LITURGIE: 26_augustus_2018
Dis ʼn week met soveel uiteenlopende emosies — iemand probeer met my kredietkaartnommer ʼn vliegtuigkaartjie en later klere koop in die UK en kaart word gekanselleer terwyl nog en nóg ʼn ‘transaction declined’ op my foon flikker; vriende wat ek goed ken besluit om na 20 jaar se huwelik te skei en eers sit sy en toe hy op my bank en die emosies is rou en seer en kwaad en ontnugter terwyl ek vra, “wat sal verander as ons dít met liefde doen?” en dan kom daar verligting (lees: vergiffenis) wat na 10 dae se braak en diarree my vra of ek vir hulle ‘a renewal of vows’ sal doen; dis ook die week waarin my seun verjaar alhoewel ek kan nog die vrugwater in sy hare ruik, is 20 jaar skielik verby; en terwyl ek hier sit en tik is my mammie op die teatertafel met ʼn groot rugoperasie om haar onvoorstelbare pyn van die laaste maand te verlig ...
... en dan is daar nog ʼn handvol rose met dorings van die laaste 7 dae in my knapsak waarvan ek nog probeer sin maak, of miskien hoef dit ook nie, want vir vandag berus ek in die woorde van Psalm 46:10 “Wees stil en weet, dat ek God is ...”
Ons sluit Sondag ons maand se tema af oor — GOD MOVES IN MYSTERIOUS WAYS — en gaan dit baie persoonlik, baie na aan die hart trek. Ons het reeds gesels oor: (i) is jy bereid om God toe te laat om iets groter, dieper, meer betekenisvol in en deur jou te doen; (ii) die lewe is nie ʼn treinspoor nie maar ʼn rivier wat kronkel terug na die Groot Oseaan (destiny is a choice); (iii) en gesê dat “DAAROM!” is die antwoord op elke “WAAROM?” ... en (iv) eerskomende Sondag oor die “dorings in die vlees” waarna Paulus verwys in 2 Korintiërs 12:7-12 “Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van satan (adversary/accuser/ego) om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot perfeksie wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor myswakhede (ἀσθένεια — astheneia) roem, sodat die krag van Christus in my kan woon ... want as ek swak is, is ek sterk.”
Op die oomblik lees ek David R. Hawkins se boek ‘Power vs Force’ wat ook die outeur is van die formidabele boek, ‘Letting Go: The Pathway of Surrender’ wat ek beskou as een van my top 10 ‘móét-lees-boeke’ as jy belangstel om jou brein te rek. Keer op keer staan die vraag uit waarom ons juis so intens bewus raak van God se liefde en vrede wanneer dit met ons sleg gaan; waarom moet ons eers nêrens anders hê om heen te draai voor ons bereid is om ‘oop’ te raak vir die krag van God; en waarom sien/ervaar ons ‘God moves in mysterious ways’ eers as ons besef dat vulnerability is strength; vulnerability is brave; vulnerability is powerful — want in ons broosheid en kwesbaarheid is daar ʼn ontvanklikheid om God toe te laat om ons te verras met ʼn nuwe stroom wat ons rivier momentum gee vir ons kronkelpad terug Oseaan toe asook na die wingerde en boorde langs ons lewenspad.
Die woord ‘swakhede’ het so negatiewe konnotasie in Afrikaans want ons dink swakheid is: armsalig, afgemat, tekortkoming, leemte, gebrek, en ruggraatloos. In die konteks wat Paulus dit gebruik, beteken die woord ‘weakness’: tender-hearted, delicate, vulnerable, softness, defencelessness — in other words: to share your weakness is to make yourself vulnerable; to make yourself vulnerable is to show your strength!
Gister vra die een dokter wat vandag op my moeder opereer, “Is jy nie ‘daai’ dominee nie ...?” Ek weet nie mooi van ‘daai dominee' nie maar een ding kon ek vir hom sê wat ons in gemeen het en dit is dat ons albei, “come together around a common wound ...” Ons albei poog om ʼn swakheid (wond) te genees en kans te gee om die helende (healing)Krag van Lewe toe te laat om ons heel (whole) te maak.
GOD MOVES IN MYSTERIOUS WAYS — word deur Andrew Murray in sy boek ‘Abide in Christ: The Joy of Being in God’s Presence’ mooi opgesom, “The Christian often tries to forget his weakness; God wants us to remember it, to feel it deeply. The Christian wants to conquer his weakness and to be freed from it; God wants us to rest and even rejoice in it. The Christian mourns over his weakness; Christ teaches His servant to say, 'I take pleasure in infirmities. Most gladly ... will I ... glory in my infirmities' (2 Cor. 12:9)' The Christian thinks his weaknesses are his greatest hindrance in the life and service of God; God tells us that it is the secret of strength and success. It is our weakness, heartily accepted and continually realized, that gives our claim and access to the strength of Him who has said, “My strength is made perfect in weakness”
Elke swakheid insigself is ook ʼn sterkte en vice versa! Dit is ʼn waarheid waarom mense, wat só hard probeer om in beheer en onafhanklik te wees, hul koppe nog moet kry.
Die laaste woord behoort aan een van my gunsteling skrywers as sy sê, “I compare myself to silk. People mistake silk to be weak but a silk handkerchief can protect the wearer from a gunshot. There are many people who will want to befriend you if you fit the description of what they think is weak; predators want to have friends that they can dominate over because that makes them feel strong and important. The truth is that predators have no strength and no courage. It is you who are strong, and it is you who has courage. I have lost many a friend over the fact that when they attempt to rip me, they can't. They accuse me of being deceiving; I am not deceiving, I am just made of silk. It is they who are stupid and wrongly take gentleness and fairness for weakness. There are many more predators in this world, so I want you to be made of silk. You are silk.” ― C. JoyBell C.
Die wêreld kan jou net sien soos jy jouself sien! — en met dít gaan ons Sondag ons gesprek afsluit deur onsself te ontsluit vir ʼn geboorte aan ʼn nuwe verstaan van hoe God ons (wil) gebruik in die soms deurmekaar wêreld waarin ons leef.
Sien jou Sondag 10:00 en bring iemand nuut saam.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“Love's weaknesses are better than hate's strengths.”
― Matchona Dhliwayo ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 30 Augustus @ 19h30 --
— Stad: 3 September @ 19h30 --
Lessons 122-125
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]