September — die seisoen van transformasie en vernuwing in die verandering van seisoene — die sakrament van Lente waarna Frances Burnett verwys in haar boek ‘The Secret Garden’ as sy vra, “Is the spring coming?” he said. “What is it like?”... “It is the sun shining on the rain and the rain falling on the sunshine...” — of waarna Christina Rossetti verwys, “There is no time like Spring, when life's alive in everything.” In die Kaap is ons bederf met lowergroen in die Winter maar in die binneland is daar ʼn opmerklike verskil in die natuur as die eerste groen hul pad vind in ons tuine. Dit word vroeër lig en die lug het ʼn aardse varsheid asof elke plant en dier ʼn loflied sing van weergeboorte.
September — die seisoen van potensiaal en inspirasie wat in die negende maand van ons jaar geboorte gee aan nuwe lewe! Ons het ʼn waardering vir Lente omdat ons ons Winters ken. Ernest Hemingway beskryf dit so mooi in sy boek ‘A Moveable Feast’ – “Part of you died each year when the leaves fell from the trees and their branches were bare against the wind and the cold, wintry light. But you knew there would always be the spring, as you knew the river would flow again after it was frozen.”
Shakespeare praat van Lente as, “A spirit of youth in everything” en Salomo besing die Lente in Hooglied 2:11-13, “Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg. Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land. Die voorvye kom al uit, die wingerde bot en versprei hul geur.”
Lente het altyd die belofte van hoop ... die vertroue dat dié Lewe sy pad sal vind in elke refleksie van mý lewe. Dis is ook die seisoen waarop die ganse natuur in harmonie met die mens uitroep, “JA!” — ja, vir lewe ... ja, vir elke skoenlapper wat uit sy/haar kokon beur. Een van my gunsteling digters, E. E. Cummings beskryf dit mooi in sy gedig — ‘sweet spring is your time is my time is our time’
(such a sky and such a sun
i never knew and neither did you
and everybody never breathed
quite so many kinds of yes)
Sonder om té liries of filosofies te raak oor Lente, is dié seisoen ʼn metafoor vir digters en skrywers wat soek na inspirasie. In die suidelike halfrond is September ʼn ewige beminde wat flankeer met ink en kwas. Dit is die gety van kleure en geure wat hopelik verby die aardse ook ʼn ontwaking sal wees in ons spirituele lewe asof Moeder Natuur wil vra, leef ek die lente waarna ek verlang?
Waar ons onsself met jas en serp aantrek in die Winter, kom die Lente kaalvoet en maak ons die vensters en deure van ons hartkamers oop om son te hengel vir ons siel. Lente is die seisoen van restourasie van alles wat lewe en waar ons erkenning gee aan dié Lewe wat die pols is van alles wat lewe — oorvol, oorloop, oorgenoeg. Weet ons dit? Onthou ons dit? Vier ons dit? Of neem ons net kennis van nóg ʼn jaargety wat omblaai?
In die Noordelike Halfrond met sy ysige winters is Lente ʼn geleentheid om fees te vier. Paasfees is die begin van Lente, die begin van nuwe lewe, die geleentheid vir spirituele ontwaking wat met dankbaarheid en waardering ons eie opstanding vier. Lente staan altyd in die Lig van Lewe wat weer sy pad vind na ons boord waar die bloeisels van geloof, hoop, en liefde welig bot. Vir die profeet Hosea is Lente ʼn tyd waarin ons die teenwoordigheid van God kennelik naby aanvoel as hy in Hosea 6:3 uitroep, “So let us know, let us press on to know the Lord. As surely as the sun rises, he will appear; and He will come to us like the rain, like the spring rain watering the earth.” Die mens onthou, ontgin, ontmoet die vrugbaarheid van sy siel waar die reën (liefde van God) uit die hemel (teenwoordigheid van God) ons beddings (seëninge van God) vind.
🌺 Kom ons gesels September rondom Neo-Spektrum se leuse — LIVE LIFE ALIVE -- en bring Sondag blomme saam na die kerk wat ons na die tyd kan gee aan ʼn ouetehuis of kinderhuis en dan gesels ons oor die volgende handvol riglyne vir ʼn sinvolle lewe:
Mag dit in alle opsigte ʼn geseënde maand wees. Hoop om ons kapel vol te sien elke Sondag en dat ons van mekaar se insig (wysheid) en uitsig (waarheid) mag deel sodat dit die allermooiste Lente sal wees!
🌺 ACIM — Kolping 19h30: 8 September — en Stad 19h30: 12 September — ALMAL word genooi om eerskomende Donderdag saam ‘First Thursday of the Month’ te kom stap: 6pm by St Stephan’s kerk
Besoek ons Facebook
Gedagte vir die Week:
“Despite the forecast, live like it's spring.” ― Lilly Pulitzer