20 November 2016

Liturgie: 20_november_2016

Verstommend hoeveel in een week kan gebeur wat die onderwerp van elke gesprek in ʼn ander rigting stuur — Trump word president van VSA en Molefe word MD van ʼn shebeen in Saxonworld; die Springbokke verloor (wéér) en die Proteas gee die Kangeroes die loesing van hul lewe; Zuma vra parlement dat hy dieselfde behandel wil word as Mandela waarop Malema reageer, “Good, let’s start with 27 years in jail”; terwyl die NGK ʼn buitegewone sinode-sitting hou oor gays in plaas van ʼn gesprek oor armoede en werkloosheid in ons land. Die wêreld waarin ons leef, is voorwaar vreemder as fiksie en gekker as ʼn bazaar in ʼn malhuis.

As dit kom by ons gesondheid sal niemand van ons na ʼn dokter gaan wat nie sy mind kan opmaak of dit jou mangels of jou blindederm, jou hart of jou hakskeen is nie. Niemand sit by ʼn finansiële adviseur wat een dag vir jou sê dit is R10 en die volgende dag is dit R100 nie. Ons verwag van ons leiers in die samelewing om konsekwent, ondubbelsinnig, en betroubaar te wees — of dit onderwysers, bankbestuurders, regsgeleerders, of predikante is. As ons drama soek, kan ons ʼn sepie kyk en as ons maskers wil sien, gaan ons teater toe. Vir die res verwag ons van mekaar dat jou ja sal ja wees en jou nee, nee.

Een ding is verseker vanaf die kantlyn — hoe meer mag ter sprake is, hoe meer verskans raak die waarheid. Die Franse praat van ‘souffler le chaud et le froid’ (blaas warm en koue lug) en mens moet vir jouself vra waarom hierdie dubbelhartigheid alle vlakke van ons samelewing penetreer, so dan so dat mens regtig nie meer weet wát om te glo nie. Almal het ʼn agenda en elke woord moet soos ʼn ui geskil word met die hoop om met trane in jou oë by die kern van die saak uit te kom. Hoekom is dit so? ʼn Mens kan twyfel en onsekerheid hê in jou lewe sonder om skynheilig of agterbaks daaroor te wees ... of hoe? Dit is nog te wagte van politici om tweegesig te wees en dryf selfs die spot daarmee maar in ons binnekring verwag ons van mekaar om met betroubaarheid, opregtheid, en bowenal integriteit op te tree.

Wat is integriteit? Die woord kom van die Latynse woord integritas wat beteken: geïntegreer (integrated); tot eenheid bring (unified); geheel (whole); volledig (completeness). Moreel/eties sou ons ‘integriteit’ vertaal met — onomkoopbaareerlikdeugsaamdieselfde in alle omstandighede. Ons soek na integriteit en ag dit na waarde veral in ons leiers. In ons politieke sisteme en maatskaplike strukture is dit seker die belangrikste vraag: in hoe ʼn mate eer en respekteer ons mense se menswaardigheid; hoe dra ons by tot die mensdom as ʼn geheel en die individu in besonder as ʼn deel van die geheel; hoe kultiveer ons opregtheid en eerbaarheid; en is ons dapper genoeg om die suiwerheid van waarheid te ontgin met regverdigheid en ongeskondenheid? Dit is belangrike vrae want dit is vrae oor die inhoud en betekenis van ons integriteit. Integriteit raak elke aspek van ons lewe, dit raak elke verhouding waarin ons staan, dit is die fondasie van elke boublok in ons samelewing as dit kom by vrede, voorspoed, geluk, en selfwaarde.

Dit vra intellektuele, emosionele, en spirituele wysheid om verantwoordelike keuses en besluite te maak wat nie net die samelewing in geheel nie maar ook elke individu met toewyding (geloof), oortuiging (hoop), en sorgsaamheid (liefde) dien. In Jakobus 1:5-8 staan die volgende: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So ’n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late ...”
Die Engelse vertaling verwys na, “being a double-minded man, unstable in all his ways” wat die Griekse woord ‘di-psigos’ vertaal met ‘two hearted, dual lives, double spirit, double-minded’ ... die Hebreeuse woord is ‘ce-eph’ wat vertaal kan word met ‘ambivalent, verdeeldheid, halfhartig’ waarna Elia verwys in 1 Konings 18:21 as hy vra, “Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm.” Ook Jesaja verwys daarna as hy sê, “These people come near to me with their mouth and honour me with their lips, but their hearts are far from me. Their worship of me is made up only of rules taught by men.” (Jesaja 29:13)

Ons vind dieselfde stryd om integriteit by Paulus as hy aan die gemeente in Rome skryf, “Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.” (Romeine 7:19) In die maand waarin ons gesels oor die tema — GROWING INTO YOUR SOUL — gaan ons Sondag stilstaan by die oase van betroubaarheidopregtheid, en integriteit om hierdie broodjies te pak vir ons lewensreis. Die paradoks van double-mindedness het nie kompromieë  tussen doen wat reg is en doen wat maklik is nie. The time has come to stand up and be counted for — herein lies the peace of God and the strength of humanity! Vir my is sterkte (strength), vergiffenis; dis ʼn glimlag selfs al is dit seer; die vermoë om lief te hê sonder om enige iets terug te verwag; dit is nederigheid ten midde van selfversekerdheid; daardie stil stem aan die binnekant wat sê, ‘jy kan’; en soms is dit ʼn traan oor my wange omdat die skoonheid van die natuur, die liefde van my kind, twee bejaardes hand-aan-hand, en die toewyding van ʼn reddingswerker in Aleppo my oorweldig.

Spencer Johnson skryf op ʼn plek, “Integrity is telling myself the truth. And honesty is telling the truth to other people.” — kom deel Sondag vir ʼn uur in ons Wysheidsirkel ... in die tussentyd doen ek wéér ʼn beroep op almal om ʼn herinnering, ʼn gedig, getuienis, verhaal of net ʼn mooi gedagte of twee met ons te deel vir ons Nuusblad. Ons wil dit graag uitgee in Desember om ons jaar af te sluit. Groot asseblief — stuur jou bydrae aan Marguarite Moody by marguerite.moody@gmail.com

🌺 ACIM — Maandag 21 November Stad: 19h30 — Donderdag 17November Kolping 19h30 — Manual for Teachers 4. What are the Characteristics of God’s Teachers? [p9 agter in die boek]
Besoek ons Facebook ​​

Gedagte vir die Week:
“Listen with curiosity. Speak with honesty. Act with integrity. The greatest problem with communication is we don’t listen to understand. We listen to reply. When we listen with curiosity, we don’t listen with the intent to reply. We listen for what’s behind the words.” ― Roy T. Bennett

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights