31 Julie 2016

Liturgie: 31_julie_2016

Ons het dié maand gesels oor LIEFDE IS ‘N WERKWOORD — en verskillende aspekte verken oor wat liefde beteken, hoe dit manifesteer waar ons liefde kies bo vrees. Uit verskillende hoeke het ons mekaar herinner dat God is LIEFDE en daarom gaan ons eerskomende Sondag afsluit met GOD IS ‘N WERKWOORD en spesifiek stilstaan by dié Liefde (met ʼn hoofletter) wat elke aspekte van ons lewe raak.

Nie twee mense het dieselfde Godsbeskouing nie. Ons kan saamstem dat God is liefde maar nie twee mense het dieselfde ervaring daarvan nie. Sommiges sal na God verwys as Gees (nie dat ons eers mooi weet wat dit beteken nie) en andere sal bloot verwys na die Goddelike. Vir party mense is God die Groot Gedagte wat ervaar word deur genade en vir ander is God bloot die Energie wat die Skepping vertaal. Tradisioneel het ons grootgeword met die beeld van God as Vader wat beskryf word as Almagtig, Alwetend, Alomteenwoordig wat gerusstel tot iemand vra, “Het God geweet ʼn besete man gaan met ʼn trok in ʼn straat in Nice afjaag en 84 mense se lewe neem en duisende mense se lewe onherroeplik verskeur? As Hy almagtig is, kon Hy dit keer? As Hy alwetend is, kon hy vir die polisie op ʼn manier laat weet het? As Hy alomteenwoordig is, kon ʼn duisend engele die mense uit die pad haal en die trok in die see gooi?” Teoloë wys sulke vrae van die hand as nie die mens se plek om sulke vrae te vrae nie en volstaan dan by die laaste woord dat God sekere goed ‘toelaat’ en dis nie vir ons om dit te bevraagteken nie. “Maar waar is die Liefde dan?” pleit elkeen wat ʼn geliefde moes groet.

Vir my is God nie ʼn iets wat IS nie maar iets wat LAAT WEES — not a being but in what causes everything into BEING. God is wat GEBEUR — not in the happening but in the BECOMING. “Ek is wie ek is” — tuimel die woorde uit ʼn brandende bos voor Moses, “Trek jou skoene uit want die grond waarop jy staan is heilig” — weerklink die allesinsluitende teenwoordigheid. “What is your religion?” vra iemand nou onlangs en eerlik opreg antwoord ek, “Beauty!” Ek vind God in die skoonheid van alles wat mooi en lieflik is, alles wat goed en aanneemlik is, in elke gebaar van welwillendheid en in elke liefdevolle ervaring van die estetika. Miskien klink dit te veel na filosofie of sal jy dink dat dié regterbrein rabbi te veel siel op die brein het.

Kom ons begin oor -- daar is ʼn Latynse spreekwoord wat sê: A man is not where he lives, but what he loves. Onthou ek my weer my seun se vraag toe hy nog ʼn klein seuntjie was, “Pappa, waar is God?” en ek wat na hom kyk en antwoord, “Oral waar jy hom indra my kind.” En nou wil ek ʼn belangriker vraag vra, en wil hê jy moet mooi hieroor dink en dan kyk ons of ons Sondag saam ʼn antwoord kan formuleer: Wat gaan ek en jy verloor as God net liefde en nét LIEFDE is ... geen veroordeling, geen woede, geen tantrum, geen regter, geen hel, geen boekhou van sondes nie, geen verwydering, en geen vrees of jaloesie nie? Net liefde in die suiwerste en reinste demonstrasie daarvan! Sal ons na die groot boek gryp en ter hemele skree, “Maar die Bybel sê ...!” Sal ons geloof wankel, sal ons minder in God kan glo as ons al die drogbeelde verwyder en net met LIEFDE sit? Baie sal vra, “beteken dit dat ons dan net kan doen wat ons wil sonder enige rekenskap?” Ja. “Maar dit kan mos nie wees nie Terblanche, God is mos ʼn regverdige God wat ʼn afsku het in die sonde?” Is dit die mens se wens dat God so moet wees, dat ons in ʼn God wil glo wat afreken met hulle wat ons seermaak? Baie, dalk die meeste mense, sal omdraai en wegstap, kop skuddend dat die een wat dít glo, ly aan dronkverdriet want, “Die Bybel sê ....” — as God net liefde is, en nie een van die ander menslike eienskappe waarmee ons God vorm, definisie, en dimensie wil gee nie, hoe sal ons geloof dan lyk, hoe sal dit ons besluite en keuses beïnvloed? Verseker, 2000 jare later van die Christendom se invloed op die Weste is ons deur bloedige Kruistogte, inkwisisies, brandstapels, oorloë, en onmenslike vervolging in die naam van die Christen God. Vandag het ʼn verwronge ideologie die suiwerheid van Islam so besoedel dat die meeste mense na Islam (wat ‘vrede’ beteken) kyk met afsku en onerkende haat. 2000 jaar later met alles wat ons geleer is van Christus het ons die planeet in ʼn erger toestand as ooit met ʼn groter verdeeldheid onder Christene wat skree, “Maar die Bybel sê ...!” terwyl rassisme en seksisme uit die skaduwees neurie.
We don’t need a fundamental change, but a foundational change. Kom ons verken Sondag dié drie vrae --

  • Wat is jou BRON van liefde? Ek het nou onlangs statistiek gelees wat sê dat die gemiddelde mens kyk ± 1000 uur per jaar TV wat beteken op die ouderdom van 70 het jy 10 jaar voor die TV gesit. As ons elke Sondag vir ʼn uur met ons siel spandeer, is dit op die ouderdom van 70 net 4 maande. Vier maande in vergelyke met tien jaar. Dit gaan nie oor kerk-toe-gaan-nie maar wel oor die dissipline en toewyding vir ʼn plek en ruimte waar ons onthou wie, wat, waar, die Liefde is.
  • Wat gee BETEKENIS aan jou liefde? Wat is ek bereid om prys te gee, op te offer vir hierdie allesinsluitende liefde? Nie omdat God dit verwag of my gaan seën as ek dit doen nie maar om my te fokus op “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees” (Matt 6:21) want om te bely dat die liefde van God, presies dieselfde liefde is wat ek en jy in ons hart dra — en wat is die hart as die spens van ons gevoelens, die knapsak van intensies, die kroon van ons liefhê.
  • Wat bring BALANS in ons lewe? Nóg ʼn vakansie, nóg ʼn verhouding, nóg ʼn transaksie, nóg ʼn bietjie sluimer nog ʼn bietjie slaap? Verseker nie! Weet jy dat die Griekse woord vir ‘bekeer’ is metanoia wat beteken: change of mind en die woord vir ‘red’ is soseis wat beteken: heal, make whole, restore.

Eers toe die grys begin wys in my baard het ek ontdek dat dit nie God is wat die mens verwerp nie, maar die mens wat God verwerp. Dis nie God wat die mens veroordeel nie maar ons wat God oordeel. God is nie die een wat my in die hel gooi nie maar die een is wat my elke dag daar uithaal met die woorde, Dis nie jou plek nie! Oor en oor hoor ek die refrein — be the hope of humanity! Trust the love that flows through you. Trust the love that lives within you. Trust the process of love that is you!

God as liefde is nie materieel nie. Vir te lank leef die mens in die konsentrasiekamp van moets en moenies, reg en verkeerd, goed en sleg wat ons uit ons verhouding met God geïntimideer en geknoei het. Ons het hierdie Godgegewe liefde verruil vir ʼn maatskappy van stres wat tot die gevolg het dat ons konstant onsself in die dryfsand van emosionele en finansiële onsekerheid bevind. Ons wil hê en hê want ons dink ook God wil iets hê. Ons wil oordeel en veroordeel want God doen ook. Ons wil liefde gee waar ons voel dit word verdien, en sal straf waar ons seerkry — en dit alles vanweë ʼn verwronge Godsbeeld wat gebore is uit ʼn premoderne tribal religion wat in my beskeie opinie niks anders is as ʼn projeksie van die mens wat God sien as bloot super-mens nie.

“Maar die Bybel sê ...” Wel, kom ons vat dan vir eens die woorde van Paulus letterlik op — “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Rom 8:37-39) en dan luister ons wéér ʼn keer na die gelykenis van die verlore seun en die liefde van ʼn pa en sluit dan af met die belydenis van Johannes, “Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.” (1 Joh 4:7-8)

Kom ons vul die Kapel eerskomende Sondag en dan maak ons dit — A Celebration of Love — tot eer en verheerliking aan die Een wat ons noem LIEFDE. God is liefde. Ons God, is liefde.

🌺 ACIM — 21 Julie: Kolping 19h30 en 25 Julie: Stad 19h30

👣 6 Augustus — 9am tot 1pm — Ons Spiritualiteit Konferensie by die Sanlam Ouditorium met uitmuntende sprekers. Maak ʼn aantekening daarvan en nooi vriende en familie saam. Bespreek by lourita@mweb.co.za 💐

Besoek ons Facebook ​​

Gedagte vir die Week:
“Though we are incomplete, God loves us completely. Though we are imperfect, He loves us perfectly. Though we may feel lost and without compass, God's love encompasses us completely. ... He loves every one of us, even those who are flawed, rejected, awkward, sorrowful, or broken.” ― Dieter F. Uchtdorf

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights