Hierdie week se liturgie: 11 Augustus 2019
Ons tema dié maand is — SOOS ‘N BEITEL VIR MARMER — en laas week het ons afgeskop met die begrip GEDULD (volharding, deursettingsvermoë) as ons eerste beitel waarmee ons aan Michelangelo se visie voldoen, “I saw the angel in the marble and carved until I set him free.”
Hierdie week vat ons die tweede beitel in die hand naamlik MOED (durf, braaf, dryfkrag) en gaan ons die betekenis van ‘COURAGE’ verken. Wat is ‘moed’ — dit is om te doen wat jy móét doen selfs al voel dit of vrees jou oorweldig; dit is om dapper te wees in tye van onsekerheid, moedeloosheid, teleurstelling, en wanhoop. Elke dag, op een of ander manier, vra van jou om braaf genoeg te wees om ʼn besluit te neem. Elke uur van elke dag vra van jou ʼn oomblik van dapperheid om te doen wat reg is and not to settle for what is easy.
Toe my seun klein was, het hy eendag gevra, “wat beteken ‘dapper’, Pappa?” en al waaraan ek kon dink om te antwoord was, “impossible is impossible” — jy val, jy staan op, jy probeer weer ... jy val en val beter, jy staan op en staan beter, jy probeer en probeer beter! Elke keer wat ek die woorde “kan nie” hoor, het ek dit oor en oor vir hom gesê, “Die enigste ding wat jy NIE KAN NIE is om ʼn kind te baar! Die res is ʼn keuse!” Natuurlik is dit maklik om hande in die lug te gooi en te sug met, “dis nie so maklik nie!” en dit vra moed om hierdie sin te vervang met “miskien nie maklik nie, maar dis verseker MOONTLIK en moontlik is al wat ons nodig het om ʼn verskil te maak!”
Genade ons — om onvoorwaardelik lief te hê, vra moed ... om te kan vergewe waar iemand jou seermaak of om vergiffenis te gaan vra, vra moed ... om vrede te kies bo konflik vra moed ... om die lesse te soek in ons terugslae en hoop te hengel uit ons hartseer, vra ʼn innerlike oortuiging wat gesement is in die fondasie van ʼn onverskrokke dapperheid.
Hoe slyp ons die beitel van ‘courage’ om die marmerblok te begin uitkerf en inkeep?
Jare gelede, tydens die donkerste tyd in my lewe, het iemand by my kom sit met ʼn skottel sop en ʼn bottel wyn. Hy wou nie hoor van my vrees en onsekerheid nie. Hy wou nie weet wie is verantwoordelik vir die emosionele pyn nie ... al wat hy gekom het om vir my te sê was die volgende — “You know, sometimes all you need is twenty seconds of insane courage!” Dit het géén sin gemaak ten tye van die slagveld waarin ek myself bevind het nie en sou ek nog ʼn paar keer myself katswink (weg)hardloop voor ek die moed bymekaar sou skraap om te sê, (skree) “ENOUGH! Ek gaan opstaan, en staan gaan ek staan!”
Dis maklik om ʼn simpatievraat te wees, of ʼn blame-game te speel as ek nie my sin kry nie. Dis verseker nie maklik om die moeilike pad te kies omdat jy glo dis waar die wysheid jou waarheid vind nie. Dit vra moed en dapperheid om te staan vir integriteit, lojaliteit, menswaardigheid ... en nie terug te deins vir mense se beswaddering en belediging nie. Om kritiek te kan vat sonder om in duie te stort, en verwerp te voel sonder om jouself te verloor.
NATUURLIK, SONDER TWYFEL het my verhouding met God alles te doen met hoe ek op die uitdagings van lewe reageer. My spiritualiteit (die manier waarop ek die Liefde toelaat om in en deur my te vloei) het alles te doen met die moed waarmee ek saai en oes ... alles te doen met hoe ek kies om te reageer ... en ALLES te doen met die feit of ek net vir die marmer blok gaan sit en kyk en of ek die beitel in my hande gaan vat om die engel vlerke te gee. But that’s just me. Miskien is jou nuwe iPhone jou bron van inspirasie of sal jou nuwe sneakers vir jou die moed gee om jou act together te kry, maar ek twyfel.
Helde word gebore uit oortuiging. ʼn ‘Braveheart’ is iemand wat staan vir iets meer as hom/haarself. Dapperheid gebeur waar ons onsself oopmaak vir ʼn krag wat deur ons vloei en nie van ons is nie. Courage says, “IT’S WORTH IT.”
Dis my beitel.
Dis my God.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
.
STAD: 19 Augustus 2019 @ 19:30
KOLPING: 15 Augustus 2019 @ 19:30
Ons lees die tweede semester van die jaar
LESSONS FROM 'A Course in Miracles'
[Lessons 160 & 161]