“The two most important days in your life are the day you are born and the day you find out why.” – Mark Twain.
Hoe dikwels in ʼn gesprek sal iemand vra: waarom is ek hier; waarheen is ek op pad; wat is die doel van die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek? Dit is meer as net eksistensiële vrae en verdien meer as net ʼn filosofiese antwoord. Ten diepste is dit vrae oor IDENTITEIT. Uiteraard vra die meeste mense nooit hierdie vrae nie — hul lewe is gewoon te besig ... dinge om te doen, plekke om te besoek, mense om te ontmoet. Nietemin, feitlik almal van ons lewe in die opinie van ander mense. Ons wil nie verwerp of verneder word nie. Die paradoks tussen: ons word aanvaar en ons ‘pas in’ met ons tydskrif-lewe. Ons mimiek die sosiale kodes en verwoord ons passie in die drome van ander.
Die vraag oor IDENTITEIT hou filosowe, teoloë, sielkundiges, en sosioloë al vir eeue lank besig. Vandag is dit ook ʼn vraag wat mense in die advertensie-wêreld, bemarking en kommunikasie, en selfs in die studie van menslike hulpbronne vir hulself vra. Begrippe soos ‘brand identity’ & ‘corporate identity’ word gereeld gehoor. Enige iets solank ons tog net nie praat oor individuele identiteit nie want alles is deesdae, fluent ... fluidity ... en jou emosionele, spirituele, intellektuele, seksuele identiteit is enige iets tussen ʼn braaipan en ʼn wieldop. Daar word selfs aanstoot geneem deur net hieroor te praat.
Almal van ons, meer as dikwels in ons lewe, is in situasies waar ons ‘voorgee’ om iets te wees wat ons nie is nie. Ons doen dit om mense se guns te wen, om nie uitgesluit te voel nie, of dalk net vir ʼn oomblik beter oor onsself te voel. As ons bewus is van hierdie ego-truuk dan weet ons ook dat dit is omdat ons bang is vir verwerping en dat mense ons sal veroordeel as hul ons sien net soos ons is ... sonder ons maskers en omhangsels.
Daarom nie vreemd, dat ons selfs voorgee as dit kom by ons verstaan en ervaar van God — ons wil aanvaar wees ook vir die God en hom nie teleurstel nie; ons wil nie in sy verkeerde boekies kom nie; en doen ons bes om gehoorsaam te wees want die straf is die hel en die beloning is die hemel — ‘and so we become what we pretend.’
Ons gaan Februarie gesels oor die tema -- ABIDE IN ME -- en eerskomende Sondag afskop met ʼn gesprek oor [ware] IDENTITEIT.
Die Evangelie van Johannes begin met die woorde, “In die begin was die Woord en die Woord was by God ...” en gaan dan aan vir 38 verse voor Jesus sy eerste woorde sê en dis nie die vriendelikste bekendstelling wat ek al van gehoor het nie want dit begin met Jesus wat vra, “Wat soek julle!?” Die twee wat agter Jesus aanloop vra toe, “Rabbi, waar gaan U tuis?” — die Griekse woord wat gebruik word is die woord wat ons in elke restourant hoor naamlik: MENU, wat beteken: stay, remain, abide. In die konteks van Johannes 1:38 vra hulle, “Rabbi, where do you abide?” want dis nie ʼn vraag oor sy ‘location’ nie maar oor sy ‘vocation’ ... en daarom antwoord hy, “Kom saam en julle sal sien.”
Ons IDENTITEIT is geskoei en gevorm in iets onherkenbaar as gevolg van ons vrese en onsekerhede, ons drang om ingesluit te wees en te behoort, ons onsekerhede en twyfel dat ons totaal vergeet het dat ons geskape is “in die beeld van God” (‘beeld’ in Hebreeus is ‘tzelem’ — image, likeness, resemblance) en selfs al lees ons Genesis 1:27 ʼn duisend keer maak dit geen indruk op ons self-waarde en self-beeld nie. Ons hoor die woorde — “Jy is God se geliefde (beloved)” en vir ʼn oomblik klop ons hart warm maar dan verval ons weer in die ou patroon van elkeen vir homselfterwyl ons identiteit afhang van ons ambisie, sukses, erkenning, monetêre waarde, en sosiale applous.
Henri Nouwen, die Nederlandse Teoloog wie se werk die fondasie van my eie teologie vorm en die begrip ‘BELOVED OF GOD’ vir my ontsluit het, skryf — “Over the years, I have come to realise that the greatest trap in our life is not success, popularity, or power, but self-rejection. Success, popularity, and power can indeed present a great temptation, but their seductive quality often comes from the way they are part of the much larger temptation to self-rejection. When we have come to believe in the voices that call us worthless and unlovable, then success, popularity, and power are easily perceived as attractive solutions. The real trap, however, is self-rejection. As soon as someone accuses me or criticises me, as soon as I am rejected, left alone, or abandoned, I find myself thinking, "Well, that proves once again that I am a nobody." ... [My dark side says,] I am no good... I deserve to be pushed aside, forgotten, rejected, and abandoned. Self-rejection is the greatest enemy of the spiritual life because it contradicts the sacred voice that calls us the "Beloved." Being the Beloved constitutes the core truth of our existence.”
Natuurlik het IDENTITEIT te doen met BEING AND BELONGING en gaan dit nie oor my CV nie — i.e. religie, kultuur, opvoeding, verwysingsraamwerk, ras, klas, of seksuele oriëntasie nie al sou dit belangrik wees vir jou self-waarde maar dat ons (ware) IDENTITEIT lê in ons wees (being) en behoort (belonging) in God. “Where do you abide?” Waar gaan jy tuis my liewe vriend? Woon jy in die huis van vrees of die huis van liefde? Wat beteken dit om “kind van God” genoem te word en wat sê dit van jou IDENTITEIT?
Of soos Henri Nouwen êrens anders skryf, “Define yourself radically as the beloved of God. This is the true self. Every other identity is illusion.”
Kom reis die volgende maand saam met ons en kom tuis in die liefdevolle teenwoordigheid van God wat ons elke oomblik van die dag saam met ons vat. Kom gesels eerskomende Sondag saam oor die inhoud en betekenis van die begrip: IDENTITEIT. Wie weet, miskien vind ons onsself vir die eerste keer of word herinner vir die soveelste keer, wie en wat ons is AS BEELD VAN GOD.
Soli Deo Gloria!
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Laai hierdie Sondag se liturgie af: 3_Februarie_2019
.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“I am goodness and mercy,
compassion and understanding.
I am peace and joy and light.
I am forgiveness and patience,
strength and courage,
a helper in time of need,
a comforter in time of sorrow,
a healer in time of injury,
a teacher in times of confusion.
I am the deepest wisdom
and the highest truth;
the greatest peace
and the grandest love.
I am all these things.”
― Neale Donald Walsch ―
.
A COURSE IN MIRACLES
STAD: 11 Februarie 2019 @ 19h30
KOLPING: 6 Februarie 2019 @ 19h30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]