dit vat om weer die wyse woorde van Spreuke te onthou, “Van die vrug van ʼn mens se mond geniet hy die goeie maar die begeertes van die onbetroubare is net uit op geweld. Die een wat waak oor sy mond behou die lewe. Die een wat sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar vernietiging.” (Spreuke 13:2-3) Of waar was ons crib-notes toe ons moes onthou, “Niks wat van BUITE af in ʼn mens ingaan, kan hom onrein maak nie; maar die dinge wat UIT ʼn mens uitkom, dit maak hom onrein.” (Markus 7:15)
Ons tema die laaste paar weke gaan oor VOETPAAIE, VOETSTAPPE, en VOETSPORE ... wat lei tot ʼn PURPOSEFUL LIFE — en die volgende paar weke gaan ons die voetstappe van Jakobus verken wat met wysheid vir ons rigting gee na die voetspore wat woorde los tussen die kop en die hart. Eerskomende Sondag gaan ons gesels oor, “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand ...” aan die hand van Henri Nouwen se woorde --
📎 “Many voices ask four attention. There is a voice that says ― ‘Proof that you are a good person’
Another voice says, ‘You'd better be ashamed of yourself’
There also is a voice that says, ‘Nobody really cares about you’
And one that says, ‘Be sure to become successful, popular, and powerful’
But underneath all these often very noisy voices is a still, small, voice that says, ‘You are my Beloved’
That's the voice we need most of all to hear. To hear that voice, however, requires special effort; it requires solitude, silence, and a strong determination to listen.
That's what prayer is. It is listening to the voice that calls us ‘My Beloved’.”
Daar word gesê dat ʼn mens meer vriende in 2 dae kan maak deur net te hoor wat mense sê as wat jy kan maak in ʼn jaar deur vir ander van jouself te vertel. ʼn Mens het after all twee ore gekry en net een tong wat omring is met twee stelle tande om dit in toom te hou maar ons praat te veel, gewoonlik oor goed wat ons nie bedoel nie, nie voel nie, nie weet nie ... en so gee ons die stiltes (luister) prys. Wat ons nodig het, is om pelgrims te word van ʼn reis wat met sensitiwiteit eerder sal luister as om te praat, sal soek na verstaan eerder as verstaan te wil word. Dis verbasend hoe min woorde ons nodig het om te moet verduidelik as ons geleer het om te luister. Pelgrims wat voetspore los, nie net in wat hul sê nie maar veral hoe ons dit sê.
Dit was Alexis Carrel wat gesê het, “The things which are not measureable are more important than that which are measureable” — ons is almal skuldig daaraan dat ons mense oordeel op grond van hoe hul lyk, wat hul aantrek, ouderdom, gewig ... tot hul begin praat en ons ʼn opinie vorm sonder om te luister. Doen jouself ʼn guns en kyk hierdie 3 minute video oor ses fotograwe wat elkeen ʼn ander storie vertel word oor die man wat hul moet fotografeer en hoe die portret meer gevorm word deur die persoon agter die lens as die een voor die kamera ... https://youtu.be/F-TyPfYMDK8
Elke dag staan ons voor verskillende spieëls waarin ons huiwerig fluister, “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand ...” wonder ek of ons besef ʼn spieël kommunikeer nie met woorde nie want ʼn spieël is net ʼn refleksie van ons interne dialoog. In die Klein Prinsie sê die Jakkals, “Jy moet niks sê nie want woorde is die begin van alle misverstand” — want eerstens kommunikeer ons met die taal van die siel (intuïsie), dan met gevoel, dan met gedagtes, dan met gebare en pas daarna eers met woorde! Vir die skrywer van die Jakobus brief, is God die spieël waarin onsself sien — nie net ons gebrokenheid nie maar byname ons heelheid, nie net ons teleurstellings nie maar in besonder ons potensiaal, nie as verstote en vergete nie maar as Amadeus — beloved of God.
Dis vir ONS om te besluit of die spieël ʼn projeksie of ʼn refleksie is. Daarin speel ons woorde ʼn enorme rol ... want woorde kan voetspore word/wees van herinnering, heling, en herlewing of dit kan voetpaaie wees/word van verwydering, veroordeling, en verwerping. Dit alles hang af na wie se stem jy luister — die stem van Ego-Denke of die stem van Siel-Denke — identifikasie met die ego is die agterna hardloop van elke craving (desire without delight) want die ego kan net assosieer met eksterne goed (vorme, definisies, dimensies — alles wat God NIE is nie) ... daarom het die ego te make met besittings, die werk wat ons doen, sosiale status, erkenning, fisiese voorkoms, prestasies, familie geskiedenis, geloofsisteme en politieke agendas.
Ons ware identiteit kry inhoud en betekenis in ons siel-denke. Ons kan Sondag oor die verskil tussen die twee gesels. Reeds as student kon ek identifiseer met Rene Descartes se bekende woorde, “I doubt, therefore I think; I think therefore I am” — natuurlik is daar dae waar ons voetstappe onseker en versigtig ʼn voetspoor los en dis eers vanuit ʼn Goddelike perspektief waar ons terugkyk na ons voetpaaie dat ons sien hoe ons een-tree-op-ʼn-slag ons gebring het tot insig (waarheid) en uitsig (wysheid).
Verily, verily I say unto you the time has come that we HAVE to know what we believe. What sustains you on the inside ... what gives you meaning. There comes a point to ask more mature questions – not only where I’m going but more so what do I believe. To be a ‘searcher’ takes and gives no commitment, no direction. WE NEED DIRECTION!
ACIM — 11 Februarie by KOLPING en 15 Februarie STAD 19h30 — Chapter 11: GOD OR THE EGO
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“We find God in our own being which is the mirror of God.” — Thomas Merton