11 September 2016

Liturgie: 11_september_2016

George Gurdjieff (1866-1949) — mystic, philosopher, spiritual teacher, and composer — na ʼn uitgebreide reis deur Asië skryf hy in een van sy dokumente dat die mensdom in ʼn onsekere fase van ontwikkeling is en dat die “wysheid” van die Ooste en die “energie” van die Weste met mekaar versoen moet word. Hy skryf op ʼn plek, “I will tell you one thing that will make you rich for life. There are two struggles: an Inner-world struggle and an Outer-world struggle...you must make an intentional contact between these two worlds; then you can crystallize data for the Third World, the World of the Soul.”  ʼn Verbasende insig as mens daaraan dink dat dié taal nou eers ons woordeskat gevind het.

Wat hy beskryf as — The greatest untold story is the evolution of God — pleit hy dat die mens se verstaan en ervaring van God deur ʼn ewolusie van ontdek en herontdek gaan. Dit kan en mag nooit staties wees nie. Verder vermaan hy, “In order to awaken, first of all one must realize that one is in a state of sleep. And in order to realize that one is indeed in a state of sleep, one must recognize and fully understand the nature of the forces which operate to keep one in the state of sleep, or hypnosis. It is absurd to think that this can be done by seeking information from the very source which induces the hypnosis. One thing alone is certain, that man's slavery grows and increases. Man is becoming a willing slave. He no longer needs chains. He begins to grow fond of his slavery, to be proud of it. And this is the most terrible thing that can happen to a man.”

Maar dit is sy brief aan sy dogter wat ʼn bron van inspirasie is, nie net vir die wysheid wat ʼn pa vir sy kind kan gee nie maar omdat dit tot elkeen van ons spreek. Hy gee ʼn lys van 83 goed wat ʼn bondige samevatting van aanbevelings is wat ons kan help in daaglikse situasies, as ʼn herinnering dat integriteit is baie makliker as wat ons dink. Hier is twee hande vol wat vir my uitstaan — (1) Defeat your fears; each one of them is a desire that is camouflaged. (2) Do not eliminate, transform. (3) Transform your pride into dignity. (4) Turn your anger into creativity. (5) Transform your greed into respect for the beauty. (6) Transform your envy into the admiration for the values of others. (7) Do not try to arouse emotions like pity, admiration, sympathy and complicity in others. (8) Fix your attention on yourself, be aware at every moment of what you think, feel, want and do. (9) Do not lie, do not steal, for if you do, you lie and steal from yourself. (10) Learn to receive and be grateful for each gift, but don’t let your possessions define you.

Jy kan die volledig lys gaan lees op — http://www.faena.com/aleph/articles/gurdjieffs-indelible-advices-to-his-daughter/
In die maand waarin ons Lente vier, gesels ons oor TRANSFORMASIE en Sondag gaan ons gesels oor — MY LETTER TO THE WORLD — as iemand my moet vra wat is my ‘brief aan die wêreld’ sal ek sonder om te skroom kan sê dit is Neo-Spektrum! Vir die feit dat dit ʼn veilige ruimte is waarin ons met vrymoedigheid kan erken dat sommige van ons ou maniere van glo in God en dink oor die lewe uitgedien is en vra vir ʼn nuwe ervaring en bewoording daarvan. Ons ontgin en verken die moontlikhede dat daar enorm baie is wat ons nie ten volle verstaan oor God en ons lewe nie en as ons dit verstaan, sal dit ons lewe verander. Die vryheid waarmee ons ʼn vrywilligheid kweek om hierdie ‘nuwe verstaan’ te kultiveer. Moedig en dapper genoeg om ons eie waarheid te formuleer sodat ons kennis en ervaring vrug kan dra in die bedding van wysheid wat in ooreenstemming is met dié Waarheid en dié Wysheid wat ʼn demonstrasie is van ons geloof, hoop, en liefde. Our way is not a better way, or the only way, ours is merely another way — wat relevant en betekenisvol is in die manier waarop ons ons geloof uitdrukking gee in alle aspekte van ons menswees.
Die vraag is, WHAT WILL YOUR LETTER TO THE WORLD BE? Nog meer belangrik, hoe dra ons hierdie kennis oor aan ons kinders sodat hulle ʼn lewende brief (getuienis) sal wees van dit wat ons sê ons glo? Wat ek geleer het as pa is die volgende — ʼn kind vra net twee goed: wees ʼn voorbeeld en wees konsekwent. Die uitdaging is om ʼn kind met ʼn verwysingsraamwerk te voorsien waarin sy/hy hul eie waarheid vind. Aan die eenkant wil ons hul die vryheid gee om die uitsig te ondersoek om tot insig te kom maar aan die anderkant wil ons positiewe riglyne gee wat elke kind verdien. Die vraag vir lente is, in hoe mate laat ons die bloeisels toe om te bot terwyl ons tog snoei om seker te maak die beste vrugte word gedra?

Ons almal, kinders byname, word konstant blootgestel aan idees, opinies, kritiek, en projeksies. Sonder om ons (en hulle) nuuskierigheid te demp, wil ʼn mens op die ou einde van die dag ook duidelikheid hê oor belangrike lewensvrae waaronder die belangrikste van alles ons verstaan en ervaring van God is. As jou kind (of enige iemand anders) na jou kom vir sekerheid, wat is jou antwoord? Dat jy nie weet nie; nie seker is nie; maar duimvashou en hoop vir die beste?
Kom ons dip Sondag ons pen in die ink van God se allesinsluitende liefde en dan waag ons dit om ons ‘brief’ te skryf. ʼn Lentebrief. ʼn Brief wat sal inspireer en motiveer om ʼn groter waarheid van onsself, vir ons Self, te ontdek sodat ons ons Christelike waardes met vrymoedigheid kan oordra aan ons kinders en kleinkinders. Wie weet, miskien lei so formulering van ʼn brief tot ʼn transformasie (ontwaking) in ons eie geestelike lewe. Trouens, ek twyfel nie daaroor nie, ek weet met sekerheid dat dit tot ʼn renaissance sal rank!

  1. Stap een: Kom ons begin by die begin — wat glo, dink, weet, ervaar jý oor God?
  2. Stap twee: Wat wil ons hê moet ander (byname ons kinders) glo, dink, weet, en ervaar van God?
  3. Stap drie: Hoe bring ons God in ons alledaagse gesprek sonder clichés, dweep of retoriek?
  4. Stap vier: Geloof in praktyk — rituele, gewoontes, gesprekke, en vieringe (celebrations).
  5. Stap vyf: Kiekies uit ons drome, verbeelding, belangstellings, strewe na menswaardigheid.

Children look to you for guidance, not uncertainty; for clarity, not confusion; for wisdom, not bewilderment — “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” (Lukas 18:16-17)

🌺 ACIM — Kolping 19h30: 8 September — en Stad 19h30: 12 September

Besoek ons Facebook 

Gedagte vir die Week:
“A man may be born, but in order to be born he must first die, and in order to die he must first awake.” — George Gurdjieff

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights