7 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 7_mei_2017

ʼn Nuwe maand — met ʼn innige verlange na ʼn nuwe seisoen. Nie net vir die Herfs én vir reën nie, maar ook aan die binnekant ... a reset, a gear-change, a reboot, a change of mind, remind to remember to react differently. Asof dié klein foton op dié blou ghoen waarop ons woon, êrens tussen die dae van die week wat opgedra is aan die planete om ons, soek na die Gravitasie van God se herinnering wat die potensiaal is van ‘belong & become’ — Mercurius vir ons Woensdag, Jupiter vir Donderdag, Venus vir ons Vrydae, Saturnus vir Saterdag, die Son vir Sondag en die Maan vir Maandag, en Mars vir ons Dinsdae.

ʼn Nuwe tema — kom ons gesels die volgende maand oor wat dit beteken as ons sê: MOVE WITHIN AND DROP THE WITHOUT. Die meganismes om die kapasiteit vir geluk, balans, welsyn, intuïsie, onvoorwaardelike liefde, vreugde, vrede, skoonheid, innerlike vrede, en kreatiwiteit te ontsluit. Elkeen van hierdie juwele is in almal van ons. Nie een van hulle is afhanklik van uiterlike omstandighede of persoonliktipes nie. Nie een van hulle het eers ʼn religieuse sisteem nodig om ten volle te ontwikkel en ervaar te word nie. Daar is nie ʼn groep of sisteem wat innerlike vrede besit of eienaars is van die waarheid oor die wat en hoe van ons well-being (welsyn) nie. Wat Paulus beskryf as die “Vrug van die Gees” (liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing) behoort aan elke mens by virtue of our origin — wat ons daarmee doen, hoe ons daarop reageer en dit manifesteer, lê wel in die hande van elke individu. Niemand kan dit vir jou gee nie, en Goddank kan niemand dit van jou wegneem nie.

In my beskeie opinie is dít presies wat Jesus bedoel het met “Die Koninkryk van die Hemele is IN jou!” Wat ons soek is nie ʼn eon of millimeter vêr van ons ware Self nie. Hoe kan iets wat IN ons is, so deel van ons wese, só moeilik wees om te onthou en uit te leef? Waarom soveel ongelukkigheid as ons geseën en toegerus is om gelukkig te wees? As die ‘Koninkryk van God’ IN ons is waarom voel dit dikwels of die ‘hel’ van woede, hartseer, moedeloosheid, ydelheid, jaloesie, en angs ons lewe oorheers? Of soos iemand gister in ʼn terapiesessie opmerk, “The daily judgments that muffle the pristine sound of silence within us.” Die vrae wat die laaste ruk tussen my kop en hart pendel is die volgende: Waar het ons die vryheid verbeur om met onbeperkte vreugde te dans; ʼn liefde vir elke manifestasie van liefde; om te leef in die vervulling van ons hoogste potensiaal en ʼn kanaal te wees na die bedding van ‘beauty and grace’?

Dit kan tog nie net gaan oor monitêre sekuriteit, interpersoonlike veiligheid, en emosionele stabiliteit nie? Ons hoor so dikwels dat ons moet leer om te laat los (let go) en dat ons moet oorgee (surrender) voor ons vervulling gaan ervaar, maar wat beteken dit en hoe doen ons dit in ʼn samelewing wat oorheers word deur behoeftes en verwagtinge en verpligtinge? Want ek is jammer, “VERDIEN JOU BROOD IN DIE SWEET VAN JOU AANGESIG!” het van ons stom imbesiele gemaak. Die illusie dat sukses afhang van “NO PAIN, NO GAIN!” werk eenvoudig nie meer vir my nie. Daar móét meer wees en daardie ‘meer’ lê aan die binnekant ... hence, move within and drop the without!

Die TRANSFORMASIE waarvan ons laas maand gepraat het, is tog die stetoskoop om weer ons hartklop te hoor. Die mikroskoop om die mooi en ewigdurende te soek in die simplisiteit van elke klein aksie en reaksie. Die teleskoop wat ʼn heilige ontwaking sal hengel tussen die planete van elke dag. Die venster met uitsig wat ʼn nuwe, ander insig bring.
Miskien is dit die versengende hitte van ʼn lang somer, of die droogte, of miskien is dit net SAD (Seasonal Affective Disorder [gaan Google dit]) ... daar is ʼn honger en ʼn dors wat oral om ons uitroep na ʼn deurleefde ervaring van ‘Die Koninkryk IN ons’ wat elke verhouding sal genees, elke verwagting sal versadig, en elke verlange sal heel. Niemand, niemand, nie eers Karl Schoeman hoef sy of haar eie lewe te neem met die rede in ʼn doodsbrief wat hy noem, “ʼn proses van versterwing” nie. Want ons het waaragtag ʼn nuwe/ander realiteit nodig! Genoeg van die sentimentele retoriek, die ewigdurende clichés van nóg ʼn religie, nóg ʼn filosofie, nóg ʼn boek. Genoeg van die groen-tee, banting, blaas vuur, praat in tonge, aerobics, kristalle, hipnose, homopatie, chakra alignment, en wat se bladiebla ook al wat ons soek aan die buitekant as AL die antwoorde, AL die rigtingwysers, AL die emosionele, intellektuele, spirituele padkaarte aan die binnekant lê. Miskien weet ons nie eers meer wat die probleem is nie en dis hoekom ons nie antwoorde vind nie. Miskien soek ons die oplossing aan die buitekant en dis hoekom ons nie connect met ons binnekant nie. As die binnekant in balans en harmonie is, sal ons nie eers ʼn gesprek hoef te hê oor die lyf se gesondheid en die kop se gemoedsrus nie.

Laat ons dit vir eens en vir altyd vir onsself uitmaak wat, waar, en hoe die Koninkryk van God IN ons reflekteer en inspireer sodat die seisoen van ou-goud blare, en roes-bruin sonsondergange vir ons die reën van hemelse seëninge sal bring. Die Koninkryk van God is nie iets vêr, aan die anderkant van die dood, eendag met ʼn wederkoms, as jy uitgekies is nie. Jy is volledig deel daarvan. Al vergeet en verraai ons dit, aan dié waarheid kan jy nie ʼn snars verander nie. Maak nie saak hoeveel keer ons deur verneder, verneuk, of verwerp is nie – die Koninkryk van God is ten volle deel van elke asemteug, gedagte, hartklop, emosie, geloof, ervaring, en belewenis. Die Koninkryk van God het niks te doen met tyd, plek, en omstandighede nie. Nog minder te doen met vorm, definisie, dimensies wat onderworpe is aan verval en verandering nie.

ʼn Nuwe inhoud — ons leef as slawe van die toekoms, ʼn hoop in môre, beloftes van ʼn toekoms; ons beweeg in en deur aardse behoeftes en begeertes wat verknog en behep is met tyd en spasie en dra vrek swaar aan ons gisters. Keer op keer herinner Jesus ons, “The very nature of desire is that it remains unfulfilled!” Waaragtig, die beterweters gaan beter moeten weten want verby is die dae van sê, “Ons het nie geweet nie,” verby is die verskonings van “net nog ʼn bietjie hande vou, net nog ʼn bietjie uitstel, gee ons tyd om aan te pas by die idee, eers ons sake in orde kry, wil net nog eers dit of dat doen.” Word wakker en besef, ‘uitstel’ is nie die pad van transformasie nie. Die holklinkende belofte van ‘later’ is nie die weg na ontwaking nie. As jy jouself ken, sal jy dit weet en verstaan!

Jesus sê tog duidelik dat die Koninkryk van God lê nie in goed wat ons met fisiese oë sien, fisiese ore hoor, fisiese hande voel nie maar dat die Asem van God en Goddelike Natuur ʼn ewige vonk is wat aan die binnekant brand — dieselfde vonk van ʼn ewigheid voor en na ons aardse bestaan. Om te dink dit is op ʼn ander plek, in ʼn ander tyd, is om verlore te raak vir die ewige NOU. Ons is die uitdrukking van God se teenwoordigheid, die wese van God se lig, die tregter deur wie God sy liefde giet, die kollektiewe ‘seun van God’ (ons almal) IS die Koninkryk van God – wat ons nét gaan realiseer en ervaar as daar ʼn 30cm skuif van kop na hart plaasvind.

So, kom ons gesels Sondag oor: ‘LETTING GO’ means — [1] a surrender to our brighter Self; [2] an expression of fulfilment; [3] an embrace of our Divine inheritance — and by doing this we MOVE WITHIN AND DROP THE WITHOUT!

Soos ons die laaste vyf weke in ons kapel afgesluit het, “YOUR MOVE!”

ACIM — Kolping 4 Mei 19h30. Stad 22 Mei 19h30 — Chapter 12: The Holy Spirit’s Curriculum (p215)

Besoek ons Facebook ​​​​​​​

Gedagte vir die Week:
“Cry. Forgive. Learn. Let go. Move on. Let your tears water the seeds of your future happiness.” ― Steve Maraboli

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights