Spore van Hoop IV

20 Mei 2018

LITURGIE: 20_mei_2018

Ons beweeg na die volgende fase van ons maand se tema: SPORE VAN HOOP — wat begin het met VOETE-OP-DIE-GROND na EEN-TREE-VORENTOE en eerskomende Sondag MAAK-JOU-VLERKE-OOP.

Al ooit gewonder waarom ‘engele’ (as simbole van hoop) geskilder word met vlerke? In die Joodse Mistiek (Kabbalah) is die betekenis van die twee vlerke: ‘wisdom and understanding’ waarvan beide die fondasie van HOOP is. Vlerke simboliseer VRYHEID wat jou uit jou menslike omstandighede lig en laat vlieg hoog bo alles wat ons boei en verstrik. Hoop is die spirituele uhuru van ons interpersoonlike ubuntu. Die vraag is: as ons die vlerke van ʼn arend gegee is, waarom steeds dink ons is ʼn mossie?

Die vorige twee Sondae het ons dit herhaaldelik onderstreep: hope is not an expectation but to be expectant! Hoop is om swanger te wees aan die Goddelike potensiaal wat met ʼn groter perspektief na omstandighede kyk; wat die konteks kan sien tussen alles wat gebeur en hoe ons daarop reageer; hoop is soos ʼn moeder wat ‘verwag’ dat wat in en deur haar gebeur, geboorte sal gee aan ʼn nuwe lewe! Hoop is die lied wat elke voël sing terwyl dit met sekerheid sy voete om ʼn tak krul, hoog bo die grond, rakelings van ʼn enorme waterval. Hoop is om jou lied te vind en dit te sing. ʼn Lied wat gaan oor LEWE in die volheid daarvan — nieteenstaande, desondanks, ten spyte van die seisoen waarin ons is!

Kahlil Gibran verwoord dit mooi — “Slegs wanneer julle van die stille stroom drink, sal julle werklik sing. En wanneer julle die bergtop bereik, dan sal julle begin om te klim. En wanneer die aarde julle ledemate opeis, dan sal julle werklik dans.” Dis wat gebeur as ons ons vlerke oopmaak. Skielik sien ons die vere van HOOP ... nie ʼn hoop wat ambisie sus of ʼn verwagting dat ek my sin sal kry nie maar ʼn diep Goddelike hoop wat bevrug is deur geloof en geboorte sal gee aan liefde. “Hoe weet ons dat dit HOOP is en nie net ʼn droom of wens nie?” vra iemand gister in ʼn gesprek. Onthou ek weer die woorde van C. JoyBell C. in haar wonderlike boek ‘The Conversation of Venusta’ waarin sy sê, “How do you know if something is real? That's easy. Does it change you? Does it form you? Does it give you wings? Does it give you roots? Does it make you look back at a month ago and say, 'I am a whole different person right now'? If yes, then it's real. The evidence of truth and reality, lies in how much something can touch you, can change you, even if it's from very far away.”

Wat is vir jou ʼn ‘perfekte dag’ ... hoe lyk jou ideale dag? ʼn Dag waarmee jy in die aand in die bed klim en dink, “This was the most incredible day!” — en lank na jy jou lig afgesit het nog vir jouself sê, “ek wil hê dat die meeste dae in my lewe só ʼn dag moet wees.” Wanneer sulke gedagtes (vere) my vlerke tooi dan weet ek dat dit in my hande is of die meeste dae so sal oorloop van hoop. As my gedagtes ʼn loopgraaf van reaksies is, sal my emosies ʼn slagveld van skuldgevoelens en vrees wees. Meer nog, as ons eerste gedagte in die oggend is van alles wat gedoen moet word, alles wat bereik moet word, alles wat afgehandel moet word, dan druk ons daai wekker maklik op snooze en vandaar word alles ʼn mallemeule se gejaag. As ons eerste gedagtes van die dag begin met, “I wish ...”, “I’m trying ...”, “I want to ...” dan verloor ons vlerke vere en kom ons nie van die grond af op nie.

Begin jou dag met “I AM!” en sprei daai vlerke met ‘wisdom and understanding’ — al is ons in ʼn donker tyd van ons lewe — I AM ... hope. Ek is nie ʼn slagoffer van gister nie, en ook nie gyselaar van môre nie ... I AM, today! Dis nie ‘ek is moeg, ek is gespanne, ek is gefrustreerd’ nie maar eerder soos Neale Donald Walsch se mantra sê, “I am goodness and mercy, compassion and understanding! I am peace and joy and light!” Maak jou vlerke oop en vra jouself, “Hoe kan ek vandag groei? Wat kan ek bydrae? What can I celebrate?” Moenie die dag begin deur na jou damn foon te kyk nie. Moenie begin met e-mails of Facebook, Twitter, en Instagram nie!

Begin deur vir jouself sekere prioriteite vir die dag te stel wat begin met die gewaarwording dat jy kom van slaap na wakker (from asleep to awake). Die meeste mense gaan deur die dag nog vas aan die slaap en mis die oomblikke van vlerke en vere. Maak dit jou HOOP vir vandag om te vra, “Hoe gaan ek groei; iets nuut ervaar; ʼn nuwe insig; ʼn entoesiasme om ʼn beter weergawe van myself te wees?”
Ek moet steeds opstaan. Ek moet steeds situasies van negatiwiteit oorkom. Daar is dae van angs en onsekerheid en daar gaan dae wees waarin ons onsself bevraagteken en slegte besluite neem. Maar ons maak ons vlerke oop en weet — HOPE IS A JOURNEY, NOT A DESTINATION … and that I fly with the wings of wisdom and understanding! Kom ons gesels Sondag oor HOOP (understanding) wat die vere is vir ons twee vlerke van geloof (knowing) en liefde (feeling). Kom ons gesels oor HOOP wanneer alles om ons wegval en ons verwagtinge en verpligtinge ons vlerke skroei.

ACIM — Stad 19h30: 21 Mei — en Kolping 19h30: 17 Mei
— Lessons 59-61 --
(the most profound and beautiful three lessons until now)

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Hope itself is like a star — not to be seen in the sunshine of prosperity, and only to be discovered in the night of adversity.”

― Charles Spurgeon ―


Besoek ons webblad www.neo-spektrum.com waar jy ook elke vorige week se gesprek en liturgie kan aflaai onder Tema Argief.

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights