Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme III

21 Januarie 2018

LITURGIE: 21_januarie_2018

Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... swanger aan die potensiaal om geboorte te gee aan ʼn nuwe lewe. ʼn Lewe wat anders dink, anders voel, anders reageer op elke dag se hoof- en laagwater gety. Geboorte aan ʼn spirituele transformasie waar ons spiritualiteit (ervaring en verhouding met God) nie net gereserveer is tot ʼn uur op ʼn Sondag of ʼn paar minute stiltetyd per dag nie maar geïntegreer is in ons werk, familielewe, interpersoonlike verhoudings, en die liefde, aanvaarding, respek, waardigheid en seëninge van en vir onsself.
Ons het reeds gesels oor die betekenis van Amadeus (Beloved of God), en laas week oor Emmanuel (God with us) en eerskomende Sondag maak ons ʼn strikkie om die naam Abigail (my Father’s joy) — kyk of jy haar kan opspoor in die blaaie van die Groot Boek?
Sy was getroud met die welgestelde Nabal (1 Samuel 25). Omdat hy as Kalebiet nie geweet het wie Dawid is nie wou Dawid hom doodmaak. Abigail tree namens haar man in met geskenke, kos en wyn. Sy voorspel dat Dawid gaan koning word en smeek hom om tog niks aan Nabal te doen nie. Wel, hy hoef niks te gedoen het nie want ons lees dat God het toe vir Nabal doodgemaak. (What a strange book the Bible is, sometimes) Dawid trou met Abigail en die Talmud verwys na haar as een van die vier beeldskone vroue in die antieke tyd — saam met Sarah, Rahab, en Ester. Sy was slim met hoë sosioëkonomiese status. Sy was Dawid se derde vrou en hulle het ʼn seun gehad met die naam Chileab. In die Joods-Profetiese geskiedenis is Abigail een van die sewe vroulike profete. Of Dawid haar getrou het vir haar sosiale aansien, vir haar bogemiddelde intelligensie, haar skoonheid of haar geld sal ons nie weet nie maar dat sy ʼn enorme invloed gehad het in die tyd voor sy koningskap en dalk selfs instrumenteel was tot sy verkiesing, is nie te betwis nie.
Maar dit is ʼn ander Abigail se verhaal wat ek vandag met julle wil deel en sy is Martha Lane Fox ... Barones Lane-Fox. Gebore in 1973 in Oxford (UK) waar sy sou skool en studeer het. Wat merkwaardig is aan dié vrou — is nie net die feit dat sy een van die stigterslede is van lastminute.com wat in 2005 vir ʼn skamele £577m verkoop is; of die jongste lid wat nog ooit op 39 jarige leeftyd toegelaat is tot ‘The House of Lords’; of dat sy na ʼn verwoestende motorongeluk in Marokko vir 2 jaar in ʼn hospitaalbed moes spandeer waar hulle haar erg verminkte liggaam stukkie-vir-stukkie weer moes herbou en heelmaak nie — en glo my dit is alles indrukwekkend — maar dis die feit dat sy die peetma is van 19 peetkinders. Dis 2 meer as Diana.
As die spreuk, “Fairy Godmother” ooit letterlik op iemand van toepassing gemaak moet word, is dit Martha Lane Fox. In Engeland staan sy bekend as ‘The First Lady of the Internet’ want wat sy reggekry het met lastminute.com in die 1990s was lank voor Google. Vandag is dit steeds haar passie om mense met mekaar te verbind. Nie die Facebook tipe verbintenis wat van elkeen ʼn soort celebrity maak nie maar die vloei van informasie; die bekomming van kennis; ʼn hele wêreld ensiklopedie op een skerm; om mense in kontak met mekaar te bring om die wêreld ʼn beter plek te maak. In ʼn onderhoud som sy haar besigheidsmodel as volg op, “I love building things. I love ideas, and I love that you can always empower people and improve systems and make things better.” En haar lewensfilosofie, “You feel much better as a person if you default to generosity as opposed to being mean-spirited.” Om dié vrou se verhaal te lees, en onthou sy is net 45 jaar jonk, is so ʼn bron van inspirasie — she’s alive with a sense of possibility, potential, and optimism!
In een van haar onderhoude sê sy, It’s hard living inside this ‘weird, crippled body’ ... but if I can tell you just one thing,be bold. If you’re bold you might make a royal screw up but you can also achieve much more. Whatever you do, be bold! Mense ken haar as entrepreneur, besigheidsvrou, filantroop, ma en peetma maar as jy haar vra, is sy Abigail. Al haar sukses skryf sy toe aan haar pa se toewyding en ondersteuning, sy raad en advies, sy bystand in tye van verbysterende pyn en min hoop om te oorleef, sy liefde toe sy deur die ergste vernedering en verwerping in haar lewe gegaan het ... dit alles maak haar trots om te sê, my Father’s joy!
In die verhaal van dié twee vroue is my vraag vandag: as dit waar is van ʼn aardse pa, hoeveel te meer van ons Hemelse Vader? As ons hoor, “Jy is my Geliefde seun en dogter in wie Ek ʼn welbehae het ...” en ons daarop antwoord: “... in alles wat ons is, in alles wat ons doen, in almal wat ons ontmoet, in die beste en slegste tye van ons lewe kan sê, God met ons!” Daarom kan ons ook vandag vir die son, sekelmaan en sterre knipoog en sê, “I am my Father’s joy!”
Ons gaan Sondag ʼn paar goed bespeek wat ons van ons VREUGDE stroop. Gedagtes van self-twyfel; self-verwerping; self-verwaarlosing — en dan daarmee saam die sleutels van self-aanvaarding, self-waarde, en self-vertroue om in 2018 werklik in alle omstandighede te kan sê, I am my Father’s joy!

🌺 ACIM — Stad 19h30: 29 Januarie — en Kolping 19h30: 25 Januarie — Lessons 51-61 (which is a REVIEW on everything we’ve been reading the last 3 years!) 

Gedagte vir die Week:
“Whatever you can do, or dream you can do, begin it. Boldness has genius, power, and magic in it. Begin it now.” — Wolfgang von Goethe

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights